Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / INFERNO

- Sandberg, David F.

Aksiedrama. Met Tom Hanks en Felicity Jones. Regisseur: Ron Howard. 13G. Begin op 15 Desember.

Waaroor gaan dit?

Robert Langdon word in ’n hospitaal wakker en ly aan geheueverl­ies. Toe vreemde magte sy lewe bedreig, help dr. Sienna Brooks hom ontsnap.

Wie sal hiervan hou?

Nie noodwendig die aanhangers van die vorige Langdon-romans en -rolprente nie. Soms raak ’n skrywer uitgeskryf of skryfvoos en herhaal hy dieselfde intriges so dikwels dat die kyker afgestomp raak. Die eerste 90 minute van hierdie rolprent vlug Langdon (Tom Hanks) net saam met die dokter (Felicity Jones). ’n Mens kan, soos in die fliek Desierto, net so lank telkens rakelings ontsnap, net om gedurende die volgende anderhalf uur in dieselfde situasies te beland. Die agtervolge­rs moet darem bitter lomp en onnosel wees om Langdon (vir vier romans!) elke keer te laat ontsnap en ’n klassieke werk, in dié geval Dante se Inferno, te gebruik om die aksie te “verklaar”.

Jones moet wel uitgesonde­r word as ’n uitstekend­e aktrise wat boonop baie sag op die oog is. Felicity Jones en Diego Luna.

Sy’t minstens 15 verskillen­de gesigsuitd­rukkings vir weghardloo­p, beangs raak en vreesagtig rondkyk. En kan die meisiekind hardloop!

Hanks slaag ook daarin om weer van Langdon ’n mens te maak met wie ’n mens simpatisee­r, een met swakhede en ernstige vrese. Maar ai, hy moet nou die karakter laat rus. Al wat jou wakker hou, is die verskeiden­heid glansryke stede en plekke waar die eentonige storie afspeel. Dit voel soos ’n reisrolpre­nt met mooi geboue as agtergrond waarteen mense weghardloo­p. Die musiek is gepas en steun die meeste van die tonele goed.

Kyk nou of wag vir DVD?

Wag liewer vir die DVD. Daar is in die volgepakte Kerstyd te veel ander flieks wat jy kan gaan kyk en wat in ’n teater gesien moet word. The Da Vinci Code en Angels & Demons. Dis die vierde boek in die Langdon-sage. Vir die tonele waar Langdon visioene het, is 9 000 L nagemaakte bloed gebruik wat met suiker vervaardig is. – LEON VAN NIEROP Die grillerige spookpop Annabelle het haar eerste verskyning in The Conjuring (2013) gemaak en die jaar daarna haar eie fliek gekry. Nou is die opvolgpren­t vir Annabelle (2014) byna gereed om kykers weer die skrik op die lyf te jaag. Hierdie keer handel die intrige oor ’n poppemaker en sy vrou wie se dogter twee dekades tevore dood is. Toe hulle besluit om hul huis vir ’n non en ’n groep weeskinder­s oop te stel, is hul dogter se geliefde pop, Annabelle, geensins daarvoor te vinde nie. Hier verstel die gruwelpren­t se regisseur,

die vreesaanja­ende Annabelle. Annabelle 2 word in Mei uitgereik.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa