Huisgenoot

MY GROOTSTE ROL NOG

-

SKAARS ses maande gelede nog was sepiekyker­s erg omgekrap oor die giftige verhouding waarin die geliefde 7de Laan-joernalis Errol Pieterse hom met die emosioneel onstabiele Tarryn bevind het. Errol het selfs in die hospitaal beland nadat sy hom by ’n woonsteltr­ap afgestamp het. En toe kom die besef: Hy moet padgee uit die Laan, ver weg van die gevaarlike Tarryn (gespeel deur Kay Smith) af. Dis tyd vir ’n nuwe hoofstuk in sy lewe.

Errol vat toe ook die pad; nie net uit Hillside nie, maar ook uit die gewilde sepie se storielyn, tot aanhangers se groot ontstelten­is.

Maar wat van Christo Davids, die akteur wat lewe aan Errol gegee het? Ook in sy lewe was veranderin­gs. Hy het agter die kameras ingeskuif as een van 7de Laan se regisseurs. En intussen het hy ook “die belangriks­te rol in sy lewe” losgeslaan: dié van pa.

Op 18 November het hy besef sy repeteerwe­rk vir die vaderskaps­rol is verby. Sy vrou, Cindy, was op die punt om die lewe te skenk aan hul eersteling, Elijah.

VANDAG straal Christo van geluk hier waar ons in hul huis in Randburg kuier. Kortkort loer hy na die sitkamerba­nk waar sy drie weke oue kleinding vas aan die slaap is. ’n Uur of wat tevore het hy nog die baba gevoer en sy doek geruil. “Ek sit ’n doek al in ’n rekordtyd aan,” spog Christo met sy vertolking van dié nuwe rol. Dit kan ook nie anders nie, besef jy gou: Tydens die swangerska­p het die toekomstig­e ouerpaar hulle so goed moontlik voorberei op die baba se koms. Hulle het voorgeboor­teklasse bygewoon en somme sommer baie boeke gelees, vertel Cindy, wat ree reeds 10 jaar as rekenmeest­er by ’n transn transnasio­nale maatskappy werk. Hy is mos eintlik baie beter in rolle wa wat hy vooraf kan repeteer, skerts C Christo dan. Hy vertel hulle het die a aand buite langs die swembad gek kuier toe hy begin vermoed Elijah is gereed om sy opwagting te maak. “Daardie aand sal ek nooit H

 ??  ?? JACO HOUGH- COETZEE ROWYN LOMBARD HOOFFOTO: Die voormalige 7de Laanak akteur Christo Davids en sy vrou, Cindy, se eeerstelin­g is op 19 November gebore. LINK LINKS: Lyk dit nie salig nie?
JACO HOUGH- COETZEE ROWYN LOMBARD HOOFFOTO: Die voormalige 7de Laanak akteur Christo Davids en sy vrou, Cindy, se eeerstelin­g is op 19 November gebore. LINK LINKS: Lyk dit nie salig nie?
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa