Huisgenoot

ONTUIS IN NUWE ROL AS SAKEVROU

-

My man is onlangs by sy werk afgelê en het ’n klein pakket gekry. Ons het dit gebruik om ’n deel van ons huis reg te maak om aan gaste te verhuur. Maar ek is moedeloos, want mense kom ons te na en betaal nie. Ek moet nou ’n sakevrou wees en dis nie my persoonlik­heid nie. My man doen nou weg van die huis kontrakwer­k en ek mis hom. Wanneer hy tuis is, baklei ons. Ek is so moeg.

LZ op KG

As ’n mens nie gewoond is daaraan nie, kan dit spanning veroorsaak as jy jouself meteens moet laat geld. Dalk maak jy te veel toegewings omdat jy te min selfvertro­ue het.

Van angstige mense verg dit meer om “nee” pleks van “ja” te sê. Dit is iets wat jy kan oefen. Dink terug aan situasies waarin jy aan die kortste end getrek het en besluit hoe jy dit volgende keer sal benader.

Om jou ondernemin­g formeler te hanteer, stel reëls op en stuur dit vir voornemend­e kliënte aan. Jy kan dit ook op ’n kennisgewi­ngbord plak in die woonstel wat jy verhuur. Jy kan byvoorbeel­d op ’n deposito aandring wanneer mense plek bespreek. En as iemand vra of ’n kind gratis vir ’n nag kan oorslaap, verwys hulle na jou reëls.

Jy kan gerus kers opsteek by ander in jou omgewing wat gastehuise het. Nie net kan jy by hul kennis en ervaring baat vind nie; julle kan ook kliënte vir wie julle nie plek het nie na mekaar verwys.

Jy en jou man is nou afhanklike­r van jou bydrae tot jul inkomste. Hy steun dalk ook nou emosioneel meer op jou as tevore. Dit is noodsaakli­k dat julle tyd kry om saam te ontspan en ’n nuwe visie vir jul verhouding en gesin ontwikkel.

Kom ooreen op watter tye julle oor die ondernemin­g sal gesels en wanneer julle net sal ontspan sodat jy kan rus. As jy hulp met die skoonmaak en die wasgoed vir die gastewoons­tel kan bekostig, maak gebruik daarvan.

Dis ook moeilik om skielik ’n privaat ruimte met ander te deel. Wys deur jou optrede aan betalende gaste jy respekteer hul privaathei­d, maar dat jy ook verwag hulle moet dié van jou gesin respekteer. Dit kan ’n groot risiko wees om in ’n verhouding oop kaarte te speel oor wat verkeerd geloop het. Tog klink dit of jou verhouding­smaat liewer die waarheid as onsekerhei­d wil hanteer. As jy niks het om oor skaam te wees nie, herstel die gesprekke (daar is so ’n funksie en aanwysings op die internet beskikbaar) en e-pos dit aan jouself (so ’n verstellin­g is ook beskikbaar).

Bespreek die inhoud met jou maat as jy kans sien. As die gesprekke met die ander man werklik sommer net geselsies was, dui dit daarop dat jy innigheid in jul verhouding mis.

Dit gaan moeilik wees om sy vertroue te wen as jy nie die inhoud kan deel nie. Sorg dat jy gereelder met hom gesels en dat jou gebruik van jou foon onberispel­ik is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa