Huisgenoot

PORNO DRYF HAAR UIT DIE HUWELIKSBE­D

- Hartseer van Gauteng

Ná ’n huwelik van 25 jaar het ek eendag tot my skok uitgevind hoekom my man toe al etlike maande nie meer aan my raak nie. Ek het hom betrap dat hy op sy rekenaar pornografi­e kyk. Hy voel daar is niks mee verkeerd nie. Die etlike maande is nou al amper vyf jaar. Hy kla as ek ’n bietjie televisie kyk, maar hy sit elke nag van middernag tot vyfuur sekstonele en kyk. Dan eers kom klim hy in die bed. Wanneer hy inklim, staan ek op. Die wete waarmee hy besig was, walg my soveel dat ek wil opgooi. My huwelik is liefdeloos. Vir party huweliksma­ats is pornografi­e ’n manier om angs te beheer, plesier te ervaar en deur visuele stimulerin­g ontvlugtin­g te soek. Soos met enige ander verslawing moet die pornografi­ekyker mettertyd ál meer daarvan in sy lewe toelaat om dieselfde fisiologie­se en emosionele reaksie te kry.

Wanneer jou huweliksma­at telkens ’n fantasie bo jou kies, steel dit iets by jul verhouding en ook by jou menswees.

Net soos ’n dwelmafhan­klike nie dadelik kan ophou dwelms gebruik nie, kan ’n porno-verslaafde ook nie skielik hierdie fantasiele­we prysgee nie.

Vyf jaar is ’n lang tyd. Die emosionele innigheid wat gesonde, vervullend­e liefdespel meebring, is nie meer deel van jul verhouding nie. Die skade aan jul verhouding maak van hierdie jare ’n verlore tyd.

Dit is sy verslawing, maar omdat hy dit nie as sodanig wil erken nie, gaan hy niks daaromtren­t doen nie. Jy het geen werklike lewe saam met hierdie man nie. Uit respek vir jouself sal jy die leiding moet neem as jy die situasie wil verander.

Uit jou ontnugteri­ng lei ek af jy weet jy sal nie jou man sover kan kry om vir berading te gaan nie. Jy kan wel sonder hom na ’n berader gaan. Dan kan jy sterk genoeg in jouself word om goeie besluite oor jou toekoms te neem.

Moet jou nie emosioneel verlam deur jouself hiervoor te blameer nie. Dit is sy probleem en hy moet daarvan wil herstel en daarvoor hulp soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa