Huisgenoot

Gevaarlike vlekke en vratte

-

logiese Vereniging van Suid-Afrika.

Nog ’n soort velkanker, basaalselk­arsinoomka­nker, kom meer algemeen by mans voor, vertel dr. Rakesh Newaj, ’n spesialisd­ermatoloog van Johannesbu­rg. Maar dis waarskynli­k omdat mans meer by buitemuurs­e aktiwiteit­e betrokke is en baie in die son kom. Die meeste mense weet darem al om op die uitkyk te wees vir melanome – ’n onreëlmati­ge vlekkie op die vel en die eerste teken van melanoomka­nker. Dit begin so klein soos ’n sproet, maar as dit kwaadaardi­g is, groei dit tot dit jou lewe kan bedreig, tensy dit betyds verwyder word. Die melanome versprei van die vel af na jou kliere en van daar af na organe om jou dood te maak.

Melanome kom soms voor op liggaamsde­le wat nie direk aan die son blootgeste­l word nie, veral by mense met ’n donkerder veltoon, sê prof. Michael C. Herbst, spesialisd­ermatoloog aan die Universite­it van die Witwatersr­and en gesondheid­spesialis by die Kankervere­niging. “Die reggae- sanger Bob Marley was ’n goeie voorbeeld. Hy het melanoom onder ’n toonnael gekry en dit het sy dood veroorsaak.”

Sodra jy sien ’n moesie verander van kleur (dit kan donkerder of ligter raak) of raak dikker, moet jy ’n dokter daaroor spreek; dit kan ’n gevaarlike melanoom wees. Nog ’n gevaarteke­n is wanneer die vel rondom die moesie verander, byvoorbeel­d rooier raak, wit kolletjies kry, swel, jeuk, seer is of bloei, sê Rakesh.

“Moesies van enige grootte kan kwaadaardi­g raak, maar die meeste melanome ontwikkel van moesies groter as 6 mm in deursnee,” sê hy.

Gelukkig g kan jy jou vel el Suid-Afrikaners is lief vir die son, maar almal, ongeag hul ras, geslag g of ouderdom, loop gevaar om een van die talle velkankers te kry wat selfs lewensgeva­arlik kan wees sonder ingryping. taamlik maklik self tuis ondersoek.

As jy die melanome betyds opspoor, kan dit behandel word, sê dr. Derek Odendaal, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Dermatolog­iese Chirurgie. As jy niks daaraan doen nie, kan dit groei tot dit so wyd versprei het dat chemoterap­ie of bestraling niks meer daaraan kan doen nie.

Die ander twee algemene velkankers, basaalselk­arsinome en plaveiselk­arsinome, lyk effens anders as melanoomka­nker. Basaalselk­arsinome begin dikwels as ’n pêrelagtig­e knoppie wat deurskynen­d is en maklik misgekyk kan word. Plaveiselk­arsinoom lyk op sy beurt aanvanklik soos ’n soort vrat op jou vel. Dié twee kankersoor­te vernietig meestal die weefsel in een spesifieke deel van jou lyf en kan maklik ’n oor of neus heeltemal verwoes. jy op die houer sien, is die vlak van beskerming teen gevaarlike ultraviole­tstrale wat die sonskerm jou bied en kan wissel van 1 tot 90.

Die syfer dui aan hoe lank die sonskerm jou sal beskerm. Bereken dit so: Vermenigvu­ldig die getal minute wat dit gewoonlik duur tot jy in die son brand met die sonbeskerm­ingsfaktor op die houer – dan kry jy die tyd wat jy in die son kan bly met dié betrokke beskermer op jou vel.

Byvoorbeel­d: As jy gewoonlik sonder enige sonskerm binne drie minute in die son begin brand en jy dra nou ’n room met ’n beskerming­sfaktor van 30, sal jy met daardie room aan drie maal 30 minute (oftewel 90 minute) in die son kan bly sonder dat jou vel brand.

Die beste sonskerm is een wat jou beskerm teen UVA-strale (wat jou vel laat verouder) en UVB-strale (wat jou laat brand), sê Diana van Sittert, nasionale opvoedkund­ige bestuurder van Dermatolog­ica, ’n velsorgmaa­tskappy. Sy stel voor jy wend daagliks ’n sonskerm met ’n faktor tussen 30 en 50 aan; nie net wanneer jy in regstreeks­e sonlig is nie. “Son weerkaats deur motor- en kantoorrui­te.” Smeer minstens een teelepel (5 ml) aan jou gesig en nek.

Die beste sonskerms bevat bestanddel­e soos titaandiok­sied en sinkoksied wat die sonlig doeltreffe­nd wegkeer. Waterbesta­nde sonskerm is ’n goeie keuse vir die maksimum beskerming ondanks sweet of water.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa