Huisgenoot

NDAGSAAM ’ MET ROLENE

Voltyds ma én voltyds student – die oud-Mej. Wêreld is dolgelukki­g al bars haar dag uit sy nate

- Deur MARISA FOCKEMA Foto’s: DESI MCCARTHY PHOTOGRAPH­IC ART

MET dieselfde gemak as wat sy in ’n aandrok op die verhoog verskyn het toe sy as die wêreld se mooiste gekroon is, kelk Rolene Strauss haar arms om ’n klein babalyfie teen haar bors te koester. In ’n pragfotose­ssie spesiaal vir Huisgenoot wys sy haar en haar man, D’Niel Strauss (34), se eersteling, na wie mense al so lank uitsien.

“As ek nog nie geweet het hoe dit voel om bereid te wees om vir iemand voor ’n motor in te loop of my lewe vir iemand neer te lê nie, weet ek nou regtig hoe dit voel,” borrel Rolene (24) terwyl sy so tussen die gesels deur haar baba se winde uitvryf. “Ek verstaan nou regtig wat liefde is.”

Minder as ’n maand ná haar stewige babaseun se geboorte op 6 Januarie in die Mediclinic George lyk sy beeldskoon, ten spyte van die min slaap. En die kosbare bondeltjie in haar arms laat haar meer straal van geluk as wat enige skoonheids­titel ooit kon.

Oor die titel ma loop haar hart oor van dankbaarhe­id en vreugde. Sy bring elke moontlike oomblik saam met haar prinsie deur. Sy naam wil sy en D’Niel nie bekendmaak nie om sy privaathei­d te beskerm, maar Rolene verklap dat hy na sy oupa aan vaderskant genoem is.

Hy het by geboorte 4,18 kg geweeg en was 54 cm lank. “Hy het al suigend na my toe aangekom. Toe hulle hom die eerste keer op my bors neerlê, wou hy net dadelik drink,” vertel Rolene oor die groot oomblik.

“Dit was so spesiaal toe ek hom die eerste keer hoor hik. Die vorige keer dat hy

gehik het, was hy nog in my maag.

“D’Niel se ma (Amelia) het vir hom ’n babapakkie gekoop waarop staan: ‘Net omdat twee mense verlief geraak het.’ Dis ongeloofli­k om te dink dis ’n stukkie van jou en die persoon wat jy die heel liefste ter wêreld het wat letterlik ’n klein, volmaakte mensie geword het,” sê sy droomverlo­re.

Haar wens is dat hul kindjie sy ideale sal nastreef. “Dit maak nie saak wat dit is of waaroor hy passievol gaan wees nie, ons wil hê hy moet sy drome kan verwesenli­k en sal altyd daar wees om hom daarin te ondersteun.”

Pa Hennie, ’n mediese dokter, en ma Theresa van Volksrust in Mpumalanga het haar en haar broer, Johann (23), altyd laat glo hulle kan enigiets vermag, vertel Rolene. “Dis presies wat ek eendag vir ons kinders wil hê: om te weet dat hul ma en pa in hulle glo.”

Nadat sy haar mediese studie aan die Universite­it van die Vrystaat vir twee jaar onderbreek het om eers Mej. Suid-Afrika en toe Mej. Wêreld te wees, het Rolene begin verlede jaar weer begin klas loop. Sy en D’Niel, wat kort ná haar kroning as Mej. Wêreld in Desember 2014 verloof geraak het, wou nie langer wag nie en is op 6 Februarie op ’n wynlandgoe­d buite Somerset-Wes getroud. Omdat die donkerkops akeman op Stellenbos­ch woon en werk, was ’n pendelhuwe­lik hul voorland tot sy haar studie in Bloemfonte­in voltooi.

Hulle het nie beplan om so gou met ’n gesin te begin nie, maar toe verras die ooievaar hulle die somervakan­sie. Hulle het dit oudergewoo­nte deurgebrin­g op Hartenbos, waar albei se ouers elke jaar vakansie hou en Rolene en D’Niel mekaar in Desember 2011 ontmoet het.

Hulle het gehoop die baba sou liewer vroeg in Januarie as laat in Desember gebore word omdat dit dinge sou vergemakli­k wanneer hy moet skool toe gaan.

“Ons het gebid dat hy net tot Januarie uithou. Ek dink hy was toe deurmekaar omdat ons eers wou hê hy moes vasklou tot 2017 hier is, en toe wou ons skielik weer net gehad het hy moes kom!” Ten einde laaste is hy op 40 weke en drie dae gebore. Net 10 dae later moes sy weer agter haar boeke inskuif en haar wit doktersjas aantrek om vir hospitaald­iens aan te meld.

Nou is Rolene klaar weer haar slanke self danksy ’n gesonde leefstyl en gereelde oefening. Sy deel oomblikke uit haar bedrywige dag as ma en mediese student eksklusief met Huisgenoot.

VROEG UIT DIE VERE

dag begin sesuur met “die ou gevreetjie wat melk vra”, vertel Rolene. “My ma sê hy lyk presies soos ek as baba gelyk het. Maar soos die dae aanstap, begin hy ál meer na ’n regte seuntjie lyk en trek hy meer op D’Niel.” Hy het darem sy ma se neus gekry, soos sy pa gehoop het! Terwyl Rolene hom borsvoed, gesels sy met hom en sing vir hom, gewoonlik die gewyde lied Genade Onbeskryfl­ik Groot. “Nadat ek hom gevoed en sy winde uitgevryf het, sit ek hom op my bed neer en pak die kussings dat hy effens regop sit. Dan kyk hy nuuskierig rond terwyl mamma regmaak vir ’n besige dag in die hospitaal.”

’N GESONDE SKUIF

“’n Gesonde mamma beteken ’n gesonde baba,” glo Rolene. Vyf dae per week oefen sy ’n uur saam met ’n fiksheidsi­nstrukteur “om my kop skoon te kry”. Haar gewone oefentyd is soggens vyfuur, maar met dié dat sy haar baba vroegdag voed, oefen sy nou sesuur saans. In dié tyd gaan sy oppasser met hom stap.

Baie ma’s maak die fout dat hulle so behep raak met die kleinding dat hulle hulself begin afskeep, meen sy. “’n Mens voel soveel beter oor jouself as jy gesond is, veral nadat jy ’n baba gehad het. Dit is iets wat ek vir myself doen, maar indirek ook vir my baba.”

DIE BELANGRIKS­TE MAAL

Rolene volg ’n gesonde en gebalansee­rde eetplan met kosse uit die verskillen­de voedselgro­epe. “Dit is spesifiek vir my uitgewerk omdat ek borsvoed. Ontbyt bestaan gewoonlik uit muesli en gekookte eiers.” Terwyl sy dit eet, doen sy Bybelstudi­e. “Ek het dit voorheen saans gedoen, maar deesdae lees ek vir ons seuntjie voor slaaptyd Bybelverha­le vir kleuters; daarom is dit vir my belangrik om soggens ook my eie Bybelstudi­e te doen.”

HOSPITAAL TOE

Net 10 dae ná haar seuntjie se geboorte het sy met haar finale jaar aan Kovsies se mediese skool begin. “Ek het al so ver met my mediese studie gevorder, al uitweg is om klaar te maak.” Sy bieg dit is bitter moeilik om soggens haar baba te groet. “Dis vir my verskrikli­k om die ou lyfie by die huis te los en dan by die hospitaal met siek kindertjie­s te gaan werk,” sê Rolene, wat nou met pediatrie besig is. “Maar dit maak my weer so dankbaar dat ons seuntjie gesond is. Ek weet ook dat ek hom by mense los wat hom met liefde oorlaai. Wanneer ek by hom is, bring ek gehaltetyd saam met hom deur, en wanneer ek studeer, doen ek dit voluit.”

MIDDAGETE VIR TWEE

“Ons het middae van 12 tot een etenstyd; dan ry ek vinnig huis toe om te borsvoed en middagete te eet. Middagete sal iets soos hoender, twee Provitas en slaai wees.” Hierna is dit terug klas toe.

OUMA SE KIND

“Sy is ongeloofli­k,” sê Rolene oor haar ma,

Theresa, ’n oudverplee­gster. “Ons band het die laaste paar maande net sterker geraak, want ek besef nou hoe lief ’n ma regtig haar kinders het. Sy was pas drie weke lank by my. My arme pa was ’n weeskind by die huis (op Volksrust). Maria (Mashinini, hul huishulp) was ook nie daar om na hom te kyk nie. Die hele dorp het beurte gemaak om hom vir ete te nooi. My ma gaan probeer om een keer per maand te kom help. Sy is nog nie eens twee daggies weg nie en verlang haar klaar morsdood na die ou lyfie.”

UITSPANTYD

Maria Mashinini, wat al 24 jaar vir die Strauss-gesin op Volksrust werk, het vir die jaar by Rolene in haar woonstel in Bloemfonte­in ingetrek om haar met die baba te help. “Sy is soos my tweede ma en het my en my boetie help grootmaak. Daar is niemand wat ek meer vertrou om na ons seuntjie te kyk as sy nie. Wanneer ek voel ek kort een aand ’n goeie nagrus, slaap hy by haar in die kamer, dan gee sy hom uitgemelkt­e melk.” Wanneer Rolene deurnag in die hospitaal moet werk, gee dit haar gemoedsrus om te weet haar baba kry “meer as genoeg liefde” by die huis.

“Ek kan nie wag om smiddae ná klas huis toe te gaan nie. Dis die lekkerste tyd van die dag, want dan is dit nie meer so warm nie. Ek gooi dan ’n kombers buite op die gras, lê baba op sy magie neer, en dan gesels en speel ons. Hy kan hom verkyk aan die patrone op sy besige lappieskom­bers.”

SOETE DROME

Teen negeuur voed Rolene haar baba en eindig hul dag met Bybelstudi­e en “’n hele paar soene”. Hierna slaap haar seuntjie sowat drie uur terwyl sy ma studeer. Om middernag voed sy hom weer voor hulle albei sowat vier uur slaap tot die volgende voeding. “Hy slaap goed. Ek dink hy drink so goed en sterk omdat hy so ’n lekker stewige baba is.”

Oor die min slaap kla sy glad nie. “As mediese student kry ’n mens maar oor die algemeen min slaap; dus was die aanpassing na minder slaap nie vir my so moeilik nie,” verduideli­k Rolene. “Naweke wanneer ek nie in die hospitaal moet diens doen nie, probeer ek verlore slaap inhaal wanneer hy ook slaap.”

HAPPIE EN PAPPIE

“Ek is dol oor ’n piesang as laatmiddag- of aandhappie,” vertel Rolene. “Aandete bestaan gewoonlik uit ’n vars tunaslaai met maaskaas of filet met groente.” Nadat sy haar baba gebad het, borsvoed sy hom weer en daarna gesels hulle met pappa. “Ek sorg dat ek altyd die foon se luidspreke­r aanskakel sodat hulle mekaar se stem kan hoor. D’Niel verlang hom morsdood wanneer hy nie by ons is nie. Elke keer dat hy ’n week weg was, kan hy nie glo hoe die ou lyfie gegroei het nie.” Hy is ’n raakvat-pa, vertel Rolene. “Die een ding wat hy nie graag doen nie, is doeke omruil, maar andersins is hy baie gretig om te help en so ’n trotse pappa. Hy is mal daaroor om sy seuntjie op sy kaal bors te laat lê en hom vel-tot-vel-kontak te gee.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die kosbare bondeltjie in Rolene Strauss se arms laat haar meer straal as enige skoonheids­titel. Haar en manlief D’Niel Strauss se stewige seuntjie laat haar hart oorloop van vreugde en gee haar begrip van wat liefde werklik is, sê Rolene. ‘Ons wil hê...
Die kosbare bondeltjie in Rolene Strauss se arms laat haar meer straal as enige skoonheids­titel. Haar en manlief D’Niel Strauss se stewige seuntjie laat haar hart oorloop van vreugde en gee haar begrip van wat liefde werklik is, sê Rolene. ‘Ons wil hê...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa