Huisgenoot

MAKIETIE IN MONACO ALBERT, CHARLENE EN DIE TWEELING

-

Saamgestel deur

IN Monaco is dit die belangriks­te geleenthei­d van die jaar: Bewoners van dié prinsdom kom bymekaar om die totstandko­ming van hul stukkie paradys aan die Middelland­se See te vier. Op hul nasionale dag deel die koninklike­s natuurlik in die feestelikh­ede en verskyn elegant uitgevat op die balkon van die Prins Se Paleis. Vanjaar het drie geslagte van daar vir die skare gewuif, maar dit was die kleingoed wat die kollig gesteel het.

Prins Jacques, die troonopvol­ger, en prinses Gabriella vier op 10 Desember hul tweede verjaardag. Hul ouers hou hulle meestal uit die kollig; daarom is die opwinding nog groter wanneer hulle wel ’n slag in die openbaar gesien word.

Toe prins Albert en prinses Charlene met hul kinders op die balkon uitkom, het die skare begin wuif en hulle geesdrifti­g toegejuig – tot Charlene se groot vreugde. “Hul ontvangs het haar duidelik ontroer,” vertel ’n omstander. “Sy het geglimlag en vir die skare ’n soen geblaas.”

Ook prinses Caroline se kleinkinde­rs, Raphaël, Sasha en India, het aandag getrek. En dan was daar die nuus dat haar jongste seun, Pierre Casiraghi, pa gaan word. Prinses Stéphanie, bekend as die rebel, het saam met haar kinders by die ander koninklike­s aangesluit. Hier is die wie’s wie van dié familie.

 ??  ?? NICOLA WHITFIELD HEEL LINKS: Te oulik! Prins Albert, prinses Charlene en hul tweeling. LINKS: Prinses Gabriella in die Prins Se Paleis. BO: Prins Jacques klap hande vir die opgewonde skare. Die egpaar het talle pligte en Charlene raak stadigaan ál meer...
NICOLA WHITFIELD HEEL LINKS: Te oulik! Prins Albert, prinses Charlene en hul tweeling. LINKS: Prinses Gabriella in die Prins Se Paleis. BO: Prins Jacques klap hande vir die opgewonde skare. Die egpaar het talle pligte en Charlene raak stadigaan ál meer...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa