Huisgenoot

’N BOK WAT VINNIG SPRING

Die sanger het 10 jaar gelede kitssukses behaal en nou het sy nuwe album binne ’n week goud verwerf; hy vertel van sy reis

- Deur MARISA FOCKEMA

AS ’N mens 10 jaar gelede op straat in Pretoria by hom verbygesta­p het, sou jy hom skaars raakgesien het: ’n onbekende konstruksi­ebestuurde­r wat in sy vrye tyd gehou het van partytjies en graag grappies vertel het. Maar sit ’n mens vandag oorkant Bok van Blerk ( 38), wat sien jy? Iemand stemmigers, iemand wat die kruin van roem bereik en meer volwasse anderkant uitgekom het.

Ja, dis al ’n dekade sedert hy oornag volksbesit geword het met sy wegholtref­fer De la Rey. Nie net het sy musiek wyd opslae gemaak nie; dit het Bok self diep verander.

“Van waar ek gekom het as ’n ekstrovert – die gees van die partytjie, die grootbek, die ou met die grappies, die seremoniem­eester op al my vriende se troues – sal ek nou liewer op die agtergrond bly. Ek het meer in my dop ingekruip en ’n introvert geword toe dit my werk word om heeltyd op die voorgrond en die verhoog te wees.”

Die album Van De la Rey tot Nou het binne ’ n week goue status verwerf. Daarop vier Bok sy loopbaan met 15 splinternu­we liedjies. Tussen die ligte snitte – soos Lemoene en Datsun Bakkie – is daar ook ernstige liedjies wat weer aanhangers se patrioties­e aar gaan raak boor, soos die titelsnit met die boodskap dat hy trots is op sy Afrikaners­kap en ’n mens op die beste uit die verlede moet voortbou.

Terwyl ons gesels, slaan Bok die omslag van sy CD oop. Sy oë gly oor die foto’s op die middelblad. Dis omtrent ’n leeftyd van herinnerin­gs. Sy wysvinger beduie na ’n foto waar De la Rey se musiekvide­o verfilm word; dan na een op die stel van die fliek Platteland.

DINGE het vinnig vir Bokk gebeur. Die een dag was as hy aan die stuur van ’ n bouperseel waar hulle huisese op ’n gholflandg­oed ontwikkeli­kkel het; kort daarna het hy y 220 keer per jaar opgetree. Toe Sean Else se en Johan Vorster hul platemaats­kappy, appy, Mozi Records, begin, het hulle jong talent gesoek. Bok se vriend Conrad nrad Jamneck het hulle Bok se nommer gegee. Naweke, wanneer hy af was, het hulle sy CD opgeneem.

Hulle het destyds gehoop hulle verkoop 8 000 kopieë van De la Rey om die koste te dek, min wetend dit sou duskant 200 000 trek. “Aan die begin het ek nog met my Bantambakk­ie na optredes gery en ons sou sommer die luidspreke­rs agterop laai, maar eenkeer op pad Kimberley toe het die enjin uitgebrand.”

Hy was heel oorbluf deur die politieke omstredenh­eid oor die lied De la Rey. Dit het nog altyd vir hom oor geskiedeni­s en kultuur gegaan. “Ek hoef nie iemand anders te haat om trots te wees op wie ek is en waar ek vandaan kom nie.” Dis vandag nog vir hom moeilik “wanneer daar verkeerde opvattings daar buite is”.

Al was die pad soms rof, kyk hy met groot vreugde terug op die afgelope dekade. ’n Hoogtepunt was toe hy twee jaar gelede saam met Robbie Wessels voor ’n Springbokw­edstryd die volkslied sing.

“Ek wou dit baie graag sing, want

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa