Huisgenoot

DIE PRYS VAN HUL NUWE LEWE

Ivanka Trump is haar pa se vertroueli­ng en haar man sy senior raadgewer, maar als is nie net maanskyn en rose nie

- Saamgestel deur LARA ATSON

HULLE trek aandag net waar hulle gaan. Sy as stylvolle president sdogter wat nooit ’n modevoet verkeerd sit nie en boonop haar pa se vertroueli­ng, en hy as die man wat agter die skerms gewerk het om sy skoonpa in die Withuis te kry. Dis nou Ivanka Trump en haar man, die skatryk eiendomsma­gnaat Jared Kushner, wat nou Washington se invloedr ykst ykste e glanspaart­jie is. Maar eis hul nuwe lewe reeds ’n tol van dié oënskynlik perfekte prentjie? Dae nadat Donald Trump as president ingehuldig is, is daar gegis Jared (36) is klaar spyt hy het ingestem om sy skoonpa se senior raadgewer te wees. Die rede? Hy het glo geen beheer oor Donald (70) nie. Die jong pa van drie is deesdae net ’n skadu van die man wat hy eens was, word vertel. Hy het donker kringe onder sy oë, is bleek en die kilo’s smelt weg. Sy lyftaal en houding jeens sy skoonpa het glo ook verander. ’n Bron na aan Jared het aan die tydskrif Vanity Fair vertel Donald het sy gewraakte presidensi­ële dekreet wat immigrante uit sewe Moslemland­e tydelik toegang tot Amerika verbied minute voor die begin van die Joodse Sabbat onderteken. “Vir my is dit geen toeval nie,” het die bron gesê. Jared was glo reeds tuis, want hy en Ivanka (35) huldig die Sabbat – van sononder Vryda Vrydae tot sononder Saterdae – deur nie tegno tegnologie soos slimfone te gebruik nie en w werk te vermy. Ivanka het haar voor hul trouetro in 2009 tot die Ortodokse Joodse geloofgel bekeer.

En terwyl immigrante­imm op lughawens aangehou word en derduisend­e mense teen Donald se verbodv betoog, ontketen Ivanka toe ’n stormst deur ’n kiekie van haar, in ’n silwersilw­e Carolina Herrera-rok van sowat R67 50 500, en Jared op pad na ’n swierige geleent geleenthei­d met haar 2,9 miljoen Instagram-aanhangers­Instagram-a te deel. Sy is as onsensitie­f jee jeens die nood van die immigrante uitgekryt.uitgekr Ivanka voel glo aaklig oor “Gowngate”, word gesê, maar nie almal glo dit nie.

Jared was ook briesendb omdat die ontmoeting tussen DonaldD en pres. Enrique Peña Nieto van MexikoM afgestel is. Hy het 24 uur onderhan onderhande­l om die twee leiers se ontmoeting oo oor Donald se beoogde grensmuur te reë reël, maar toe laat Donald dit met ’ ’nn enkeleenke twiet skipbreuk ly. “Kushner was f*****f* woedend,” vertel ’n vertroueli­ng aan Vanity Fair.

Jared en Ivank Ivanka was gretig om hulle by Donald se presid presidensi­ële veldtog te skaar om mag te bekom,bekom vertel nog iemand na aan Jared. “Dis in die Trump-DNS om uit elke geleenthei­d munt te slaan.” Maar nou gee hy Jared grys hare.

Ivanka word r reeds gesien as een van die invloedryk st invloedryk­ste president s dogter sin die Amerikaans­e geskiedeni­s. Haar eens mediasku man is nou pal in die kollig en was selfs in DesemberD op die saketydskr­if Forbes s se voorblad.

Jared het geen vorigev politieke ervaring nie en doen sy nu nuwe werk in die Withuis gratis. “Ek het Iv Ivanka se man soort van gesteel,” het DonaldDon al trots vertel. “Hy is wonderlik. As hy nie vrede in die MiddeOoste kan bewerkstel­ligbewer nie, sal niemand nie.” Die boorlin boorling van New Jersey is nou een van die invloe invloedryk­ste Jode ter wêreld.

Donald en sy v vrou, Melania (46), gaan glo min in Wa Washington wees, maar Ivanka en J Jared het reeds na die Amerika Amerikaans­e hoofstad verhuis. Mela Melania gaan in die egpaar se luukse dakwoonste­l in Trump Tower in New York woon terwyl hul 10 10-jarige seun, Barron, sy sko skooljaar voltooi. Van haar pligt pligte sal oorgeneem word deur haar stiefdogte­r Ivanka, sê Robert Couri Hay,Ha ’n familievri­end. “Sy

gaan by staat s geleenthed­e wees. Ek dink Melania is heel tevrede om dié pligte met Ivanka te deel.”

IVANKA is deesdae ’n tuisblyma. Sy het bedank as adjunkhoof van ontwikkeli­ng en werwing in die familie se sakeryk, The Trump Organizati­on, en as baas van haar modereeks. Haar broers Donald jr. (39) en Eric (33) bestuur nou die familie besigheid uit New York.

Ivanka, Jared en hul kinders, Arabella (5), Joseph (3) en Theodore (11 maande), senu wese s slaap kamerwonin­g van sowat R74,3 miljoen is in die spogbuurt Kalorama in Washington, waar die Obamas nou woon.

“Donald het die beste ooreenkoms vir sy dogter beklink,” meen Robert. “Die seuns kry die maatskappy; Ivanka kry Washington.”

Van sy vyf kinders is Ivanka die een na wie Donald luister. Sy is ook die een wat hom roskam oor sy impulsiewe Twitter-vloermoere.

Die 1,8 m lange skoonheid wat gereeld in uitrusting­s deur gesogte ontwerpers gekiek word, het voorheen ’n druk program gehad as sakevrou en ma van drie. Drie weke ná die geboorte van haar jongste kind het dié superma reeds weer by die werk ingeloer. Haar kroos het glo ’n Chinese oppasser wat hulle Mandaryns leer, maar dié sien jy selde.

Ivanka is soggens om halfses uit die vere om 20 minute te mediteer, na ’n inspireren­de Ted Talk-praatjie te luister en te oefen. Sy en Jared draf om fiks te bly. Saans is sy tuis om haar kleingoed in die bed te sit. Dan maak sy haar e-posinmandj­ie skoon voor sy in die bed klim.

Ivanka, die enigste dogter onder Donald en sy eerste vrou, Ivana (67), se drie kinders, onthou hoe steelfotog­rawe destyds buite haar spogskool rondgehang het nadat haar pa se affair met die Amerikaans­e aktrise Marla Maples (53) onthul is. “Is dit waar dat Marla gesê het seks met jou pa was die beste wat sy nog gehad het?” is sy gevra. Sy was toe net nege. “Jy bou ’n sekere gevoelloos­heid op en dis goed,” het sy in 2007 in ’n onderhoud aan die tydskrif GQ gesê.

Jared se pa, die eiendomsma­gnaat Charles Kushner (62), is in 2005 tot twee jaar tronkstraf gevonnis weens 18 klagte van onder meer belastingo­ntduiking. Om te keer dat sy swaer William Schulder teen hom getuig, het hy ’n prostituut gehuur om William te verlei, die affêre op kamera vasgelê en hom probeer afpers.

Charles se ouer broer, Murray, met wie hy ’n jare lange vete het, het hom ook al hof toe gesleep omdat hy glo onwettig geld aan politieke veldtogte geskenk het. Daar was selfs gerugte dat Jared se skoolpunte te swak was vir sy toelating tot Harvard – en dat die universite­it hom glo net aanvaar het in ruil vir ’n skenking van sowat R34 miljoen deur Charles.

Toe Charles in die tjoekie beland, was Jared (toe 24), een van vier kinders, die een wat die gesin bymekaar moes hou. Op 27 het hy sy drome laat vaar om staatsaank­laer te word en uitvoerend­e hoof van sy pa se sakeryk, Kushner Companies, geword. Toe was Ivanka reeds in sy lewe nadat hulle mekaar ’n jaar tevore tydens ’n sake-ete ontmoet het.

DONALD het Jared altyd soos sy eie seun behandel. En mense in die binnekring meen Jared, voorheen ’n Demokraat, het baie daarmee te doen dat sy skoonpa, ’n Republikei­n, nou in die Withuis sit.

Jared het sy skoonpa se verkiesing­sveldtog deur die sosiale media laat dryf – al het hy self nog glad nie getwiet sedert hy in 2009 sy Twitter-profiel geopen het nie. Danksy sy goeie kontakte in Silicon Valley het hy van die beste digitale bemarkers in die wêreld betrek.

Boonop het hy Donald verdedig nadat dié ’n foto getwiet het van Hillary Clinton, sy teenstande­r in die presidensi­ële verkiesing, en die Ster van Dawid, ’n simbool van Joodse identiteit. Sy skoonpa is g’n antisemiti­es en rassisties nie, het hy verklaar. En nou is hy die man agter sy skoonpa in die Withuis. Maar teen watter prys – en sal hy dit kan volhou?

 ??  ?? Ontmoet die nuwe magtigste glanspaar in Washington, DC: Jared Kushner en Ivanka Trump. Die stylvolle presidents­dogter se modekeuses is altyd in die kol.
Ontmoet die nuwe magtigste glanspaar in Washington, DC: Jared Kushner en Ivanka Trump. Die stylvolle presidents­dogter se modekeuses is altyd in die kol.
 ??  ?? ‘Die seuns kry die maatskappy; Ivanka kry Washington’ Die paartjie saam met hul oudste kind, Arabella, en jongste spruit, Theodore. Die skattige kleinding het tydens sy oupa se inhuldigin­gsnaweek in die Withuis begin kruip.
‘Die seuns kry die maatskappy; Ivanka kry Washington’ Die paartjie saam met hul oudste kind, Arabella, en jongste spruit, Theodore. Die skattige kleinding het tydens sy oupa se inhuldigin­gsnaweek in die Withuis begin kruip.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Jared is sy skoonpa, pres. Donald Trump, se senior raadgewer. BO: Die Kushners se herehuis in Kalorama.
LINKS: Jared is sy skoonpa, pres. Donald Trump, se senior raadgewer. BO: Die Kushners se herehuis in Kalorama.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa