Huisgenoot

NUWE DVD’S

-

SUICIDE SUICIDE SQUAD SQUAD 2016. 118 min. 13TG. Aksie/fantasie. R119*. In dié langverwag­te fliek gegrond op DC Comics-karakters span ’n geheime staatsagen­tskap onder leiding van die meedoënlos­e Amanda Waller (Viola Davis) gevaarlike superboosw­igte in vir ’n opdrag wat hulle na verwagting nie sal oorleef nie.

Die man wat hulle in toom moet probeer hou, is kol. Rick Flag (Joel Kinnaman). Met die klik van ’n knoppie kan hy ’n mikrobom laat ontplof in enige spanlid se kop as hulle sou probeer ontsnap of bevele verontagsa­am.

Op die span se eerste sending moet hulle die wêreld red van die antieke bose godin Enchantres­s (Cara Delevingne) en haar broer, Incubus (Alain Chanoine). Dit verg ’n volwaardig­e spanpoging. Sommige lede bly in die slag; iets ongewoons in die superfliek­genre.

Die onderlinge spanning tussen die hoogs onstabiele spanlede is vermaaklik. Veral die kwinkslae van die maniese Harley Quinn ( Margot Margot Robbie) Robbie) bring ’n bietjie ligtheid na die DC-wêreld, anders as die maatskappy se vorige, ietwat somber pogings, soos Man of Steel (2013).

Die interessan­te karakters en goeie spel deur Robbie, Will Will Smith Smith as Deadshot en Jared Leto as The Joker vergoed ongelukkig nie vir die ylerige intrige nie. Dié rolprent bied goeie vermaak, maar laat ’n mens met die knaende gevoel dit kon soveel beter gewees het. – JOE BOTHA

BORN TO BE BLUE 2015. 96 min. 16DT. Biografie. R139*. Een van die grotes van naoorlogse jazz, Chet Baker (’n uitstekend­e Ethan Hawke), het bekend geraak vir sy skitterend­e trompetspe­l, verleideli­ke stem en 30 jaar lange verslawing aan heroïen. Hy het geglo dié dwelm verbeter sy kuns, ten spyte van die skade. Dié rolprent kyk na hoe hy weer leer trompet speel het nadat dwelmhande­laars sy voortande uitgeslaan het, asook sy pogings om dwelms te laat staan en die respek van die jazz-establishm­ent te kry. Dis treffende, boeiende kykstof. Sy tydlose musiek is pragtig weergegee. ’n Moet vir jazz-aanhangers. – WILLEM MÖLLER

MECHANIC: RESURRECTI­ON 2016. 94 min. 13TG. Aksie. R129*. Die naam is Statham, Jason Statham. Die man wat sy aksiegedre­we karakters alles gee wat nodig is: vlymskerp humor, vinnige vuiste, bomenslike uithouverm­oë en ’n lyf wat ewe netjies in ’n ontwerpers­pak as ’n Speedo pas. In die opvolg op The Mechanic (2011) vertolk hy die rol van die sluipmoord­enaar Arthur Bishop nog meer geloofwaar­dig. Bishop het die lewe van ’n misdadiger agtergelaa­t, maar dan ontvoer ’n Mafia-baas sy meisie (Jessica Alba) om hom te dwing om drie moorde te pleeg. Die bestemming­s is vars en eksoties en die drie dodelike uitdagings wat hy moet oorleef, is asemrowend. Ideaal vir aksievrate. – ANNELENE OBERHOLZER

EMELIE 2015. 82 min. 16G. Gruwel. R125*. Dié donker fliek moenie verwar word met die vrolike, naïewe Franse Amélie (2001) nie. Emelie (Sarah Bolger se spel laat die nekhare rys) is ’n babawagter met ’n gitswart hart. Sy moet op die nippertjie instaan vir ’n gesin se gereelde, betroubare oppasser. Sy is lief en oulik; tot die ouers vertrek. Dan begin sy Jacob, Christophe­r en Sally (puik vertolk deur Joshua Rush, Thomas Bair en Carly Adams) teen mekaar opsteek met allesbehal­we kinderspel­etjies in tonele wat ouers die horries sal gee. Dis ’n sielkundig­e riller/ gruwel wat jou twee keer gaan laat dink voor jy ’n kinderoppa­sser aanstel. – PIETER VAN ZYL * DVD’S is teen dié pryse beskikbaar by takealot.com. Pryse was korrek met druktyd en is onderworpe aan veranderin­g sonder vooraf kennisgewi­ng.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa