Huisgenoot

GEROOSTERD­E-BLOMKOOL-EN-ERTJIESLAA­I

- 1 2 3 4 2 3 5

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 10-15 min. 2 koppe blomkool,

in boompies gebreek 30 ml (2 e) olyfolie sout en vars gemaalde

peper 500 ml (2 k) bevrore

ertjies 120 g gemengde

slaaiblare 2 wiele feta,

in stukkies gesny SLAAISOUS sap en fyn gerasperde

skil van 1 suurlemoen 1 knoffelhui­sie,

fyngedruk 1 brandrissi­e,

fyn gekap 15 ml (1 e) olyfolie Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei.

Versprei die blomkool op die bereide bakplaat. Drup die olie oor en geur met die sout en peper. Rooster 10-15 min. of tot die blomkool liggies bruin gebraai maar steeds bros is.

Sit intussen die ertjies in ’n bak en bedek met kookwater. Laat staan 10 min. en dreineer.

Slaaisous

Meng al die bestanddel­e goed. Geur na smaak met sout.

Versprei die slaaiblare op ’n groot slaaibord. Skep die ertjies bo-op, gevolg deur die blomkool. Pak die fetastukki­es op en drup die slaaisous oor.

PANGEBRAAI­DE VIS MET THAISE SOUS

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 5 min. Gaarmaak: 20 min. 4 visporsies met vel,

soos geelstert sout en vars gemaalde

peper 30 ml (2 e) olyfolie 30 ml (2 e) suur

lemoensap 15 ml (1 e) Thaise rooi

kerriepast­a VIR VOORSIT 60 ml (¼ k) natuurlike

volroomjog­urt 10 g koljanderb­lare,

gekap

Geur die visporsies met die sout en peper.

Verhit die olyfolie in ’n groot pan en braai die vis met die velkant na onder ’n paar minute of tot die vel goudbruin en bros is.

Draai versigtig om en braai ’n paar minute aan die ander kant of tot die vis goudbruin en gaar is. Moenie die vis oorgaar maak nie. Skep uit en hou eenkant.

Giet die suurlemoen­sap en 45 ml (3 e) water in die pan. Voeg die Thaise rooikerrie­pasta by en roerbraai ’n paar sekondes.

Vir voorsit

Verwyder die pan van die hitte, plaas die gaar visporsies terug in die pan, skep lepeltjies volroomjog­urt op en sprinkel die koljanderb­lare oor. Sit voor saam met geskroeide lemmetjies*.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa