Huisgenoot

MALAWI TOE IN ’N LUIKRUG

-

NS bestuur die kragtige Renault Mégane GT, ’n nuwe Franse vuurwa met indrukwekk­ende eienskappe wat op ’n interessan­te manier van rigting verander. Stuur ’n motor met sy voorof agterwiele? (Wenk: Dit is ’n strikvraag.) Dis mos die voorwiele, nie waar nie?

Daar is wel motors wat gelyk met die voor- en agterwiele stuur, motors soos die nuwe Mégane GT. Die agterwiele draai egter nie so skerp soos dié voor nie – teen ’n hoek van omtrent 3 grade. Voorstande­rs hiervan glo dit stuur ’n motor meer doeltreffe­nd. En in die GT?

Met sy gespierde vorm is dié Renault gewis aantreklik. Onder jou vingers voel die kajuit soos ’n Audi s’n. Die gerieflike sportsitpl­ekke voor ondersteun goed. Agter sal twee langes met gemak kan sit en die bagasiebak is groot.

Waar die bestuurder se linkerhand vat, sit ’n enorme raakskerm vir satellietn­avi- gasie, klankverst­elling, ensovoorts. Die stelsel is nie gebruikers­vriendelik nie en soms halsstarri­g – net soos die GT se dubbelkopp­elaar outomaties­e ratkas ( met sewe ratte). Dié ratkas is gekoppel aan ’n vurige 1,6 Lpetrolenj­in met ’n turboaanja­er wat 151 kW en 280 Nm na die voorwiele moker. Dit maak hom vinnig, maar sy padgedrag pla soms.

Op growwe stadspaaie herinner hy aan ’n oorgewig hindernisa­tleet: Hy land te hard. En werk die vierwielst­uur? Ja, gedeelteli­k. Dit verklein sy draaisirke­l teen lae snelhede, maar teen hoë snelhede laat dit die kar nie veiliger of beter as sy teenstande­rs stuur nie. Is die ekstra kompleksit­eit, gewig en koste die sous werd?

Ons ry ook van Johannesbu­rg tot in Malawi met die imponerend­e nuwe Suzuki Baleno, ’n klein staatmaker met nugtere gewoontes. “Met wat?” het mense gevra toe ek noem ek is met ’n Suzuki Baleno na Malawi. Eerstens is dit nuut en nog onbekend; tweedens is dit ’n gewone luikrugmot­or, iets wat nie sommer met reise na buurlande verbind word nie. Ek wou juis kyk of ’n gewone kar gepas is vir so ’n reis.

Van Beitbrug is ons deur Zimbabwe en Mosambiek na Blantyre, Malawi. Die Baleno se petrolverb­ruik was net 4,7 L/100 km. Dis danksy ’n gewig van net 915 kg (sonder mens of vrag) en Suzuki se doeltreffe­nde 1,4 L-enjin. Dit het nie ’n turbo nie, maar omdat die motor so lig is, is sy maksimum kraguitset van 68 kW en 130 Nm voldoende.

Die enjintjie is gemaklik met hoë toere en die vyfganghan­dratkas skakel ligweg oor. Die Baleno behoort tot die Polo-klas, maar voel ruimer binne as sy klasmaats en sy bagasiebak is groot. Die bestuurder­sitplek is gerieflik en ek kon 3 000 km ry sonder dat my lyf moeg geword het.

Die Baleno het baie stan-daardkenme­rke. Leersitple­kke skort, maar teen sy prys kan jy dit nie verwag nie.

Die Suzuki het modderige grondpaaie maklik baasgeraak, maar twee dinge het hom amper gestuit: ’n botsing met ’n groot tarentaal het die lugreëlaar vermorsel en ’n diep slaggat het ook skade veroorsaak.

Al het die Baleno ons veilig tuisgebrin­g, sal ek volgende keer die grootste bakkie vat wat ek kan kry, met hoëprofiel­bande en ’n bosbreker wat die verkoelers beskerm.

O

 ??  ?? SUZUKI BALENO 1.4 GLX (HANDRAT)
SUZUKI BALENO 1.4 GLX (HANDRAT)
 ??  ?? RENAULT MÉGANE GT 1.6 TURBO (OUT.)
RENAULT MÉGANE GT 1.6 TURBO (OUT.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa