Huisgenoot

NOEM MY MAAR ‘U MAJESTEIT’!

Ash geniet dit om gepamperla­ng te word – hy is immers as SA se topskouhon­d aangewys

- Deur JANA SMIT Foto’s: MARTIN DE KOCK

SOOS ’n koning sit hy daar terwyl die vrou om hom draai en kloek. Sy lang, golwende hare word met versigtige hale geborsel voor lokke daarvan afsonderli­k in spesiale papier toegedraai en vasgebind word. Gelukkig is sy asem vars . . . Sy het immers reeds sy tande vir hom skitterwit geborsel en daarna met ’n mondsproei gesorg hy ruik lekker.

Jy kan sien dié grootmenee­r geniet die pamperlang. Hoekom nie? Hy is immers ’n koning – die koning van skouhonde.

Hy is Winds of Fortune Valentina’s Magic gedoop, en deesdae kan hy amptelik ook by sy naam voeg: Kusa National Dog ’16. Maar jy kan hom sommer Ash noem. Ash, die maltees wat onlangs deur die tydskrif Animaltalk as die topskouhon­d in die land aangewys is. Die titel van Kus a, die honde telersvere­niging van Suid-Afrika, het hy verlede jaar gekry toe hy dié kompetisie wen.

En al is sy Suid-Afrikaanse setel ’ n kleinhoewe naby Pretoria, is hy afkomstig van die maltee sadel stand in die verre Europa, verduideli­k Heidi Rolfes, ’n doktor in chemiese ingenieurs­wese. Sy draai nog ’n haarlok versigtig toe en vertel dan: “Ek het hom vir R80 000 gekoop en uit Slowenië ingevoer.”

Vroeër is Ash se hare, wat soos ’ n sneeuwit mantel tot op die grond hang, deeglik in ’n outydse porselein-laboratori­umbad met ’ n spesiale sjampoe gewas wat Heidi self maak en na ander lande uitvoer. Daarna het sy sy hare sowat ’n uur lank geblaas. Toe word hy 15 minute lank met spesiale borsels uit Duitsland geborsel wat ontwerp is om nie die sagte hondehare te breek nie. Dan

begin sy kam: ’n groot kam vir Ash se lyf en ’n fyner een vir die hare op sy gesig.

Ash sit tjoepstil op die houttafel terwyl Heidi sy lokke in die papierstro­ke toedraai en met rekkies bind.

“Hy is baie rustig,” vertel Heidi trots. “Ons wrap die honde,” beskryf sy die proses waarmee sy besig is. Draai, bind, draai, bind. Byna ’n halfuur lank. Dan die finale stap: Sy pels word met ’n middel gespuit om dit blink en sag te hou. En siedaar – Ash in al sy vorstelike glorie.

Hoe gereeld ondergaan hy hierdie skoonheids­behandelin­g? “Elke derde dag,” antwoord Heidi. Maar dis nog niks – vandag het sy nie eens sy naels geknip nie. Om hom mooi te maak vir ’n skou duur maklik twee uur.

Ash kyk ons aan so asof hy wag om gekomplime­nteer te word.

WINDS of Fortune Valentina’s Magic is nie die enigste maltees op die werf nie. ’n Mens word deur 12 swaaiende stertjies begroet. Maar sy skou net een op ’ n slag, verduideli­k Heidi, wat chemiese ingenieurs­wese aan die Universite­it van Pretoria doseer.

Met ons aankoms is die driejarige Ash se lokke nog nie “toegedraai” nie. Hy lyk kompleet soos ’ n sneeuwit t wolk wat oor die groen grasperkk aangesweef kom. Jy moet mooi kykk om sy pote onder sy pelstent raak te sien.ien Jy weet dadelik wie hier regeer.

Die troppie maltese is ook nie al werfdiere nie – hier is ook vier katte en omtrent 20 hoenders.

Die maltese is almal huishonde, vertel Heidi, ’n enkelloper. Vier van hulle slaap saam met haar op die bed en die ander het hondebedji­es in haar slaapkamer. Eenkant staan drie pla stiekko sba kke – rooi, blou en pienk – waaruit hulle eet. Van die slaapkamer lei ’n buitedeur na ’n kampie in die tuin. Die deur staan altyd oop sodat hulle vrylik tussen die huis en tuinkampie kan beweeg.

Sy voer al die maltese hondeblokk­ies van’ n voorste hondekos maatskappy. Hulle smul ook graag aan rou hoenderpot­e en -koppe.

“Dis goed vir hulle en moet rou wees; die beentjies splinter as dit gekook word. Vir snoephappi­es kry hulle rou wortel en sagte witperskes.”

Terwyl ons toekyk hoe sy Ash pamperlang, verduideli­k sy dat die lokke toe- gedraai en gebind word sodat hy “’n normale lewe kan lei en saam met die ander honde kan rondhardlo­op. Dit hou sy hare ook skoon en is koeler in die somer.”

Die hare bo-op Ash se kop is met twee fraai swart-en-goudkleuri­ge knippies vas en dié onder sy ken met rekkies. Dis net vir skoue dat sy hare nie toegedraai is nie.

Met badtyd – elke derde dag – gebruik Heidi ’n selfreinig­ende, waterlose sjampoe om die hare rondom sy ogies te was. Dit maak bakterieë dood en verhoed dat sy oë rooi word. Sy maak ook sy oë met wattepluis­ies skoon. Sy naels word met ’n spesiale naelknippe­r geknip. Die ander honde word elke 10 dae gebad. Heidi doen alles self omdat dit so ’n gespesiali­seerde werk is.

Die stoepe om die huis word daagliks gewas en die gras groen en kort gehou om te sorg dat Ash en die ander honde se omgewing skoon en higiënies is.

ASH het al alles gewen wat hy kon,” sê Heidi. Die Animaltalk-prys het hy gekry omdat hy die hond is wat die afgelope jaar die meeste skoue in die land gewen en sodoende die meeste punte opgestapel het. Sowat 50 hondeskoue word per jaar in SuidAfrika gehou. Ash het al aan 20 deelgeneem­n en almal gewen.

Heidi skou al 30 jaar. Een van haar vorigev honde, Finn, was in 2012 ook died nasionale Kuza-kampioen. “Maar AshA is die mees amazing hond wat ek ooito sal hê.” Hy het die eerste skou gewenw waarheen sy hom in 2015, toe hy eene jaar oud was, geneem het. En nee, daard is nie prysgeld vir skoue nie. “Jy’s gelukkigg as jy ’n sak hondekos wen!”

Wat maak ’n hond kampioen? “Dis sooss ’n bloudruk,” verduideli­k Heidi. ’n’ Opregte maltees het styl hare. AnderA belangrike kriteria is swart pigment:p ’n swart neus, donker oë. Die hond moet ’n plat rug en sagte gesigsuitd­rukking hê. In die kompetisie (van Animaltalk) het Ash honde van alle rasse uitgestof. Beoordelaa­rs van oor die hele wêreld vlieg Suid-Afrika toe om die wenner te kies.”

Ash se dogter, Jezebel (ses maande), het sy goeie gene: Sy het onlangs die Jakaranda-stadskou gewen.

Heidi en Ash gaan binnekort Londen toe vir die Crufts-skou. “Dit is ’n groot prestasie vir so ’n klein hondjie,” sê sy.

Gelukkig is die maltees nie bang om te reis nie. “Ash is nie vol draadwerk nie. Hy maak dit vir my baie maklik. Hy stres oor niks,” vertel sy. “Jy kan met hom Kaap toe vlieg en hy dink dis ’n avontuur. Jy kan in ’n vreemde hotel wees en hy dink dit is oulik. Maltese blaf wel, maar Ash is nie ’n blawwer nie. Op skoue is hy tjoepstil.”

Met Ash se lokke klaar gekam, geblaas en toegedraai, gaan hardloop hy onmiddelli­k ’n paar draaie op die grasperk.

’n Mens kan honde skou tot hulle gevorderd is in jare, vertel Heidi. Maar sy wil Ash laat “aftree” wanneer hy vyf is. “My honde is steeds my troeteldie­re en hulle bly net gewone honde.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Ash is Suid-Afrika se topskouhon­d. LINKS: Wanneer dr. Heidi Rolfes sy gesig kam, lê hy gedwee. BO: Heidi draai sy lang hare in papierstro­ke toe en bind dit met rekkies vas sodat hy kan rondhardlo­op.
HOOFFOTO: Ash is Suid-Afrika se topskouhon­d. LINKS: Wanneer dr. Heidi Rolfes sy gesig kam, lê hy gedwee. BO: Heidi draai sy lang hare in papierstro­ke toe en bind dit met rekkies vas sodat hy kan rondhardlo­op.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Heidi het ’n kroos van 12 maltese hondjies. Almal slaap in haar kamer. ONDER: Die diere slaap so saam-saam in hul bedjies. HEEL ONDER: Hul kosbakke en houers met speelgoed op handdoeke in Heidi se kamer.
BO: Heidi het ’n kroos van 12 maltese hondjies. Almal slaap in haar kamer. ONDER: Die diere slaap so saam-saam in hul bedjies. HEEL ONDER: Hul kosbakke en houers met speelgoed op handdoeke in Heidi se kamer.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa