Huisgenoot

MOENIE FRONS, EK EET SPONS!

Candice het al 30 jaar dié vreemde eetgewoont­e en mense is al so gewoond daaraan, sy kry dié ‘lekkerny’ soms present

- Deur JANA SMIT Foto’s: FANI MAHUNTSI

SY BREEK ’n stukkie van die pienk spons in haar hand af. Dan druk sy dit in haar mond en begin kou, asof dit ’n lekker koekie is. Op die tafel langs haar lê nog vier sponsies: ’n bloue, ’n groene, ’n gele en ’n perse. “Dit voel asof my liggaam dit nodig het,” sê Candice Knox, van Boksburg aan die Oos-Rand, oor die vreemde lus wat haar gereeld beetpak. Partykeer eet sy ’n spons binne ’n dag op; ander kere hou een tot twee maande.

En moenie dink dis ’n gier wat sommer sal oorwaai nie: Candice (36) smul al 30 jaar lank aan sponse. Natuurlike geelbruin sponse is haar gunsteling. “As jy ’n ruk lank daaraan kou, los dit eindelik in jou mond op,” vertel die donkerkop.

’n Dokter het gesê al is sponse nie dodelik nie, kan dit skadelik wees as hulle ’n blokkasie veroorsaak, maar dit het nog nooit met haar gebeur nie. “Dis juis oor dié risiko dat ek klein stukkies op ’n slag eet,” verduideli­k sy. Sy kou van ’n paar sekondes tot drie minute aan ’n stukkie.

Spons laat geen nasmaak nie, vertel sy. En sy leef beslis nie net daarvan nie. “Spons laat jou nie versadig voel nie,” sê Candice. Sy is mal oor rooivleis, groente en vrugte en eet ook graag lekkergoed, veral jellielekk­ers.

Haar vriende en familie is al gewoond aan haar sponsetery. Sy kry selfs soms sponse present, soos ander mense sjokolade sou kry. Net haar verloofde van die afgelope drie jaar, Clive Shaw (33), bekommer hom oor haar rare gewoonte. “Hy hou nie daarvan nie, maar hy het vrede gemaak daarmee,” vertel Candice.

Clive sê die sponsetery is ’n probleem. “Wat as iets skeefloop?” Hy voeg by dat hy deesdae tuis Candice se spons rantsoenee­r om haar eie onthalwe.

Al aanvaar haar vriende haar sponsetery, hou ook hulle haar fyn dop. Eet sy te veel daarvan, sal hulle haar sponse vir ’n ruk van haar af wegneem.

Daar was ’n tyd dat sy skaam was oor haar sonderling­e drange, maar toe sy 30 word, het sy besluit om dit nie langer geheim te hou nie. “Ek steek niks anders weg nie; hoekom moet ek dit wegsteek?”

RAAR soos dit is, het die steuring waaraan mense soos Candice ly, ’n wetenskapl­ike naam: pika. Dit behels die inname van nievoedsam­e items. (Sien die kassie.)

Sy het al daaroor nagelees, vertel Candice in die kantoor in Boksburg waar sy by’ n gemeenskap s koerant gr oepas bemarking s konsultant werk. Sy is skraal. Haar hande en arms is met tatoes versier, onder meer met die gesigte van haar twee kinders.

Die eerste keer dat sy spons geproe het, was sy net ses jaar oud. Sy het in die bad gesit toe sy skielik lus kry om ’n stukkie spons af te breek en te kou, onthou Candice.

’n Ruk later het sy aan die spons in hul gesinsmoto­r begin weglê. Sy het stukke daarvan aan die onderkant van die sitplek uitgetrek, afgebreek en stilletjie­s in haar kies laat verdwyn. Toe haar ma, Charmaine (nou 58), kort daarna agterkom wat haar dogter aanvang, was sy omgekrap. Sy het Candice verbied om dit te eet en verduideli­k dis sleg vir haar. Daarna was sponse taboe in hul huis. “Ons het net waslappe gehad.”

Maar dit was nie die einde van haar sponsetery nie. Haar ouers is geskei en Candice het elke tweede naweek by haar pa, Charles (58), gaan kuier. In sy huis was wel sponse. Nou, 30 jaar later, eet sy dit steeds.

Wanneer sy ysteraanvu­llings neem, verdwyn haar sponslus, maar sy hou soms juis op ystertable­tte drink sodat sy weer aan spons kan weglê.

Daar was al kere dat Candice haar sponsetery tydelik gestaak het, soos toe sy swanger was met haar twee kinders, ’n seun (10) en ’n dogter (11) uit ’n vorige huwelik. Hulle weet hulle mag nie spons eet nie en dat dit ongesond is, sê sy.

In 2015 het sy ’n volle ses maande lank geen spons oor haar lippe geneem nie. Maar toe ’n vriendin op ’n dag vir haar een in die vorm van ’n waatlemoen wys, het haar mond gewater. “Ek kon dit nie weerstaan nie.”

Wanneer sy spons eet, sluk sy dit sonder enige vloeistoww­e af. Sy het dit wel al nes beskuit in koffie en warm sjokoladem­elk gedoop.

Hier by die werk weet die meeste van haar kollegas van haar gewoonte. “Spons voel in jou mond soos dit in jou hand voel,” verduideli­k Candice.

Sy hou haar sponse skoon. Nuwes was sy eers in water om van die chemiese smaak ontslae te raak. Dan bêre sy dit sorgvuldig in ’n verseëlde plastieksa­kkie om dit skoon te hou tot die sponslus haar weer beetkry.

Ook kou sy nie aan gebruikte spon sponsese of dié in ander mense se huis nie; daarom het sy altyd sponse in voorraad – by die huis, in haar handsak en in haar motor.

Tog het dit al gebeur dat sy geen spons byderhand gehad het wanneer die behoefte daaraan haar oorval nie. Uit desperaath­eid het sy dan al van die donse aan haar klere afgetrek en geëet.

Sy moes al heelwat goedige spot oor haar vreemde voorliefde verduur, soos: “I didn’t know you were such a sponge.”

Candice spot lustig saam. “SpongeBob SquarePant­s (die strokieska­rakter) is taboe in ons huis. As hy ooit Suid-Afrika toe kom, sal ek hom op die lughawe inwag, huis toe neem en opeet!” lag sy.

Al is sponse vir haar iets wat letterlik in haar mond smelt, sal sy dit vir niemand aanbeveel nie. “Moet dit asseblief nie by die huis probeer nie!” waarsku sy met die groetslag.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Candice Knox steek lankal nie meer haar vreemde liefde vir spons weg nie. ONDER: Danksy ’n andersins gebalansee­rde dieet is sy blakend gesond. HEEL ONDER: Sy sluk klein stukkies op ’n slag om moontlike verstoppin­g in haar ingewande te voorkom.
HOOFFOTO: Candice Knox steek lankal nie meer haar vreemde liefde vir spons weg nie. ONDER: Danksy ’n andersins gebalansee­rde dieet is sy blakend gesond. HEEL ONDER: Sy sluk klein stukkies op ’n slag om moontlike verstoppin­g in haar ingewande te voorkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa