RUDOLF STRAEULI
(2002 tot 2003) Wenpersentasie: 52 persent Toetse gewen: 12 Verloor: 11
Sy besondere klem op dissipline het hom ongewild gemaak by die spelers en gelei tot sy ondergang.
Dink aan die Kamp Staaldraadskandaal, toe die Bokke aan fisieke en geestelike foltering onderwerp is, herinner die oud-Saru-speler en sportadministrateur Gary Boshoff ons.
“Toe Rudolf in 2002 oorneem (ná sy sukses met die Sharks-rugbyspan), is verwag dat hy die Bokke weer toonaangewend sou maak met sy klem op fisieke oorheersing, slim rugby en akkurate skopwerk,” sê die bekroonde sportskrywer Bokkie Gerber.
“Hy verloor toe toetse in Europa en teen die All Blacks. Dit het hom laat wankel, en toe het Kamp Staaldraad hom net voor 2003 se Wêreldbekertoernooi gesink.”
Ook Gary meen Rudolf se streng dissiplinêre benadering het nie gewerk by “die diverse Bokgroep nie. Hy het nie die vermoë gehad om menseverhoudinge (met die spelers) te bou nie.” In dié tyd het die Bokke twee groot hoogtepunte behaal deur in 2004 die Drienasies-toernooi te wen en in 2007 die Wêreldbeker.
Jake was ’n groot strateeg, sê Gary. Hy het die opposisie fyn bestudeer, wat hul goeie en swak punte was, en dan haarfyn uitgewerk wat die Bokke moes doen om hulle te klop. En volgens Bokkie was hy uiters suksesvol omdat die spelers ingekoop het in sy plan. “Die plan het berus op hegte verdediging, die afdwing van gebiedsoorheersing met skoppe en kontinuïteit deur fases af te dwing, eerder as om die bal riskant te dra. Dit het in sy era gewerk.”
Jake het die Bokke in net twee jaar van sewende tot eerste op die wêreldranglys geneem.
“Hy was ook nie bang om van oorsese kundiges soos Eddie Jones kennis in te win nie,” aldus Gary. “Hy het nie die glorie vir homself gehou nie en spesifieke spelers geprys.” 2009 was ’n goeie jaar vir Div en sy Bokke. Hulle het die reeks teen die besoekende Britse en Ierse Leeus gewen en ook die Drienasies-reeks.
Hy was meer spelergerig as ander afrigters, meen Gary. “Sy goeie verhouding met die spelers en hul vryheid om op die veld besluite te neem het ’n paar jaar goed gewerk. Peter het op spelervaardighede soos goeie ruimtelike visie gekonsentreer. Die spelers het dit geniet om die spel te speel soos hulle dit voor hulle sien.”
In John Smit het hy ’n sterk kaptein gehad, terwyl die legendariese slotpaar Bakkies Botha en Victor Matfield op hul kruin was.
Bokkie sê: “Div was bloot ’n verlenging van die Jake-era; die kerngroep spelers wat hy van Jake geërf het, was meesters van dié se wedstrydplan.
“Maar teen die einde van Peter se tyd het die vernuwing by die All Blacks ons al begin byt.”