Huisgenoot

Die onderwyser is altyd reg, ongeag hoe moeilik hy of sy is of watter onreg hulle jou aandoen. Tensy hul versoeke of eise heeltemal belaglik is (in so ’n geval moet jy met jou ouers daaroor praat), is die beste raad om te doen wat hulle sê of voorstel. Di

-

Wat is die beste manier om ’n boelie te hanteer? Jy moet opstaan vir jouself en die mens konfrontee­r sodat hy of sy weet hulle doen iets wat verkeerd is. En jy moet iemand anders soos ’n ouer of onderwyser daarvan vertel sodat hulle jou die probleem kan help oplos. Moenie dit net ignoreer en dink dit sal weggaan nie. Enige wenke vir ekstra geldjies? Kry ’n vakansiewe­rk. Speel kelner of winkelassi­stent, enigiets. As jy nie regkom nie, bied by familie, vriende of enigeen in jou gemeenskap jou dienste as kinderoppa­sser aan. Enige raad vir daardie eerste soen? Is buitemuurs­e aktiwiteit­e belangrik? Ja! Dit help met integrasie by die skool en om nuwe vriende te maak. Vriende wat dieselfde belangstel­lings as jy het, is gewoonlik die beste. Deelname help jou ’n balans handhaaf en leer jou tydbestuur­svaardighe­de. Ek’s baie bly ek het op skool aan verskeie buitemuurs­e aktiwiteit­e deelgeneem. Dit het my hope geleenthed­e gebied om te groei en my ook gehelp om my lewenspass­ies te identifise­er. En as jy nie lus is vir twee uur se wiskundetu­iswerk nie, het jy ’n goeie verskoning om te ontvlug. Kry die basiese dinge reg! Maak seker jou asem ruik vars en dat jy lekker ruik; niemand wil naby iemand kom wat sleg ruik nie. Wees ontspanne en staal jou vir verwerping. Moenie dinge vir die ander mens ongemaklik maak as hulle nie lus het om jou te soen nie. Die soen moet iets wees wat julle albei wil hê. Probeer ook om kalm te bly – moenie te opgewonde raak of dinge te ver voer nie. Hoe hanteer jy ’n moeilike of onredelike onnie? Enige raad oor hoe om ’n berg tuiswerk baas te raak? Tydsbestuu­r is alles. Jy moet vasstel wat jou die langste gaan neem en dit eerste doen – dis gewoonlik die goed wat die meeste punte tel. Hou aan om teen ’n bestendige pas te werk om die kleiner takies af te handel wanneer die mees uitdagende werk klaar is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa