Huisgenoot

MIN REËN: DIS TYD VIR PLAN B NET DRIE MAANDE SE WATER VIR KAAPSTAD?

As deel van Huisgenoot se 101ste bestaansja­ar help ons lesers sin maak van aktuele gebeure. Vandeeswee­k: Hoe ernstig is die waterkrisi­s en hoe kan ons help?

- Deur RICHARD VAN RENSBURG (Blaai om)

OSTUUR ons net so ’n

bietjie reën,” sing die hele land saam met Laurika Rauch die liedjie Stuur Groete aan Mannetjies Roux. O, nee, maan kun diges, reën alleen gaan ons nie dié keer van die kwaaiste watertekor­t in dekades red nie.

Suid-Afrikaners ken droogte. Boere se biddae vir reën is as’t ware deel van ons platteland­se en Afrikaanse kultuur. Maar Kapenaars het einde verlede maand groot geskrik vir gerugte dat die Kaapse metropool en naburige dorpe net genoeg water in hul damme het vir 100 dae. Dit het die gesprek oor waternood opnuut landwyd laat opvlam.

Die Kaapse metro-owerheid het vinnig die vrese probeer besweer deur te sê die betrokke damme behoort teen die begin van die winter reënseisoe­n nog gemiddeld ’n vyfde vol te wees. Nogtans het hulle onmiddelli­k strenger waterbeper­kings ingestel. Intussen het die nasionale regering en kenners ook gewaarsku ondanks die goeie reëns elders in die land gaan verskeie streke steeds gebuk onder kwaai droogte. Ons water verknorsin­g van die afgelope twee jaar het opnuut gewys hoe dringend Suid-Afrika sy afhanklikh­eid van reën sal moet begin verminder, benadruk kundiges. Maar waar anders gaan ons water kry as dit dan nie van reën af kom nie? Hoe lyk die algemene watersitua­sie in die land nou, en hoe kan ons vorentoe ’n werklike katastrofe van straks dolleë damme voorkom? Die damme wat die Kaapse metropool en naburige dorpe soos Stellenbos­ch, die Paarl, Wellington en Malmesbury bedien, was teen die begin van dié maand gemiddeld net 39 persent vol. Volgens Xanthea Limberg, burgemeest­ers komiteelid belas met watersake, verwag die Stad Kaapstad“dat dam vlakke teen die begin van die winter ongeveer 20 persent kan wees as die huidige verbruikpa­troon voortduur”. Dus darem nie leeg soos gevrees is nie.

Maar die stadsbestu­ur sowel as onafhankli­ke kenners maan dit is steeds ’n krisis. “Damvlakke is gans te laag. Dit is moeilik om die laaste 10 persent water uit damme te onttrek,” het die burgemeest­er, Patricia de Lille, op die jongste raadsverga­dering benadruk. (Suiwering is dan feitlik ’n onbegonne taak; daardie

water word as meestal onbruikbaa­r beskou.) Gevolglik beteken dit ons het (reeds skaars) 30 persent water oor om te gebruik,” het Patricia gewaarsku.

Die Suid- Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se vooruitsig­te dat die komende winter dalk ook “nie so nat” sal wees as wat gehoop is nie, het volgens Xanthea bygedra tot die Kaapse metro se besluit om van 1 Februarie die strenger waterbeper­kings van vlak 3B in werking te stel. Vermorsers wat nie wil hoor nie, kan boetes van R3 000 tot R10 000 opgelê word, en herhaalde oortreders kan selfs tronkstraf kry. Ja, moeilike tye verg drastiese maatreëls . . .

Waarskuwin­gs dat Kaapstad en omstreke net water vir 100 dae het, is nie vergesog nie, meen die waterspesi­alis dr. Anthony Turton. “Sulke beramings, gegrond op die heersende aanvraagpa­troon teenoor die beskikbare voorraad, moet ernstig opgeneem word.”

Dié soort beramings is al elders in die land gedoen en was toe in die kol. As voorbeeld noem Anthony die Hazelmere-dam naby Durban, waar die vlak voorverled­e jaar tot sowat 25 persent gedaal het. “Die voorspelli­ngs oor daardie dam was volkome akkuraat.”

Wat die uitdaging in die Wes-Kaap anders maak as ander streke, is dat dit ’n winterreën­val streek is .“Hulle moet water in die winter berg om vir die somer voorsienin­g te maak.” (Dit is ook wanneer hulle sagtevrugt­e en ander landboupro­dukte verbou.)

SO STAAN SAKE ELDERS

Volgens Sputnik Ratau, woordvoerd­er van die nasionale departemen­t van water en sanitasie, was die gemiddelde damvlakke in verskeie provinsies teen einde verlede maand steeds kommerwekk­end:

S In die Wes-Kaap: 39,5 persent, vergeleke met 47,3 persent dieselfde tyd verlede jaar; S KwaZulu-Natal: 45,9 persent, teenoor 54 persent die voorafgaan­dee jaar;

S Oos-Kaap: 58,3 persent, teenoor 72 persent laas jaar; en

S Vrystaat: 55,9 persent, teenoor 54,3 persent verlede jaar.

In Limpopo (61 persent) en Mpumalanga (65 persent) was dit eintlik ook nog nie na wense nie. Damvlakke daar is in hierdie stadium um omtrent dieselfde as verlede jaar dié tyd, terwyl die ideaal is dat hulle heelwat meer moet herstel voor die winter aanbreek.

“Die onlangse reën het gewis verligting gebring en damvlakke in die meeste droogteget­eisterde dele van die land in ’n mate laat styg. Maar sodra dit ophou reën, daal damvlakke weer,” sê Sputnik.

Al word skaflike reën op kort termyn voorspel, moet ons meer water spaar sodat ons beskikbare voorraad langer kan hou.

“Waterbeper­kings bly intussen ook wyd van krag, met vlak 2-beperkings in Limpopo, die Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, dele van Mpumalanga en Noordwes en vlak 3 in die Wes-Kaap.”

BEURTWATER?

Die Kaapstadse stadsraad het gerugte van moontlike doelbewust­e onderbreki­ngs in die watertoevo­er na wonings as onwaar afgemaak. Anthony reken egter die metro kan dalk dieselfde patroon volg as Johannesbu­rg, wat verlede jaar voor die somerreën op ’n kol net ’n week se water in die Vaaldam oorgehad het. “Gebiede soos Midrand en Halfway House was in dié tydperk verskeie kere sonder water.”

Waterdruk is noodgedwon­ge baie verlaag en watertoevo­er selfs met tye gestaak om reservoirv­lakke op te bou. (Die Vaaldam-situasie het wel verbeter nadat ditd met reserwes uit die Sterkfonte­i fonteindam aangevul is.)

’n Groot winkelsent­rum in Midran rand het byvoorbeel­d laas jaar nie gen genoeg water ontvang om sy openbarbar­e toilette te spoel nie. Weens g esonson d hei ds oorwegings moes hulle wat water aanry of hul deure toemaak. Eindelik het hulle toe mobiele toilette op ’n parkeerter­rein opgeslaan.

Dit wys hoe ’n selfs betreklik kort water onderbreki­ng’ n gesondheid­srisiko kan skep, verduideli­k Anthony.

GAAN ’N NORMALE REËNSEISOE­N GENOEG WEES?

Dis onwaarskyn­lik dat die verwagte reën genoeg sal wees “om damvlakke volkome te herstel”, sê Sputnik. Die SAWD het vroeg verlede maand verklaar die kans op bogemiddel­de reënval landwyd in die tydperk tot April het verskraal; daarom kan die somerreënv­al streke’ n moeilike winter verwag.

Oor die Kaapse metro het Barry Wood, die stads e hoof van groot maat waterbestu­ur, verduideli­k :“Ons is nie soseer oor die hede bekommerd nie, eerder oor volgende somer, want dié damme neem tussen een en drie jaar om vol te loop.”

Anthony beaam dit: “Ons het drie jaar agtereenvo­lgens goeie reënval nodig om die droogte heeltemal te breek.”

Mense dink ons waterprobl­eem gaan hoofsaakli­k oor reënval, water beskikbaar­heid en droogte risiko, maar dis baie meer ingewikkel­d. Baie ander faktore speel ook ’n rol, soos riviervloe­i, damberging, die suiwering van grootmaatw­ater, die verspreidi­ng van water na en tussen munisipali­teite, die opvang van riool-afvalwater uit munisipali­teite, en die verwerking van afvalwater voor dit weer in die riviere vrygestel word.

Almal is byvoorbeel­d opgewonde oor die styging in die Vaaldam se vlak, maar dit gaan nie net oor die damvlakke nie; ook oor die water in riviere, sê Anthony.

‘Ons benodig drie jaar ná mekaar goeie reënval om die droogte te breek’

Omdat riviervlak­ke vir lank so laag w was en hulle in dié tyd meestal deur a afvalwater gevoed is, is hulle nou hoogs b besoedel. Vuiler rivierwate­r vloei gevolgl lik in damme en dit raak moeiliker en d duurder om damwater te suiwer.

Riviere moet eintlik met ’n groot vol lume reënwater “skoongespo­el” word. D Dieselfde reënwater moet ook weer ondergrond­se waterbronn­e aanvul.

Veral vir die Wes-Kaap en die Kaapse metro kan die komende maande senutergen­d wees, sê Anthony. “As dit nie dié winter behoorlik reën nie, kom hulle met omtrent leë damme uit hul reënseisoe­n.”

Die metro het wel ’n gefaseerde aanvulling­skema waar oortollige water uit die Bergrivier in die Voëlvleida­m gepomp kan word, maar dit sal waarskynli­k eers oor ’n paar jaar in so ’n mate voltooi wees dat dit ’n beduidende volume ekstra water begin lewer. “Hulle kan dus nog minstens ’n jaar in die nood verkeer,” sê Anthony.

WATERSEKUR­ITEIT: DIE GROTER PRENTJIE EN SLEUTEL UITDAGINGS

Suid-Afrika bly in wese ’n waterskaar­s land – onder die 30 droogstes ter wêreld, sê Anthony. Die amptelike Nasionale Waterhulpb­ron strategie het reeds in 2004 gewaarsku die nasionale watertekor­t sou teen 2025 meer as 2 000 miljoen kubieke meter wees. (Ter illustrasi­e van hoeveel water dit is: Die Thee waters kloof dam kan 480 miljoen kubieke meter water hou.)

Maar ons wateruitda­gings strek veel wy eras onvoldoend­e berging s kapasiteit:

Een van die grootste uitdagings is om die massiewe agterstand in Suid-Afrika se water infrastruk­tuur-op gradering te finansier, sê Anthony. “Weens ernstig eonder besteding die afgelope 20 jaar het ons landwyd’ n kwaai afgetakeld­e water infrastruk­tuur. Die agteruitga­ng, die ineenstort­ingg van infrastruk­tuur, is die groot

risiko, nie soseer droogte nie. Meer as R 80 biljoen jaarliks i sin die volgende dekade nodig om hierdie instandhou­ding sagterstan­d te oorbrug .”

Die gehalte van ons drinkwater is ook in die gedrang en dit hou ’n gesondheid­sgevaar in. “Amper ’n kwart van die land se watersuiwe­ringsaanle­g t ei sin’ n swak toestand en kan nie veilige drinkwater lewer nie,” verduideli­k Anthony.

Probleme met Lesotho-skema: Die Lesotho-hooglande waterproje­k is van sleutelbel­ang vir Gauteng, verreweg die grootste waterverbr­uiker in die land, sê Anthony. Die projek is destyds ontwerp om in fases ontplooi te word. Die eerste fase is voltooi, maar die tweede is nou omtrent vyf jaar agter skedule weens ’n vertraging in die verkryging s proses. Die kontrak is onlangs eers toegeken en vyf tot 10 jaar kan verloop voor die water begin vloei.

“Om dié rede kan die Gautengse en daarom nasionale ekonomie tot minstens 2025 deur te min water gekniehalt­er word,” sê Anthony.

HOE KAN ONS KEER DAT ONS WATER DALK VORENTOE OPRAAK?

Suid-Afrika moet veel wyer kyk as net damme bou, reken Anthony:

Intensiewe herwinning: Ons kan baie meer drinkwater herwin uit die afvalwater wat indiese e vloei. Eiendomson­twikkelaar­s kyk reeds ernstig na nuwe standaarde vir geboue-ontwerp, soos kantoorgeb­oue en winkelsent­rums wat aan groen kriteria voldoen. “Een voorbeeld is die versamelin­g van gryswater in kommersiël­e geboue vir herwinning as riool-spoelwater.” (Dat spoelwater in die waterskaar­s Suid-Afrika steeds uit drinkwa terbr onne kom, is vir baie omgewingsb­ewustes onaanvaarb­aar .) Ontsouting: Die verwerking van seewater tot drinkwater maak veral in kusgebiede sin, sê Anthony. Ons het reeds al die kundigheid­k ndigheid hiervoor.hierv Die regering het byvoorbeel­d reeds’ n ontsouting s projek goedgekeur om Richardsba­ai uit ’n ernstige wat erverkno rsing te red.

Ondergrond­se water: Suid-Afrika se geologie is oor die algemeen nie gunstig vir groot grond waterbronn­e nie, maar daar is uitsonderi­ngs, reken Anthony.

’n Belangrike een is die sogenaamde Tafelberg-akwifeergr­oep. Volgens dr. Chris Hartnady, wat dié moontlike toekomstig­e waterbron help navors, is daar biljoene kubieke meters water in waterdraen­de klip in dié gebied.

Daar is ook beduidende gron dw aterbr on ne naby Oos-Londen en in Noordwes, volgens Anthony.

SO HET ANDER RE ËNAFH ANK LIK HE ID OORKOM

Teen 20 jaar gelede was Israel die mees waterskaar­s land ter wêreld. Maar danksy enorme ontsouting s-en herwinning s projekte het hulle lank reeds genoeg water, verte lAnthony .“Israeli s’ n ideale voorbeeld van wat vermag word as ’n regering ’n behoorlike strategies­e beleid op hoë vlak in werking stel.

“Was dit nie vir ontsouting nie, sou die moderne Arabiese wêreld van Doebai en die Emirate tot Katar ook dalk nie vandag bestaan het nie.

“Australië het ook ’n baie gevorderde benadering tot water.” Hulle benut onder meer reeds op groot skaal sogenaamde dubbel stroom-netwerk verspre idi ngste lsels( du al-strea m reticulati­on

systems), waar huishoudin­gs water van verskillen­de gehalte en pryse vir verskillen­de doeleindes gebruik. Waar jy byv oorbeeld by ons net een munisipale watermeter tuis het – vir die skoon water wat by jou huis inkom – en een riool-uitlaat, het baie huise in Australië twee pype wat inkom. Die een is vir drinkwater, wat duurder kos, en die ander vir gryswater, wat goedkoper is en byvoorbeel­d gebruik kan word om toilette mee te spoel.” S

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa