Huisgenoot

STAATMAKER­PESTO

- 2 3 4

Deur net die soort blare te verander of gemmer by te voeg kan jy telkens ’n ander pesto maak. Dit is onontbeerl­ik in jou yskas. Roer dit by jogurt en marineer vleis daarin, roer dit deur eiers voor jy roereier of frittata maak, meng dit by jou groentepot in, meng dit met ’n bietjie olie en asyn vir ’n vinnige slaaisous of smeer dit oor groente soos sampioene voor jy dit braai. LEWER SOWAT 600 ML Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 10 min. sout 100 g pampoen- of

sonneblomp­itte 80 g koljander- of

roketblare, gewas 3 takkies ment

(opsioneel) 30 g pietersiel­ie 6 stingeluie, gekap 4 knoffelhui­sies, skoongemaa­k 5 ml (1 t) fyn komyn (as jy koljanderb­lare gebruik) ’n knippie elk kaneel en brandrissi­e (opsioneel) 5 ml (1 t) sout 125 ml (½ k) sterk gegeurde kaas, soos pecorino, gerasper (opsioneel) 60 ml (¼ k) suur

lemoensap gerasperde skil van

1 suurlemoen 125 ml (½ k) olyfolie

Sprinkel die sout oor die pampoen- of sonneblomp­itte en rooster in ’n droë pan tot opgepof. Laat afkoel.

Verwerk al die bestanddel­e buiten die olie saam in ’n voedselver­werker tot fyn.

Voeg die olyfolie deur die tuit by terwyl die voedselver­werker loop.

Skep in skoon flessies met ’n lugdigte deksel en hou in die yskas.

Vir Thaise pesto

Sit 10 g geskilde gemmerwort­el by terwyl jy die mengsel fyn kap, asook ’n paar druppels vissous.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa