Huisgenoot

KOESTER WROK TEEN BEJAARDE MA

-

Ek sukkel om my ma te vergewe. Sy het my kinderjare vernietig, want sy was selfsugtig en het baie gedrink. Ek was altyd op my eie en die ander kinders se oppasser. Eintlik het ek maar sonder ’n ma grootgewor­d. Nou is sy in die ouetehuis en verwag steeds almal moet na haar pype dans.

Ek het gedink ek het haar vergewe, maar elke keer dat ek ’n lewenskris­is het, koester ek weer wrokkige gevoelens teenoor haar. Dis moeilik om haar te besoek, maar ons bly op ’n klein dorpie en ek wil nie heeldag hoor hoe ek haar kastig verwaarloo­s nie. EIET op CLD Ek lei af dat jy nie hierdie saak met jou ma of ’n berader bespreek het nie en jou swaar las al die jare alleen dra. Vergifnis is ’n proses. As dit nie volledig afgehandel is nie, sal jy altyd emosioneel swaarkry wanneer jy krag vir ander krisisse nodig het.

Boonop verg vergifnis ’n besluit om op te tree en ons hand uit te reik om dit te gee of ontvang. As jy op jou eentjie vergifnis uitspreek, beteken dit meestal nie onmiddelli­ke genesing of versoening nie. Jy voel dalk dit sal niks help om vir haar te sê jy vergewe haar nie. Dis vreemd hoe selde mense besef hulle het jou benadeel. Ander ontken dit of vergeet gerieflikh­eidshalwe daarvan.

Jou gemoedsvre­de hoef nie van haar aanvaardin­g af te hang nie. Dis soos om ’n pakkie af te lewer: Jy hoef nie te bly tot dit oopgemaak is nie. Berou is nie vanselfspr­ekend nie, veral by ouer mense wie se hart hard is en wat selde hul foute erken.

Doen nogtans om jou eie onthalwe die eerste stap om die proses momentum te gee. Besluit om jou ma te vergewe en die vergifnis teenoor haar uit te spreek. Maar moenie die proses sonder ’n berader se hulp aanpak nie. Dit kan die sneller wees vir allerhande ander onafgehand­elde emosionele probleme wat jou kan oorweldig.

As pligsgetro­ue mens sal jy nie anders kan as om haar te besoek nie. Maar beperk voorlopig die getal besoeke en die duur van elk of vra ander gesinslede om jou af te los.

‘Vergifnis verg ’n besluit om ons hand uit te reik’ – ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa