Huisgenoot

’N POLISIEMAN VIR DIE MÉNSE

Bobby was aange daan ngeda an toe hy in die skoene stap van dié wetstoepas­ser wat die lewe vir behoeftige­s betereter maak

- Deur MARELIZE POTGIETER

ELKE dag van sy lewe rig hy karate vir kinders af sonder om geld te vra. Snags gooi hy haweloses met komberse toe en minstens een keer per week sorg hy dat die honger mense op straat ’n warm bord kos kry.

Hoekom? Omdat dié polisiema n met die groot hart glo die“hoe nd ervleisoo mblik ke” maak die lewe die moeite werd. Daardie gevoel wat jy kry wanneer jy weet jy het iets vir iemand anders beteken. Dis hoekom.

Ao. Andries Douglas van Ceres versprei ook boeke onder behoeftige­s. Hy het selfs genoeg naastelief­de in sy hart om ’n 12-jarige kaalvoetse­un op ’n snikhete dag in sy polisievoe­rtuig te laai sodat die kaas wat die kind huis toe moet neem nie smelt nie.

Andries se omgeehart het verlede jaar opslae gemaak toe foto’s van hom met die komberse in die sosiale media versprei word.

“Voor ek vroegoggen­d vir diens aangemeld het, het ek en Génie (sy vrou, Eugenie) om vieruur hoofstraat toe gegaan en van die hawelose mense met komberse toegemaak. Ek hoop van hulle sal voor dagbreek wakker word en wonder wat gebeur het,” het sy inskrywing op Facebook gelui.

Dis ook in die sanger Bobby van Jaarsveld se huishoudin­g in Pretoria raakgesien. Dié weldaad het Bobby se vrou, Annatjie, die idee gegee om Bobby uit te daag om twee dae lank in Andries se skoene te stap. Bobby se roerende ervaring was die tema van die vyfde aflewering van die werklikhei­d s reeks Bobby en Karlien: In Jou Skoene, wat vir die eerste keer op 8 Februarie op VIA uitgesaai is.

In dié episode sien kykers hoe Bobby aangedaan raak toe hy besef wat Andries alles doen. Hy beskryf die polisieman as die “Superheld van Ceres”.

Terwyl ons by Andries (47) en sy borrelende vrou, Eugenie (39), kuier, is hul seuns, Andries jr. (12) en Zanchen (11), wat hulle tuis onderrig, tjoepstil in hul kamers besig.

Die passie vir sy beroep straal uit hom terwyl hy daaroor praat; tog meen hy deesdae se polisiërin­g moet verander. “Ek glo jy moet ’n polisieman in jou gemeenskap wees. Mense moet jou op straat ken. En as jy weet gesinsgewe­ld vind in ’n bepaalde huis plaas, moet jy op ’n Vrydag- en Saterdagaa­nd daar ’n draai gaan maak.”

Om dit te laat gebeur, het Andries onder meer die projek It’s Not Part of My Job Descriptio­n begin. Dit spoor polisieled­e aan om ’n ekstra 10 uur per week te werk. Die Wes-Kaapse polisiebes­tuur steun sy poging.

 ??  ?? HOOFFOTO: Ao. Andries Douglas is ’n bekende gesig op Ceres. NAASREGS: Hy gooi wanneer hy kan ’n kombers oor die haweloses. REGS ONDER: Sy weldade het Bobby van Jaarsveld ontroer in sy werklikhei­dsprogram.
HOOFFOTO: Ao. Andries Douglas is ’n bekende gesig op Ceres. NAASREGS: Hy gooi wanneer hy kan ’n kombers oor die haweloses. REGS ONDER: Sy weldade het Bobby van Jaarsveld ontroer in sy werklikhei­dsprogram.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa