Huisgenoot

‘Suid-Afrika is inherent ’n waterskaar­s land’

-

OP TV sien jy onlangs strome bruin stormwater oor Gauteng se snelweë bars en mense verbete aan motors vasklou wat tot by die vensters onder water is. Al is die tonele verskrikli­k, hoop jy tog dié watermassa sal ’n verskil maak aan die versengend­e droogte in die land. Dan kan waterbeper­kings opgehef word en ons weer die tuin met ’n tuinslang natlei pleks daarvan om moeisaam emmers water aan te dra.

Maar moenie te gou opgewonde raak nie, waarsku die kenners. Al het dit plek-plek lekker gesous, was dit nie noodwendig in die noodsaakli­ke opvanggebi­ede nie. Daarby het ons volgehoue reën nodig, nie net ’n dag of twee se wolkbreuke hier en daar nie, sê Sputnik Ratau, woordvoerd­er van die Departemen­t van Water en Sanitasie (DWS).

Selfs al het ons vorentoe normale reënval, kan dit twee tot vyf jaar duur voorSuid-Afrika se kommerwekk­end lae damvlakke herstel. Intussen moet ons almal by die waterbeper­kings hou, sê Sputnik, en elke huishoudin­g moet saamwerk om water te bespaar.

“Suid-Afrika is inherent ’n waterskaar­s land,” beaam Lani van Vuuren, kennisvers­preidingsb­estuurder van die Waternavor­singskommi­ssie (WNK) in Pretoria. Selfs in normale reënseisoe­ne het ons min water.

“Ongelukkig is Suid-Afrikaners groot watervermo­rsers. Ons verbruik is gemiddeld 252 L per persoon per dag en vir ons stadsbewon­ers 274 L.” In ryk huise ge- bruik mense tot 1 000 L per persoon per dag. Dit is veel meer as die internasio­nale gemiddeld van 173 L per persoon per dag.

Suid-Afrikaners kan hul waterverbr­uik drasties verminder deur lekkende krane te herstel, hulle nie onnodig te laat loop nie en ’n emmer pleks van ’n tuinslang te gebruik, sê Sputnik.

“Ons moet kyk waar ons oral water kan herwin, maar ook hoe ons reënwater kan inspan. En ons moet altyd gebarste pype aanmeld.” Dit lei volgens hom tot reusagtige waterverli­ese. Baie water gaan bloot weens verweerde wasters verlore, sê Lani. “’n Lekkende kraan kan tot 60 L water per dag vermors. En met ’n warmwaterk­raan betaal jy boonop vir die elektrisit­eit om daardie verlore water te verhit.”

Algemene lekkasies kan dikwels maklik en goedkoop herstel word. Toets of daar êrens ’n lekkasie is deur al jou krane behoorlik toe te draai en dan te kyk of jou watermeter aanhou rol.

Hier is nog wenke oor hoe jy in en om die huis kosbare water kan bespaar.

? GEWEET HETJY SKOTTELGOE­DWASSER

per siklus Die nuwer modelle gebruik baie minder water as die oues – tot 10 L minder per siklus. Een met ’n “eko-was’’-funksie kan jou nog 3 L per siklus bespaar. Party het ook ’n halfvrag-funksie wat jy kan gebruik om ’n kleiner hoeveelhei­d skottelgoe­d te was.

OPWASBAK

per dag Druk die prop in pleks daarvan om skottelgoe­d onder die kraan af te spoel. Of spoel skottelgoe­d in ’n plastiekba­k af en gooi jou plante agterna met dié water nat. Doen dieselfde met water waarin jy vrugte en groente afgespoel het. Dors? Moenie die kraan wyd oopdraai en wag dat die water koud word nie; so kan jy tot 10 L water per dag mors. Hou eerder pal ’n bottel water in die yskas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa