Huisgenoot

SO WULPS – SJOE, WAS DIT ÉK?

Die ou Glenda Kemp is lankal begrawe, sê SA se slangdanse­res van die 1970’s; deesdae lei sy ’n lewe vol goeie dade in diens van God

- Deur GABISILE NGCOBO (Blaai om)

ORAL teen die mure sien ’n mens Bybelversi­es en gebede – van die kombuis tot in die studeerkam­er. Hier woon ’n vroom vrou. Elke Dinsdagogg­end neem sy drie vroue wat nie motors het nie om inkopies te doen; Donderdae is dit Bybelstudi­e. Dan doen sy ook haar vier loseerders se wasgoed gratis.

In haar vrye tyd preek sy soms vir haweloses wat in ’n nabygeleë bos woon. Sy het verlede jaar haar verjaardag saam met hulle gevier. “Een het gesê hy sou sy eie lewe geneem het, maar het daarteen besluit omdat ek hom ’n Bybel gegee het,” vertel sy met oë wat blink.

Maar as jy meer omtrent haar godvresend­e bedrywighe­de wil lees, moet jy liefs nie Glenda Kemp se naam google nie. Een van die eerste foto’s van haar wat op die internet opduik, is van ’n wulpse jong vrou met niks behalwe ’n piepklein broekie aan nie en met ’n reusagtige luislang om haar skouer gedraai.

Ja, dié diep gelowige vrou was op haar dag Suid-Afrika se beroemdste erotiese danseres, die vrou wat net plakkertji­es op haar borste gedra het wanneer sy gehore vermaak het saam met Oupa, haar wriemelend­e luislang.

In die 1970’s het al wat ’n polisie-eenheid was, bontgestaa­n om haar onwettige dansverton­ings te probeer keer. Dit was ’n spektakel elke keer dat sy op aanklag van openbare onsedelikh­eid in die hof moes verskyn.

Maar vandag sit Glenda (67) op ’n rusbank in haar verdieping­huis op Durban

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa