Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / VIR DIE VOËLS

- Oldman Gary

Romantiese drama. Met Francois Jacobs, Simoné Nortmann en Elize Cawood. Regisseur: Quentin Krog. Ouderdomsp­erk nog onbekend. Begin op 25 November.

Waaroor gaan dit?

In die 1970’s wonder ’n vrydenkend­e meisie, Irma Humpel, of sy die regte ding doen deur met Sampie de Klerk te trou. Sy vertel haar verhaal.

Wie sal hiervan hou?

Enigiemand wat Huisgenoot al dekades lank lees of pas ontdek het. As daar al ooit ’n fliek gemaak is in die tipiese Huisgenoot-styl en wat sy lesers se taal praat, is dit dié een. Die film het lig in sy storie en ’n hart wat warm en gemoedelik klop.

Quentin Krog bewys hy kan ’n suiwer, vermaaklik­e rolprentta­al praat en weet hoe om ’n romantiese storie boeiend te vertel. Nie net herskep hy die 1970’s en ’80’s volmaak in sy stylvolle, menslike regie nie; hy help om ’n ingewikkel­de storie gladweg, toeganklik en soepel te vertel sodat dit voel of jy by ou vriende kuier. Nostalgiev­rate sal kortkort ’n traan pink, verlang na linoleumvl­oere en Morkels-rusbanke en draadstoel­e waarop jy ure lank om ’n braaivleis­vuur kon kuier. En die musiek- Kate Beckinsale in Underworld: Blood Wars. treffers van toeka sal jou in die paadjie laat dans.

Wat Krog veral regkry, is om kykers deur die volle spektrum van emosies te lei: van romanse, komedie, tragedie en drama tot aksie en grappies. Daar is nie ’n stereotipe te sien nie; nog minder ’n vals oomblik. Jy’t met regte mense te doen wat jou flieklewe sal verryk en by wie jy langer sal wil kuier.

Melding moet gemaak word van die akteurs. Van die sprankelen­de Simoné Nortmann as Irma tot die menslike held Sampie, uitmuntend en nugter gespeel deur Francois Jacobs, tot die meisie wat elke toneel kaap waarin sy is, Lara Kinnear, as Irma se beste vriendin, Marieda, skitter dié rolprent en voldoen dit aan elke smaak. Ten sterkste aanbeveel vir almal wat Huisgenoot liefhet en ken.

Kyk nou of wag vir DVD?

Beleef dit saam met ander Huisgenoot-lesers in ’n teater. Hou die sakdoeke gereed! Ballade vir ’n Enkeling, Vir Altyd. Die rolprent is vervaardig ter viering van Huisgenoot se 100-jaar-bestaan. – LEON VAN NIEROP Die geliefde – maar vir sommige berugte – Britse politikus sir Winston Churchill het al meermale sy opwagting op die silwerdoek en die kassie gemaak. In die onlangse Netflix-reeks The Crown het die Amerikaans­e akteur John Lithgow hom skitterend uitgebeeld. Nou is dit die Brit

se beurt om die gesiene voormalige premier te speel in Darkest Hour, ’n biografies­e prent wat op Churchill se rol in die Tweede Wêreldoorl­og konsentree­r. Joe Wright (Atonement) is die regisseur van dié fliek, wat in Desember aanstaande jaar uitgereik word. Lily James en Kristin Scott Thomas verskyn ook daarin.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa