Huisgenoot

WERK SO VEILIG MET BIO-ETANO LVERWARMER­S

-

Dis goedkoper as gas en ’n mens kan elektrisit­eit bespaar; daarom is bio-etanolv erwar mers vir baie mense ’n goeie alternatie­f. Dit rook nie en daar is ook nie agterna as wat opgevee moet word nie.

Tog moet ’n mens enige bio-etanolbran­dstof baie versigtig hanteer, sê Brian Tait, ’n konsultant in die energiebed­ryf.

Brian sê bio-etanoljel brand met ’n onsigbare vlam; daarom moet ’n mens seker maak die vlam in die verwarmer is dood voor jy jel ingooi. “Maak ook seker die verwarmer het afgekoel,” sê hy.

Volgens Brian is dit belangrik om die vervaardig­er se aanwysings te lees en te volg voor jy bio-etanoljel gebruik.

’n Woordvoerd­er van ’n verskaffer van bio-etanol verwa rmers benadruk ook gebruikers moet seker maak hulle lees en volg ook die verwarmer se aanwysings nou- keurig. Gebruik ’n tregter wanneer jy jou verwarmer met bio-etanolbran­dstof wil vol maak sodat jy nie mors nie. “En as jy mors, vee dit dadelik met ’n papierhand­doek op en was die kol met water. Was ook jou hande,” sê die woordvoerd­er.

B i o-etanol jel is omgewingsv­riendelik en boonop gerieflik omdat dit so maklik aansteek, verduideli­k Wessel Slabbert van IFRT Spil l Response ,’ n brand veiligheid sfirma. Wes sel, wat 34 jaar’ n brandweerm­an was, sê die jel is ekonomies omdat dit van gewasse soos suikerriet en koring vervaardig word en net ’n bietjie daarvan nodig is vir ’n sterk vlam. Hy sê egter dit is gevaarlik wanneer mense dit verkeerd gebruik. “Mense dink dikwels dit kan nie so gevaarlik wees soos wat die etiket sê nie. As daar staan dit is hoogs vlambaar, is dit hoogs vlambaar.” – CHARLEA SIEBERHAGE­N

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa