Huisgenoot

CAROLINE SE KROOS (VERVOLG)

-

Charlotte Casiraghi en haar seun, Raphaël

in Europa, maar ek gaan dikwels soontoe om by hulle te kuier. Ons bly geheg aan mekaar. Ons is ’n gesin.”

Charlotte het intussen op die Italiaanse rolprentma­ker Lamberto Sanfelice (42) verlief geraak en agter hom aan Rome toe getrek. Sy het “gou aangepas by die lewe in Rome”, het Paris Match berig. Sy praat vlot Italiaans en het dit geniet “om sy vriende te ontmoet”. Daar is oor ’n troue gegis en gerugte het selfs die ronde gedoen dat Charlotte weer swanger is nadat fotograwe ’n “verdagte ronding” opgemerk het. Maar die troue het nie gebeur nie, sê ’n bron, “en Charlotte was alleen by die viering. Dis dalk verby tussen hulle.” Caroline se enigste dogter by haar vervreemde man, prins Ernst August van Hannover (62), is die enigste van haar kinders met ’n koninklike titel.

“Alexandra is weliswaar nogal ’n lelike eendjie vergeleke met Caroline se ander kinders, maar sy is die een om dop te hou,” meen iemand in die binnekring.

Die prinses (17) word beskryf as ’n ontluikend­e modekenner en die tiener geniet dit om by amptelike geleenthed­e uit te hang. Op die Rosebal vroeër vanjaar het sy hakskoene en lipstiffie gedra en dit saam met haar halfbroers en -suster op die dansbaan uitgekap.

“Alexandra is spontaan en ontspanne en ’n gewilde lid van die familie,” vertel die bron. Sy is ook ’n talentvoll­e sierskaats­er – sy ding al van die ouderdom van 10 jaar af op die ys mee en het al aan minstens twee internasio­nale kompetisie­s deelgeneem. LINKS BO: Pierre Casiraghi en Beatrice Borromo word vroeg aanstaande jaar ouers. REGS: Prinses Alexandra by Pierre, haar halfbroer, en Andrea se dogter, India. Dié poppie is duidelik ’n skattebol.

 ??  ?? LINKS: Charlotte met haar seun, Raphaël. REGS: Moeiteloos stylvol by die St. Nikolaas-katedraal. Tydens die viering van die nasionale dag het Caroline se beeldskone, grasieuse dogter weer die koppe laat draai.
Charlotte (30) het ’n slanke lyfie danksy...
LINKS: Charlotte met haar seun, Raphaël. REGS: Moeiteloos stylvol by die St. Nikolaas-katedraal. Tydens die viering van die nasionale dag het Caroline se beeldskone, grasieuse dogter weer die koppe laat draai. Charlotte (30) het ’n slanke lyfie danksy...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa