Huisgenoot

DIS PURE ONS OP DIE SKERM!

-

HY IS vandag nog ’n terggees en sy vrou die “wilde, kwaai kaalvoetme­isiekind” wat nie stilbly wanneer hy haar siel uittrek nie, nes in die dae toe hy als moes uithaal om haar voor die kansel te kry. Al is Sampie en Irma de Klerk ’n doodgewone egpaar van Newcastle, is hul liefdesver­haal so vol kinkels en drama dat dit die silwerdoek gehaal het. Dit is uit honderde Huisgenoot-lesers se inskrywing­s gekies as inspirasie vir die draaiboek vir die nuwe fliek Vir die Voëls, wat deel is van ons eeufeesvie­ring.

En hier sit Irma (54), ’n boekhouer, en Sampie (56), ’n passer en draaier, vandag saam met die twee akteurs wat hulle in hul jonger dae uitbeeld.

Nie net is dit die eerste keer in hul lewe dat die De Klerks in die kollig beland nie; vir die voormalige 7de Laan-aktrise Simoné Nortmann en haar medester Francois Jacobs is hul hoofrolle in Vir die Voëls ook ’n eerste ervaring.

In die rolprent, wat in samewerkin­g met kykNET vervaardig is, maak die 26-jarige Simoné haar debuut op die silwerdoek. Francois (27) het al in flieks soos Hollywood in My Huis en Pad na Jou Hart gespeel, maar sê dit is die heel eerste keer dat hy iemand uitbeeld wat regtig bestaan.

“Dis nogal skrikwekke­nd, want die mens leef nog en kyk na jou spel,” verduideli­k hy laggend.

Gelukkig is daar talle ooreenkoms­te tussen hom en Sampie. “Ons het albei daardie vonk in die lewe; daardie ingesteldh­eid van gaan uit en kry dit.”

’n Dag voor ons onderhoud is die fliek, wat van 25 November in teaters draai, vir Irma en Sampie gewys. Hul liefdesver­haal is plek-plek aangepas om beter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa