Huisgenoot

TAMATIE-EN-CHEDDAR-QUICHE

- 1 2 3 4 5 6 7

Maak die quichedeeg vooraf om tyd te bespaar. Quiche hou baie lekker in die yskas – maak ’n grote soos dié en hou die res in die yskas vir daardie onverwagte hongerpyne. GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 30 min. Verkoel: 15 min. Gaarmaak: 1 uur KORS 150 g botter 500 ml (2 k) meel 2 ml (½ t) rooipeper knippie sout 125 ml (½ k) gerasperde cheddar

1 eiergeel VULSEL 2 uie, in skyfies gesny 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk 15 ml (1 e) olyfolie 4 sondroë tamaties,

grof gekap 8 swart olywe, grof

gekap 10 g vars pietersiel­ie,

gekap 250 ml (1 k) cheddar,

gerasper EIERVLA 125 ml (½ k) room 125 ml (½ k) melk 2 eiers, geklits AFRONDING 250 g kersietama­ties,

gehalveer Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n 25 cm-quichepan met kossproei.

Plaas al die bestanddel­e buiten die kaas en eiergeel in die bak van ’n voedselver­werker. Pols tot die mengsel soos broodkrumm­els lyk.

Voeg die kaas en eiergeel by en pols tot die deeg ’n bal om die lem begin vorm – voeg ’n bietjie yswater by indien die mengsel te droog lyk.

Keer die deeg uit en druk saam. Rol uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en voer die quichepan met die deeg uit. Laat minstens 15 min. in die vrieskas rus.

Plaas ’n stuk bakpapier bo-op die

Kors

deegkors en vul met droëboontj­ies of rys. Blindbak 15 min. en haal die bakpapier en boontjies/rys uit.

Braai die uie en knoffel in ’n bietjie olie tot goudbruin en meng met die res van die bestanddel­e. Versprei oor die kors.

Klits alles goed saam en geur met sout en peper. Giet oor die vulsel uit en bak die quiche 20 min.

Vulsel Eiervla Afronding

Pak die kersietama­ties boop die eiervla en bak nog 15 min. of tot heeltemal gestol. Laat effens afkoel, sny in skywe en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa