Huisgenoot

SOEK HY KOS OF LIEFDE?

-

Ek het ’n oulike vriend wat by my kuier. Dit gaan al drie maande so aan: Hy eet lekker by my, ons gesels ’n hond uit ’n bos en ruil ’n paar soene uit. Daarna word WhatsApp-boodskappe gestuur, maar net sulke ou aanstuur boodskap pie smet mooi prentjies; niks persoonlik­s nie. Wat dink jy is sy bedoelings?

RE, SMS

Jy kan maar net so komkommerk­oel soos hy wees. Hy soek vriendskap met ’n paar sagte byvoordele en is nie nou ernstig oor enige verbinteni­s nie. Maar dalk ontwikkel iets tog mettertyd uit hierdie vriendskap. Dit is soms ’n veel beter beginpunt as om te vinnig in mekaar se arms te val.

Intussen moet jy nie vriendskap­sverhoudin­g smet ander mans afskeep nie. Moenie ter wille van hom enige opoffering­s maak nie. Werk suiniger met die soene en laat hom ’n slag by sy eie blyplek vir jou kos maak.

Wag ’n dag of wat voor jy op sy WhatsApp-boodskappe reageer. En as dit sulke sentimente­le boodskappi­es is wat ’n man nie maklik self op sy foon sal aflaai nie, kan jy maar weet ’n ander meisie het dit vir hom gestuur en hy stuur dit net aan. Grootouers kan te betrokke wees. Maar dis nie hier die probleem nie. Jy is met reg bekommerd. Dié sensitiewe situasie kan tot vervreemdi­ng lei wat jare kan neem om te herstel.

Dis normaal om te vra of die fout by jou lê, maar dit klink asof jy jou skoondogte­r in aanmerking neem en bedagsaam teenoor haar is. Watter rol speel jou kleindogte­r se ouers? Hulle is moontlik onbetrokke en dit is waaraan sy gewoond is.

Jy moet die moontlikhe­id oorweeg dat jou skoondogte­r se beskuldigi­ng ’n slaanstok is om jou seer te maak. Sy is dalk besitlik oor jou seun en hul kind.

Sekere werklikhed­e kan jy nie verander nie. Jou skoondogte­r is die hekwagter tot jul kleindogte­r, en of haar redes geldig is of nie, jy sal beleef en liefdevol moet hou by die grense wat sy stel.

Voldoen aan jou seun en skoondogte­r se versoeke oor wat die kleinding mag eet. Vra ook vooraf watter speelgoed gekoop moet word. Los eers die oorslaapaa­nde. Laat haar ouers self besluit of hulle moeg is en hulp nodig het. Moenie besluite oor jou kleinkind neem sonder om haar ouers daarin te ken nie. Jou skoondogte­r klink onseker as ma. Moenie kritiek oor haar as ouer uitspreek of ongevraag raad gee nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa