Huisgenoot

HOE NOU NÁ DIE ONTROU?

-

Ek en my man het besluit om ná my affair met ons huwelik aan te gaan. Ons is 16 jaar getroud en daar is net te veel op die spel om alles te los. Ons het drie kinders en heelwat raakpunte. Ek was ontrou omdat ek gewerk het en nie meer heeltyd tuis was nie. Nou het ek my werk gelos om hom te wys ek is ernstig daaroor om ons verhouding te herstel. Hoe gaan ’n mens aan ná ’n affair?

Lorraine op Y

’n Buite-egtelike verhouding hoef nie die einde van ’n huwelik te beteken nie. Daar is huwelike met genoeg reserwekra­g om dit te oorleef. ’n Besluit om saam ’n pad te stap is die beste wegspringp­lek.

Ongeag hoe stewig jul huweliksfo­ndament is, ’n affair is ’n aardbewing vir enige verhouding. Niks kan weer dieselfde wees nie; die oplossing is om ’n nuwe verhouding te skep. Jy kan dit makliker maak deur nie al die besonderhe­de, veral dié in die slaapkamer, met jou man te deel nie. Moenie al die detail verstrek as hy jou daaroor vra nie, want hy sal prentjies in sy kop skep en dit sal tussen julle spook. Beantwoord wel sy vrae; anders skep dit wantroue tussen julle.

Verwyder alle tasbare herinnerin­gs aan jou minnaar uit jou omgewing, soos geskenke van hom en foto’s, ook op jou selfoon. Vra mense wat daarvan weet om nie met jou of jou man daaroor te praat nie.

Moenie verwag dat julle twee binne ’n kort rukkie ’n nuwe blaadjie sal kan omslaan nie; vergifnis is ’n proses. Dit is ’n pad wat hy saam met jou moet stap. Selfvergif­nis moet ook vir jou ’n leefwyse word.

Ongekende gevoelens kan julle oorweldig, soos ’n hartseer soort woede oor alles wat was en nou nooit weer dieselfde kan wees nie. Hierdie stadium sal verbygaan sodra jul emosies nie meer so intens is nie; moet daarom nie hierop reageer nie.

Die belangriks­te bydraende faktor tot ’n suksesvoll­e nuwe verhouding is dat julle moet identifise­er watter tekortkomi­ng in jul huwelik tot die affair aanleiding gegee het en dit regstel. Daarsonder sal julle nie ’n vervullend­e nuwe post-affair-huwelik kan hê nie. Die feit dat jy gewerk het, is waarskynli­k nie al rede waarom jy elders vervulling gesoek het nie. Ja, maar koester ook meer realisties­e verwagting­s oor jul troudag sodat julle gouer kan trou. Dit is vir enige verhouding gevaarlik as die behoefte na liefdespel groter word as die begeerte na liefde. Verhouding­s met mikpunte het ’n groter kans om te slaag. As julle saamwerk om hierdie droom te verwesenli­k, kweek dit vertroue en werk dit respek in die hand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa