Huisgenoot

SKEI IS OOK NIE PERDEKOOP NIE!

Egskeiding moet die laaste uitweg wees as jy ongelukkig is in jou huwelik. Hier’s vrae wat jy moet deurdink voor so ’n drastiese besluit

- Deur PIETER VAN ZYL

IN DIE Kerstyd het jy alles gedoen om jou gesin en die familie tevrede te hou, maar in Januarie tref dit jou soos ’ n skoot koue water in die gesig: Die lewe is kort en jy is nie so gelukkig getroud as wat jy altyd aanvaar het nie. Die begin van die jaar voel mos soos ’n goeie tyd vir ’n nuwe begin; daarom is dié maand ook een van die besigste tye vir skeiprokur­eurs, sê Bertus Preller, familiereg­prokureur van Kaapstad.

Maar, waarsku hy, net soos trou nie perdekoop is nie, moet ’ n egskeiding eweneens nie ligtelik opgeneem word nie. So ’n besluit moet eers geneem word ná maande of jare van werk aan die huwelik en deeglike oorweging van die voor- en nadele.

“Daar is geen weerligstr­ale of magiese tekens wat jou vertel wanneer dit tyd is om te skei nie,” skryf Angelina Jolie se skeiprokur­eur, Laura Wasser, in haar boek It Doesn’t Have to Be That Way: How to Divorce without Destroying Your Family or Bankruptin­g Yourself.

Sy het ook al Hollywood-sterre soos Ryan Reynolds, Heidi Klum, Ashton Kutcher, Christina Aguilera en Johnny Depp verteenwoo­rdig.

“As die slegte die goeie gereeld begin oorskadu, kan jy voel dit het tyd geword vir die volgende stap. Dit is ’n hoogs persoonlik­e besluit en moet dalk liewer met die een of ander soort hulp en berading aangepak word,” is haar raad.

Die Amerikaans­e verhouding­skenner dr. Phil McGraw sê jou gewete moet skoon wees teen die tyd dat jy gereed is om te skei. Jy moet kan sê: “Ek berus by my besluit. Ek het vrede in myself. Ek het vrede gevind wat betref die volgende lewensfase waardeur ek nou moet gaan.

“As jy by die deur kan uitstap sonder woede, frustrasie of pyn, dán is jy gereed om te skei.” Maar ondersoek eers alle maniere om die huwelik te red, voeg hy by. Laat geen steen onaangeroe­r nie sodat wanneer jou kinders eendag vra hoekom dit gebeur het, jy hulle kan vertel julle het wel alles moontlik probeer.

Maar wat sê die kundiges? Wat moet jy jou afvra voor jy skeihof toe hardloop?

DIE VERHOUDING­SKUNDIGE

Verwag ek ’n beter lewe? Hoop ek op ’n beter lewensmaat? Verwag ek meer vryheid? Kan ek myself indink in die moontlikhe­id dat my lewe slegter gaan wees ná die egskeiding en sal ek daardie moontlikhe­id kan hanteer?

Sal ons mekaar op ’n eerbare en betekenisv­olle manier kan groet?

DIE TERAPEUT

Beoordeel jy jou huwelik volgens die beginsel van alles of niks – en dink jy jou verhouding moet volmaak wees?

Dit is twee van die vrae wat dr. Johan Cilliers, paartjiebe­rader en traumasiel­kundige van Johannesbu­rg, voorstel egpare hulle afvra. Want die werklikhei­d bewys die teendeel: Ons maak almal foute en ons eggenoot help ons dan om te leer om die beste moontlike weergawe van onsself te word.

Kan jy aan jouself erken dat jy wel al ’n mooi verhouding met jou eggenoot kon handhaaf?

Kom jy sommer tot gevolgtrek­kings sonder enige bewyse?

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa