Huisgenoot

Lekker om Jurie en Hestrie weer te sien

- BELLVILLE

Dit was vir my baie lekker om te lees oor Jurie Els, sy vrou, Hestrie, en hul kinders, Jason en Chrizette (Ruimte en vrede ons wenresep, 2 Februarie).

Dit is ’n pragtige artikel met baie mooi foto’s deur Reimerd Mostert. Dit was vir my so lekker om te lees hoe gelukkig hulle daar in Nieu-Seeland is.

Baie dankie. LANCE JAMES

Baie, baie dankie vir die pragtige artikel oor Jurie, Hestrie, Chrizette en Jason Els. Dit was ’n voorreg om hulle deur die bladsye van Huisgenoot in my huis te laat kuier. MEISIE

Hiermee wil ek my dank uitspreek vir die pragtige artikel en foto’s van Jurie Els en sy oulike gesin. Dankie, Pieter van Zyl en Reimerd Mostert, vir die mooi storie en foto’s. Jurie bly ’n ster en sal dit altyd wees, al kom hy nooit weer in Suid-Afrika bly nie. Dankie tog vir sy musiek waarna ons kan luister.

Groete aan julle, Jurie. INA REYNOLDS,

MIDDELBURG, MPUMALANGA

’n Mens lees te dikwels van die huwelike van rykes, beroemdes en vermaakste­rre wat op die rotse beland omdat hulle mekaar verkul, of die druk van ’n lewe in die kollig wat sy tol eis in die gedaante van die dwelm- of drankduiwe­l.

Hoe verfrissen­d is dit tog nie om te lees Jurie en Hestrie gaan binnekort 12 jaar gelukkig saam wees nie.

Baie geluk, julle is ’n inspirasie vir ander.

Dis ook lekker om te weet jul gesin gedy daar in All Black-land.

Jurie, mag jy daar nog baie Afrikaanse musiek maak. Hestrie, die Kiwikinder­s is bevoorreg dat ’n boerenooi hulle leer hoogspring! NOOTVAS Ek verwys na die artikel oor die nuwe Inge Lotz-boek (Stryders in die loopgraaf van ’n moordsaak, 2 Februarie). Ek sal nie verbaas wees as Inge Lotz se moord die werk van ’n reeksmoord­enaar was nie. Nes die slagoffers van ander onopgelost­e moorde is sy ook op ’n Woensdag vermoor. Is dit nie toevallig nie? RUTH Kan die heldersien­de medium Marietta Theunissen nie antwoorde gee oor Inge Lotz en Reeva Steenkamp nie? W VAN W Hoekom word kleutersko­ol- en gr. R-onderwyser­esse so min betaal? Hulle het ’n groot verantwoor­delikheid in die opvoeding van ons jong kinders. KRYT Ek lees van die agt rykstes ter wêreld en voel naar, seker maar van jaloesie (8 vetste beursies, 2 Februarie). Dan blaai ek om en lees van Gary Player-hulle. ’n Bitter mooi storie. En ek glimlag weer. LENA,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa