Huisgenoot

’N RUSSIESE HELD NÁ GIFMOORD

Tien jaar ná ’n sluipmoord in Brittanje wat die wêreld aangegryp het, swyg die hoofverdag­te oor die vermiste legkaartst­ukke

- Deur MARK FRANCHETTI

D DIT was soos iets uit ’n spioenasie­fliek: Alexander Litvinenko, ’n oudKGB-agent wat in die Poetin-regime se slegte boekies beland het, sterf in Londen weens vergiftigi­ng. Tien jaar later is sy vermeende moordenaar, Andrei Loegowoi, ’n ryk TV-ster en parlements­lid in Rusland. IE gif polonium- 210 het Alexander Litvinenko (44) stadig en pynlik in ’n Londense hospitaal doodgemaak. Hy het na Brittanje gevlug nadat hy met die regering van Wla- dimir Poetin uitgeval het – maar Moskou se hand het ver genoeg gestrek om die gif in Alexander se tee te gooi in ’n hotel in die Londense spoggebied Mayfair.

Tien jaar gelede het dié sluipmoord die wêreld aangegryp. En hier sit ek nou en wag op die man wat Scotland Yard vir die grusame misdaad soek.

Maar ek is in Moskou, nie in Brittanje nie. Hier is Andrei Loegowoi g’n voortvlugt­ige nie; inteendeel, hy is bekend, ryk en magtig.

Die sluipmoord waarvan hy beskuldig word, was des te meer opspraakwe­kkend omdat dit sover bekend die eerste is waarin polonium – ’n seldsame en uiters radioaktie­we metaal – gebruik is. En sedert die moord het Andrei, ook ’n voor- malige KGB-agent, net vooruitgeb­oer.

Die afgelope dekade het sy sekuriteit­smaatskapp­y gedy en van hom ’n multimiljo­enêr gemaak.

Hy is onlangs vir ’n derde termyn verkies tot lid van die doema, die laerhuis van die Russiese parlement. Daar dien hy in die verdedigin­gskomitee. Verlede jaar het die Kremlin hom selfs met ’n gesogte staatsprys vereer.

En hy het ’n TV-ster geword met sy gewilde program oor bekende verraaiers in die Sowjetera. Andrei se verhaal was ook die inspirasie vir ’n dramareeks op Russiese TV. Daarin word sy karakter uitgebeeld as ’n dapper patriot en Alexander as ’n “verraaier van Moeder Rusland”.

Andrei (50) het in 2013 getrou met

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa