Huisgenoot

KRUIP-KRUIP MODELEER UIT

Millie-Belle is nog skaars drie bakstene hoog, maar danksy haar internetro­em as modepop is sy op pad New York toe

- Saamgestel deur LARA ATSON

STAAN opsy, Harper Beckham en North West! Deesdae het ’ n nuwe modepoppie die wêreld aan haar voete. Sy is wel minder bekend as Victoria en David Beckham se dogter en dié van Kim Kardashian West en haar man, die rapper Kanye West, maar Millie-Belle Diamond het ’n klerekas wat menige volwasse modeslaaf haar sal beny. Dit hang vol ontwerpers­klere en handsakke met gesogte etikette: Gucci, Versace, Louis Vuitton . . . noem maar op.

Dié Australies­e kleinding was skaars uit haar doeke, toe spog sy al met haar eie modereeks, MBD. Reeds op die ouderdom van 18 maande het sy in die glanstydsk­rif Marie Claire verskyn en vandag het sy aanhangers wêreldwyd.

Nou maak die blouoogpeu­ter by die New Yorkse Modeweek haar loopplankd­ebuut, en dit sowaar net ’n week ná haar derde verjaardag op 4 Februarie, vertel haar trotse ma, Schye Fox, aan Huisgenoot. Daar gaan sy die jongste model wees wat skeppings uit die Australies­e kindermode­reeks Little Miss Aoki vertoon. Dit is ’n eenvoudige­r weergawe van Mischka Aoki, die ontwerper Winnie Aoki se haute couture-reeks vir meisies.

Van koninklike­s tot Hollywood-sterre vat graag hul kleingoed in dié weelderige skeppings uit. Die ikoniese Harrods in Londen het een van hul rokke, kompleet met blomme van 24 karaat goud en honderde Swarovski-kristalle, laas jaar teen sowat R1,2 miljoen te koop aangebied.

Die ontwerpe wat Millie-Belle in New York sal vertoon, is glo minder uitspattig. Sy en haar ma is in die wolke oor die uitnodigin­g. “Dis gek! Ons kan dit steeds nie glo nie,” het Schye (38), wat tot verlede jaar’ n plastiese chirurgie praktyk in Sydney bestuur het, in’ n onderhoud gesê.

En moenie dink die bloedjong model is skrikkerig vir dié debuut nie. Sy is al

gewoond daaraan om haar lyf op Instagram model te hou. Sy het ook al modelwerk gedoen vir die Pretty Little Liarsaktri­se Tammin Sursok se kindermode­reeks, Stella Phoenix.

Nou sien Millie-Belle daarna uit om vir die eerste keer op die loopplank te wees. “Sy praat elke dag daaroor en oefen elke dag hoe sy gaan stap,” het Schye al gesê. “Dis nogal snaaks. Sy sal tot aan die einde van die gang stap en haar agterstewe wikkel. Sy is so opgewonde.”

Sy was net twee maande oud toe haar ma ’n Instagram-profiel skep sodat familieled­e elders in Australië haar kon sien grootword. Schye speel self stilis vir haar dogter, neem kiekies en deel dit dan op dié sosiale netwerk. Millie-Belle het drie ouer halfsuster­s en drie halfbroers uit haar ouers se vorige huwelike. Eers het haar susters gespot Millie-Belle het net 70 likes.lik “Wel,“W l hulleh ll l lag niei meer nie,” laat haar ma triomfante­lik hoor.

As vyf maande oue baba het sy kitsroem aanlyn verwerf toe ’n foto van haar in Julie 2014 verskyn op die Instagramb­lad @fashionkid­s, wat deesdae 3,8 miljoen volgers het. “Hulle het ’n foto van haar gedeel in ’n oulike uitrusting met ’n strikkie met’ n luiperd vel patroon en dit het wêreldwyd versprei,” onthou Schye.

Toe sy haar oë uitvee, het modehuise klere gratis na hulle begin stuur in die hoop dat Millie-Belle daarin sou poseer vir kiekies wat aanlyn geplaas sou word. Sy word nie ’n sent daarvoor betaal nie, sê haar ma aan Huisgenoot.

Ja, daar is dié wat gal braak en sê sy buit haar kind uit. “Dis belaglik,” sê Schye vir ons. “Benewens die klere wat vir haar gestuur word, moet ek steeds klere koop om by te hou by die modeneigin­gs.”

Dit werk duidelik. Deesdae het MillieBell­e selfs meer aanhangers as bekende spruite soos die Kanadese model Coco Rocha se dogter, Ioni (amper 2). Dié het op een week al ’n Instagram-profiel gehad. Sy het nou net meer as 52 000 Instagram-volgelinge, maar Millie-Belle stof haar ver uit met 139 000 aanhangers.

Al sit die meisie van Doer Onder geen modevoet verkeerd nie, gedra sy haar tuis soos enige ander peuter. Sy geniet dit om strand toe te gaan, te dans en blomme te pluk. En vanselfspr­ekend is sy haar pa, Mick (44), ’n oudsoldaat, se oogappel.

“Sy volg hom heeltyd,” het haar ma al op Facebook vertel. “Heeldag dans, sing en speel hulle kombuis-kombuis en sy vat haar in verskillen­de uitrusting­s uit.” Laasgenoem­de geniet die modepoppe natuurlik die heel meeste. BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, KIDSPOT.COM.AU, INSTAGRAM, FACEBOOK, HARPERSBAZ­AAR.COM, MANLY DAILY, TIME.COM, MARIE CLAIRE, BCKONLINE.COM

 ??  ??
 ??  ?? VAN HEEL LINKS: Die Australiër Millie-Belle Diamond is een van die stylvolste kleingoed op Instagram; op 11 Februarie maak die kleinding – hier geklee in ’n Charli & Bea-rok en Mama and Co.skoene – by die New Yorkse Modeweek haar loopplankd­ebuut; dis...
VAN HEEL LINKS: Die Australiër Millie-Belle Diamond is een van die stylvolste kleingoed op Instagram; op 11 Februarie maak die kleinding – hier geklee in ’n Charli & Bea-rok en Mama and Co.skoene – by die New Yorkse Modeweek haar loopplankd­ebuut; dis...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa