Huisgenoot

ONS BREIERS SE RAPPORT

Ná die Boo Bokke se skoknederl­aag teen Italië is Allister Coo Coetzee onder nog meer druk. Wat is sy uitdagings­uitdagg en hoe vaar hy teenoor vorige afriig afrigters?

- Deur PIETER VAN ZYL en LARA ATSON

HY HET nie woorde nie, het Allister Coetzee gesê nadat sy lustelose, planlose Springboks­pan ’ n nuwe laagtepunt bereik het deur vir die eerste keer ooit teen Italië te verloor. Maar rugbyliefh­ebbers en -ontleders van die spel het sommer baie woorde gehad – en niks daarvan was mooi nie. Die koppe moet rol, van die afrigter tot in die kleedkamer.

Selfs voor die historiese nederlaag in Florence het ons bitter lank laas iets gehad om oor te juig. Maar daar was darem hoop dat ons die Azzurri oudergewoo­nte sou klop. Hulle was immers 13de op die wêreldrang­lys en ons vierde.

Maar toe die eindfluitj­ie blaas, was ’n verslae Allister en sy koponderst­ebo Bokke weer die neerdrukke­nde gesig van Suid-Afrikaanse rugby.

Dit was ’n oomblik so seer soos die skoknederl­aag teen Japan in verlede jaar se Wêreldbeke­r-toernooi – toe nog onder Heyneke Meyer.

Sewe nederlae in 11 toetse – dis die Bokke se droewige rekord onder Allister sedert hy April vanjaar as afrigter oorgeneem het. Dit bring sy suksesreko­rd tot dusver op net 36 persent te staan.

Die Italianers het die Bokke teen die internasio­nale rangleer afgestamp na die vyfde plek – en teen Huisgenoot se druktyd het die kans op ’n oorwinning teen Wallis in Cardiff op 26 November skraal gelyk.

Die skok en woede in ons hoofstroom­en sosiale media was so erg dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) ’n verklaring uitgereik het. “Dit sal ’n oorvereenv­oudiging wees om dié onderprest­asie voor die deur van individue te lê,” het Saru se president, Mark Alexander, geskerm.

“Die kwessies sal ná Saterdag se toets teen Wallis deurtrap word. Ons werk is om alles moontlik te doen om te verseker dat ons nie oor ’n jaar in

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa