Huisgenoot

‘NIE VROU GENOEG’ – TOE LOS HY MY

-

TELKENS wanneer sy op die onmoontlik­e gewens het, is dit haar ná ’n lang gewag gegun. Toe sy ’n jong seuntjie was, het sy daarvan gedroom om eendag ’n vrou te wees. En eindelik, in haar volwasse lewe, het sy die operasie ondergaan om haar ’n vrouelyf te gee. Sy het jare lank gewonder of sy ooit ’n volwaardig­e verhouding sou kon hê. Soms het dit onmoontlik gelyk omdat die vagina wat chirurgies vir haar gebou is nooit ontsluit het nie en seks dus onmoontlik sou wees.

Toe, verlede vanjaar, gebeur die haas ondenkbare en sy ontmoet ’n man wat haar in elk geval liefhet.

Maar helaas. Vandag sit Jeanine Ceronio (54) in haar tuinwoonst­el in Krugersdor­p en vertel die hartseer nuus: Die man wat sy geglo het haar sielsgenoo­t is, het haar ná ’ n verhouding van nege maande verlaat.

“Hy meen ek’s te veel man,” sê sy ’n maand nadat hy haar gelos het. “Moenie dat ek begin huil nie,” sê sy en sluk, en dan loop die trane . . .

“Dis die eerste keer in my lewe dat ek so ’n liefdestel­eurstellin­g ervaar,” erken Jeanine.

Selfs die vrou met wie sy getroud was toe sy destyds nog in ’n man se liggaam geleef het, is nog ’n groot vriendin van haar.

Huisgenoot het vroeg verlede jaar oor Jeanine geskryf (Ek’s nog nie volkome vrou, 21 April 2016). Toe het ons vertel van haar teleurstel­ling nadat haar nuwe vagina ná die geslagsver­anderingso­perasie in 2008 nooit behoorlik ontsluit het nie. Destyds het sy dit daar gelaat, want sy “het nie ’n vrou geword om ’n man te vang nie”. Ná die operasie was sy agt jaar lank enkellopen­d.

Maar toe ontmoet sy in Februarie verlede jaar haar 57-jarige gryskopkêr­el.

Sy steek ’n sigaret aan. “Ons het planne gehad om saam in te trek, Durban toe te gaan met vakansie, en ons wou nog gaan kampeer het. Die tent was reeds gekoop.”

Sy staan op, verdwyn kamer toe en kom terug met ’n dun metaalstaf­ie. Dit is die toestel wat sy gegee is om die opening te help ontsluit.

Sy vertel nadat sy en haar kêrel begin uitgaan het, het sy besluit die tyd het aangebreek vir die operasie wat haar geslagsdel­e sou aanpas sodat seks moontlik kon wees. Deur

Sy is eindelik wel geopereer, maar eers nadat die verhouding op die rotse geloop het. Toe is weefsel by die ingang van haar vagina geknip om die opening wyer te maak. Dié operasie was onsuksesvo­l.

Op 17 Maart gaan sy weer by die Chris Hani Baragwanat­h- hospitaal vir ’n operasie aanmeld. Dan probeer hulle weer .

VANDAG dra sy ’n swart broek en vroulike bloes in groen, swart en grys. Haar groen oogskadu en oranje lipstiffie rond die uitrusting af. Sedert Jeanine weer enkellopen­d is, hou haar twee katte, Ogies en OJ, haar geselskap.

Die goue hangertjie wat sy vir haar eks gegee het, het hy teruggebri­ng. En die ring wat hy vir haar gekoop het, het sy teruggegee. “Hy was my sielsgenoo­t. Ek het gedink ons sou saam oud word.”

Hoop sy om weer liefde te vind? Ja, erken sy. Sy droom daarvan om ’n maat te vind. Iemand wat selfonderh­oudend is, wat nie noustrop trek soos sy nie.

“Ek soek ’n maatjie. Ek het so gewoond geraak aan een. Ek huil oor ek alleen is. Dit was oor hom dat ek terug is dokter toe. So nie sou ek nie eens gebodder het nie. Alles was ter wille van hom.”

 ??  ?? JANA SMIT HOOFFOTO: Jeanine Ceronio is weer alleen. HEEL LINKS: So het ons verlede jaar oor haar berig.
JANA SMIT HOOFFOTO: Jeanine Ceronio is weer alleen. HEEL LINKS: So het ons verlede jaar oor haar berig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa