Huisgenoot

DIÉ WEEK SE WENRESEP

- 2

FRIKKADELL­E MET UIE-HUMMUS EN PLATBRODE

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 30 min. Gaarmaak: 30 min. PLATBRODE 150 g bruismeel 150 g volgraanme­el 5 ml (1 t) bakpoeier 2 ml (½ t) sout sowat 350 ml natuur

like jogurt pietersiel­ieknoffel

botter FRIKKADELL­E 500 g beesmaalvl­eis 1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk 1 eier 5 ml (1 t) elk fyn kaneel, komyn en paprika sout en peper na smaak 20 ml (4 t) worcester

sous 60 ml (4 e) vars broodkrumm­els, geweek in 60 ml (4 e) water 30 ml (2 e) gekapte

platblaarp­ietersieli­e 60 ml (¼ k) gekapte

koljanderb­lare olie om in te braai HUMMUS 1 ui, gekap olie 1 blik (400 g) keker

ertjies, gedreineer 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk 50 ml olyfolie 25 ml (5 t) suurlemoen

sap 60 ml (¼ k) tahini

(sesamsaadp­asta) 5 ml (1 t) fyn komyn sout en peper 60 ml (¼ k) kookwater VIR VOORSIT roket olywe en lemmetjies

Platbrode

Meng die droë bestanddel­e; roer net genoeg jogurt by om ’n stywe deeg te vorm. Knie liggies en laat dit 10 min. rus.

Verdeel in 10 bolle- tjies en rol elkeen in ’n dun sirkel uit. Braai in ’n verhitte riffelpan van gietyster, sowat 2 min. per kant. Verf alkant met gesmelte botter.

Frikkadell­e

Meng al die bestanddel­e en vorm langwerpig­e frikkadell­e. Braai in ’n bietjie verhitte olie tot bruin, plaas die deksel op en verhit tot gaar. Ryg elkeen aan ’n stokkie.

Braai die ui stadig in ’n bietjie verhitte olie tot goed gekaramell­iseer. Laat effens afkoel en verwerk in ’n voedselver­werker saam met die res van die bestanddel­e tot ’n gladde, romerige pasta.

Sit die frikkadell­e voor saam met die platbrode, hummus, roket, olywe en lemmetjies.

Hummus Vir voorsit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa