Huisgenoot

CAROLINECA­RO SE KROOS

- M p

AndreaAndr­e Casiraghi, sy vrou, Tatiana Santo Domingo, en hul kinders,kin Alexandre Andrea Stefano (oftewel Sasha) en IndiaInd Casiraghi

Monegaske en ander bloubloeda­anhangers was in hul noppiess om Andrea, Caroline se oudste kind by haar wyle man, Stefanono Casiraghi, en sy gesin te sien. Andrea en Tatiana (albei 32) word beskryf as “boheemse siele wat op hul gelukkigst­e is in die son op ’n strand op Ibiza, pleks van by amptelike geleenthed­e in die Grimaldi’s se statige paleis”.

Hulle was nogtans daar – saam met hul seun en dogter. Caroline (59) is duidelik versot op Sasha (3), haar eerste kleinkind. In Europa het India (19 maande) se geboorte byna ongemerk verbygegaa­n, want Tatiana het nooit die swangerska­p aangekondi­g nie. Daar is wel vermoed sy is swanger toe sy einde verlede jaar met ’n merkbare boepie gewaar is.

Tatiana word gelys as die 847ste rykste mens ter wêreld nadat sy miljoene van haar Colombiaan­se oupa se bierbrouer­y geërf het. Sy besit nou ’n klere-en-bykomstigh­eidsreeks, Muzungu Sisters.

Andrea, vroeër ’n rebel, is deesdae ’n toegewyde filantroop en gesinsman. Hy is betrokke by die Wêreldvere­niging van Kindervrie­nde, ’n liefdadigh­eidsorgani­sasie waarmee sy ouma prinses Grace begin het. Hy het in ’n stadium agt maande lank kinders in Senegal, Togo en Niger onderrig.

Hy en sy gesin woon in Parys, maar gaan kuier gereeld in Rio de Janeiro, Brasilië, die woonplek van Tatiana se ma, die sosiale vlinder Vera Rechulski.

 ??  ?? Drie generasies Grimaldi’s het byeengekom vir die vieringe op hul nasionale dag. Daar was onder meer ’n kerkdiens en vuurwerk. Moneg An Casira b Hull Carolin kleinki ongem a eind Tatia geë Muzun And ges Kinde oum ma (Blaai om)
Drie generasies Grimaldi’s het byeengekom vir die vieringe op hul nasionale dag. Daar was onder meer ’n kerkdiens en vuurwerk. Moneg An Casira b Hull Carolin kleinki ongem a eind Tatia geë Muzun And ges Kinde oum ma (Blaai om)
 ??  ?? Tatiana kyk na haar dogter, India, terwyl haar man, Andrea, die kleinding soen.
Tatiana kyk na haar dogter, India, terwyl haar man, Andrea, die kleinding soen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa