Huisgenoot

OP JOU BORD

-

Dis sulke goeie nuus dat ’n mens dit heel eerste moet noem: Sjokolade vir ontbyt is hier! En dis eintlik nogal gesond, mits jy dit reg benader.

Donkersjok­olade kan sommer baie lekker in iets soos hawermout en gesonde plaatkoeki­es smaak, sê Carmen Niehaus, Huisgenoot se kosredakte­ur.

Mari-Louise Guy, Koekedoor-beoordelaa­r, voorspel: “Karringmel­k is ’n nuwe gier. Ons gaan groente soos wortels daarin gaarmaak en dit in slaaisous gebruik.”

Gewilde proteïene is vanjaar sardyne en wildsvleis, meen Carmen. Kos wat bruin en swart is, is ook gewild. “Dink aan swart koeke en kase.”

Die versapping­sgier – om groente in ’n voedselver­werker te sit en te drink – gaan in 2017 oorwaai, vertel Piet Marais, medeaanbie­der van die kookprogra­m Laat die Potte Prut op VIA.

Sy voorspelli­ng is dat mense in 2017 nogal gesteld gaan wees op die etiek van hul kos: Hulle sal wil weet hul kos is volhoubaar gekweek sonder om die omgewing of hul medemens leed aan te doen.

In dié trant herinner Carmen ons organiese kos bly ’n sterk neiging. Mense wil ook minder kos vermors.

Volgens Mari-Louise is die eksotiese geurmiddel wat in 2017 meer algemeen gaan word, ’n voedsame soort gis wat

genoem word. Dis ’n geel poeier wat na kaas proe, baie gesond is en in resepte gebruik of oor kos gesprinkel word.

Jy kan ook verwag om vanjaar meer te hoor van nog ’n paar modekosse met allerhande volksvreem­de name. “Dink aan bestanddel­e soos matcha, die groen poeiertee wat propvol antioksida­nte is, sowel as kombucha-tee,” sê Carmen. Dié produkte is al ’n ruk op die mark, maar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa