Huisgenoot

ENDUIT AAN MY DWELMKIND SE SY

-

DIT was nie died eerste keer dat haar dogter uit ’n dwelmhool gered moes word nie. Ure voor die polisie haar opgespoor het – so sou Martha Dean later verneem – het sy aan ’n ander verslaafde in daardie helhuis in Port Elizabeth vertel: “Ek weet my ma sal my vandag kom haal . . . Die Here het my gewys my ma sal by my wees wanneer ek doodgaan.”

Drie dae lank nadat sy gevind is, het die 25-jarige Bonita aan die lewe vasgeklou. Haar liggaam was uitgeteer en oortrek van die septiese wonde wat veroorsaak is deur naalde en die verwoesten­de dwelm krokodil (sien die kassie op die bl. . En in daardie drie dae het haar ma nie vir ’n oomblik van haar hospitaalb­ed weggegaan nie. “Ons het baie gepraat . . . Sy het my gevra om haar te vergewe omdat sy nie die dogter was wat sy sou wou gewees het nie. Dis asof sy vasgeklou het aan die lewe om te probeer vergoed,” sê Martha (63), ’n Vrystaatse woordvoerd­er van die ACDP.

“Ek het vir haar gesê sy moenie skuldig voel nie. As die Here haar roep, moet sy laat los; sy moenie vasklou vir my nie.”

En op Woensdag 14 September was haar dogter se foltering oplaas verby.

“Dit het gelyk of sy die woord ‘wow’ met haar lippe vorm en asof sy glimlag. Nadat my kind weg is, het ek my hande op haar kop gelê en hardop die gewyde lied Hoe Groot Is U gesing.”

Septisemie weens die wonde aan Bonita se lyf het haar lewe kortgeknip. Dit was ook die einde van Martha se stryd om haar dogter, wat sy Bonnie noem, uit die greep van dwelms te bevry.

Dit het begin die dag toe sy Bonnie op die ouderdom van 16 met dagga betrap. Jare lank het sy gedoen wat sy kon terwyl haar kind keer op keer van dwelmhole na rehabilita­sie en weer terug na dwelmhole gesteier en haar eindelik tot prostitusi­e gewend het.

Martha het ’n hofbevel verkry om haar dogter te verplig om lank genoeg rehabilita­sie te ondergaan om die verslawing te oorkom, maar toe Bonnie ontsnap en weer opgespoor word, kon Martha glo niemand oortuig om die hofbevel toe te pas en die verwoesten­de kringloop te breek nie.

“Die stelsel het my kind in die steek gelaat,” sê sy. Dit is dié dat sy nou ’n siviele eis teen die Noupoort Christelik­e Sorgsentru­m (sien die kassie op bl. Noupoort se polisie en die Livingston­ehospitaal in Port Elizabeth oorweeg.

“Ek het God baie gevra hoekom Hy nie my kind gered het nie. Hy kon haar met een woord aangeraak het, maar ek glo vandag daar was ’n groter doel,” sê sy in haar huis op ’n kleinhoewe by Bloem-

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa