Huisgenoot

KINDWEES AS ’N TRUMP IVANKA MARIE TRUMP (35)

Hy’t nog nooit ’n doek omgeruil nie; tog is Donald Trump se vyf kinders – by drie vroue – baie lojaal aan hom. Hier’s hul eie woorde

- Saamgestel deur MIEKE VLOK

SO, HOE voel dit om ’ n Trump-kind te wees, met seker een van die mees omstrede en invloedryk­e mense tans in die wêreld as pa? Wel, geld is natuurlik g’n probleem vir die nuwe Amerikaans­e president se spruite nie. Duur skole, privaat sjefs, oppassers wat vir werkversla­afde ouers instaan, ’ n eksklusiew­e woonadres in New York, rondrits in ’n privaat straalvlie­gtuig – al die voordele van ’n skatryk ouer is daar.

Maar dan is daar ook die wipwarit van ’n pa se affair en die skinderper­s wat jou heeltyd dophou. Wat sê Donald Trump se kinders self hieroor? As ’n tiener is Ivanka uit New York weg na ’n kosskool in die buurstaat Connecticu­t, deels weens die histerie oor haar pa se egskeiding in 1992 van haar ma,

Ivana (67). “Wanfunksio­nele gesinne in die stad stuur almal hul kinders kosskool toe,” het ’n skoolvrien­din van Ivanka aan New York Magazine gesê. Maar die vriendin sê die Trumps het dit “met liefde” gedoen, as “’n manier om hulle te beskerm”.

In dieselfde tyd is die kinderoppa­sser oorlede wat Ivanka help grootmaak het. “Sy was vir my soos ’n tweede ma, my naas- te vertroueli­ng ,” skryf Donald se vermeende vermeende gunstelin gdogter in haar boek The eTr Trumpmp Card (2009). Maar oor haar pa se erkenning dat hy afwesig was, sê sy: “Hy was baie vir ons beskikbaar.”

Donald “het ’n goeie humorsin, maar was veeleisend en het hoë verwagting­s gekoester”, het sy voorts geskryf. Hy het die kinders aangemoedi­g om “te doen waarvoor hulle lief is”, pleks van in sy voetspore in die eiendomsbe­dryf volg.

Ivanka se ouers het Donald se ryk gebou terwyl sy ’n kind was. Hy het dikwels aandete misgeloop en nie veel doeke geruil nie, maar altyd geantwoord wanneer sy bel, vertel sy. Sy het dikwels haar skool se telefoon gebruik om ’n kollekteer­oproep na sy kan--

toor te maak. “Ek was te slim om ’n kêrel huis toe te bring,” skerts die ma van drie. “Ek sou nie seuns aan my pa onderwerp nie.”

Sy was ook gesteld op haar gedrag. Van haar vriende vertel sy het as tiener van plan verander minute voor sy ’n naeltjieri­ng sou kry. Sy moes “die familie se naam en reputasie bewaar en beskerm”, het sy glo gesê.

 ??  ?? HOOFFOTO: Donald Trump (derde van links agter) en sy derde vrou, Melania (vierde van links), saam met hul uitgebreid­e gesin. Van links agter is Eric en sy vrou, Lara, Vanessa (Donald jr. se vrou), Donald jr., Ivanka, haar man, Jared Kushner, en Tiffany. Voor is Barron, Kai Madison en en Donald John III (Donald jr. en Vanessa se kinders).
HOOFFOTO: Donald Trump (derde van links agter) en sy derde vrou, Melania (vierde van links), saam met hul uitgebreid­e gesin. Van links agter is Eric en sy vrou, Lara, Vanessa (Donald jr. se vrou), Donald jr., Ivanka, haar man, Jared Kushner, en Tiffany. Voor is Barron, Kai Madison en en Donald John III (Donald jr. en Vanessa se kinders).
 ??  ?? LINKS: Ivana, Donald se eerste vrou, by hom en hul tweede oudste seun, Eric, en dogter, Ivanka, as kinders. BO: Donald jr.
LINKS: Ivana, Donald se eerste vrou, by hom en hul tweede oudste seun, Eric, en dogter, Ivanka, as kinders. BO: Donald jr.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa