Huisgenoot

STERKER TUSSEN DIE HARTSEER

Mike, wie se dogter dood is ná ’n rusie met haar stiefma, en sy jongste seun het nuwe moed nadat hulle meer as twee maande saam in die DRK was

- Deur JANA VAN DER MERWE (Blaai om)

HY IS die jongste en kwesbaarst­e slagoffer in ’n gesinstrag­edie wat die land geruk het. Nie net het die 11-jarige Morné* sy geliefde ousus verloor toe Mundolene Vosloo (17) met ’n eilandvaka­nsie sterf nie; hy moes ook sonder sy ma van Mauritius af terugkeer. Marietjie Vosloo (33) word steeds daar aangehou nadat sy na bewering haar stiefdogte­r tydens ’n rusie met die vuis bygedam het. Mundolene, wat ’n ligte beroerte en bloeding op die brein opgedoen het, is kort daarna op die toneel dood verklaar ( Jammer, Mike, ek wou haar nie doodslaan, 20 Oktober 2016).

Kort ná sy enigste dogter se begrafnis in Springs moes Mike (46) terugkeer na die Demokratie­se Republiek van die Kongo (DRK), waar hy in die mynwese werk, en Morné noodgedwon­ge in ’n au pair se sorg op die kusdorp Margate agterlaat, waar hy saam met sy ma gewoon het. Sonder sy pa of sy halfbroer, Willie* (14), wat by dié se ma en stiefpa in Springs woon, moes Morné die hartseer van sy ousus se dood en sy verlange na sy ma verwerk (Dink in dié tyd aan my seun, 3 November 2016).

Tog gaan pa en seun 2017 met nuwe moed tegemoet nadat Morné die afgelope twee en ’n half maande by sy pa in die DRK deurgebrin­g het.

“Hy is nou al mooi groot en baie volwasse vir sy ouderdom,” sê Mike oor sy jongste seun. “Ek sien hom darem met middagete en ná werk. Gewoonlik het hy klaar vir homself kos gemaak en geëet,” vertel hy per telefoon uit die DRK.

Morné moes oornag selfstandi­g word nadat sy au pair ná net ’n paar weke bedank het. Hy het teen middel November by sy pa in Midde-Afrika aangesluit. Hulle bly in ’n huis in ’n personeelk­amp op die mynperseel waar Mike op ’n afgeleë dorp op die DRK se grens met Zambië werk.

Morné het die grootste deel van verlede jaar tuisonderr­ig ontvang en gr. 5 voltooi voor hy by sy pa aangesluit het. “Hy het self gesê hy wil die skooljaar herhaal, want hy voel hy wil vars begin. Hy mis die interaksie met maatjies en sport,” verduideli­k Mike.

“Ek het hom gewaarsku die ander kinders gaan hom dalk spot en boelie, maar sy antwoord was: ‘Pa, hulle moet maar spot. Hulle ken nie die omstandigh­ede voor die gebeurteni­s of my omstandigh­ede nou nie. As hulle my terg, sal ek hulle net ignoreer en as dit aanhou, vir die onderwyser­s daarvan sê.”

Einde Januarie keer Morné terug na Suid-Afrika om sy skoolloopb­aan op Margate te hervat. Hy sal daar by goeie huisvriend­e inwoon. Hulle het ’n ouer dogter wat vir hom as au pair sal optree.

Terwyl die pa en sy jong seun midde-in die emosionele wipplank van verande-

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Mike Vosloo en sy seun se lewe sal nooitn weer dieselfde wees nie. LINKS: Sy vrou, Marietjie, word in Mauritius aangehou ná die dood van Mike se dogter uit ’n vorige huwelik. ONDER: Mund dolene se stiefma, Marietjie.
HOOFFOTO: Mike Vosloo en sy seun se lewe sal nooitn weer dieselfde wees nie. LINKS: Sy vrou, Marietjie, word in Mauritius aangehou ná die dood van Mike se dogter uit ’n vorige huwelik. ONDER: Mund dolene se stiefma, Marietjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa