Huisgenoot

BOTTERSKOR­SIE-HUMMUS MET POLENTA-BESKUITJIE­S

- 2 4 5 6 1 2 3 4

250 g botterskor­sie,

geskil sout ’n bietjie olie 100 ml olie 60 ml (¼ k) sesam

saad 1 x 400 g-blik keker

ertjies, gedreineer 3 knoffelhui­sies,

fyngedruk sap van 2 groot suur

lemoene

Voorverhit die oond tot 180 °C . Plaas die botterskor­sie op ’n bakplaat. Geur met die sout. Giet die bietjie olie oor en oondrooste­r tot sag en gaar. Laat afkoel.

Verhit die olie in ’n pan, voeg die saad by en rooster tot ’n ligte goudbruin. Roer gedurig. Laat afkoel.

Verwerk die botterskor­sie, ertjies en knoffel in ’n voedselver­werker tot glad.

Voeg die sesamsaadm­engsel en suurlemoen­sap deur die tuit by. Verwerk tot ’n romerige pasta.

Geur met sout. Voeg water by as dit te dik is.

Skep in ’n bak. Sit voor saam met die polenta-beskuitjie­s. LEWER SOWAT 44 BESKUITJIE­S Bereiding: 20 min. Bak: 10-12 per baksel 500 ml (2 k) koekmeel 250 ml (1 k) polenta

of braaipap 125 ml (½ k) sterk kaas soos pecorino of verouderde cheddar, gerasper 2 ml (½ t) paprika 2-3 takkies roosmaryn of tiemie, blaartjies gestroop en gekap ’n knippie sout 80 ml ( k) olyfolie 200 ml water ekstra seesout

vlokkies en kruie Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n bakplaat of twee met kossproei.

Plaas die droë bestanddel­e en kruie in die bak van ’n voedselver­werker. Pols tot goed deurgemeng.

Meng die olie en water en voeg deur die tuit by. Verwerk goed tot die mengsel ’n bol om die lem vorm.

Verwyder uit die bak en deel in twee. Rol in twee rolle. Sny in skyfies en rol elke skyfie so dun moontlik uit, so 2 mm. Sprinkel die sout en kruie bo-op en druk vas.

Plaas op ’n bakplaat. Bak sowat 1012 min. of tot gaar. Laat op ’n draadrak afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa