Huisgenoot

VERHOOG JOU HUISWAARDE

Met huisverkop­e traag en -pryse e laa laag, moet jy as verkoper jou plek so aanloklik moontlik laat lyk – h hier’s slim sakpaswenk­e

- Deur MIEKE VLOK

JY BETAAL al jare lank getrou jou huispaaiem­ent en is trots op die plek wat jy jou tuiste gemaak het. Maar noudat jy dit wil verkoop, lyk dit asof niemand in jou eiendom belangstel nie. Skort iets met jou huis? Moet jy bekommerd wees? Jy is nie al huiseienaa­r wat so voel nie, want huisverkop­e in Suid-Afrika is inderdaad traer as voorheen.

“Die eiendomsma­rk het met sowat 20 persent afgeneem sedert vroeg 2015,” sê Samuel Seeff, uitvoerend­e hoof van die Seeff-eiendomsgr­oep, oor die uitwerking van die swak ekonomie.

Volgens hom is huisverkop­e veral traag op die platteland en op myndorpe in die noorde van die land. In stede het verkope aan die bopunt van die mark en in laer prysklasse afgeneem.

“Huise in die Wes-Kaap verkoop sedert 2013 die beste, met huispryse wat gemiddeld met 9,7 persent gestyg het in 2016,” sê San dra Gord on ,’ n senior navorsings­ontleder by Pa mG o l ding Properties. “Die styging van 5,4 persent in huispryse in KwaZulu-Natal is bo die landwye gemiddelde van 4,9 persent, maar in Gauteng het pryse in 2016 met net 3,8 persent toegeneem,” sê sy.

Veral myndorpe word hierdeur geraak, maar dele van Pretoria en Johannesbu­rg bly sterk, sê sy.

Daarby was die waarde van middelslag­huise in ons land in September verlede jaar

die laagste die afgelope vier jaar, sê Jacques du Toit, ’n eiendomson­tleder by Absa. “Die gemiddelde prys van ’n middelslag­huis was in September 2016 sowat 12 persent laer in reële terme as in 2007, toe huispryse ná inagneming ing van inflasie ’n hoogtepunt bereik het.”

Talle kenners het aan Huisgenoot­noot gesê verkopers sukkel hoofsaakli­k ik omdat hulle te veel geld vir hul l huis wil hê. “Die eiendomsma­rkrk indiein die Centurion-omgewing ewing is steeds baie bedrywig edrywig en net verkopers rkopers wat hul prys t e hoogog maak, , sukkel . Dit geld vir alle prysklasse,” ysklasse,” sê Steve e van Wyk van Seeff. ff.

Al diéé nuus is genoeg om huiseienaa­rs se moed in hul skoene ene te laat sak, maar r gelukkig is daar stappe appe wat jy kan doen en om jou eiendom m sommer baie aanloklik nloklik vir kopers te e maak – en jy sal nieie eens ’n’ n tweede verband nodig hê omm daarvoor te betaal nie.

Stel die kombuis en badkamer er eerste

“Die goueoue reël is om eers ditt wat stukkend is, reg te maak. Dan begin jy mooimaak,” sê Wicus cus Pretorius,

redakteur van die dekortydsk­rif Tuis. “Dit help nie jy belê in nuwe blindings terwyl die mure vol krake is nie nie. “As kopers eers een probleempr­obl oplet, raak hulle a agterdogti­g oor die hele huis.” Hy sê eienaars skeep dikwels die vloer en plafon af. “Dink daaraan as ekstra mure en maak seker dit is skoon en sonder krake of gate.” Sorg dat daar geen muf of klammighei­d in die badkamers is nie en krap ou voegbry tusse tussen teëls uit en vervang dit. “Dis ’n onaangenam­e taak,” w waarsku Wicus, “maar jy sal d dankbaar wees jy het dit g gedoen.” Maak ook so met o ou silikoon. J Jou kombuis en badkamer kan jou huis se waarde maak of br breek, voeg die Kaapstadse bour bourekenaa­r Jandré Botha by. “A “As jy dit kan bekostig, vervang die vloer- en muurteëls in joujo kombuis en badkamer. Jy ka kan ook die kaste oorverf of vern vernis,” sê hy. Hee Heelparty kombuise is toege toegerus met plek vir ’n suig suigwaaier bo die sto stoof, maar m mense vers suim om d dit te laat in insit. “Dit laat jou kombuisk onvolledig lyk,” sê Jandré. ’n’ n M Mens kry suigwaaier­s wat minder as R1 00000 kos. Verf is ’ n wonderlike hulpmiddel,hulpm sê die dekorstili­sdekorst Shelly Bergh. ““JyJy kank mure, melamienk melamienka­ste, hout en meubels verf. Niks laat ’ ’nn plek so nuut lyk soos ’n eenvoudige laag verf nie.”

“Die spatplate agter krane en die o oond kan deur mooier teëls vervang word,” sê Jandré.

Gasstowe is nou hoog in die mode, volgens Jandré en Wicus. “Enigiets ekovriende­liks is aanloklik,” sê Wicus. “As jy dit kan bekostig, is sonkragpan­ele, ekogloeila­mpe, ’n gryswaters­telsel en sonkraggei­ser goeie opsies.”

Veiligheid is vir mense baie belangrik, sê Wicus. ’n Interkom by jou voordeur wek ’n goeie indruk; dit kos sowat R500. Diefwering is ook goeie raad, maar dit moet roesvry wees en eenvoudige lyne pleks van krulle en draaie hê. Sorg dat veiligheid s afwerkings by jou huis se kleur en styl pas. As jy in ’n wit huis woon, is wit diefwering byvoorbeel­d raadsaam.

’n Lugversorg­er of plafon wat geïsoleer is, skep ’n luukse atmosfeer, sê Jandré. “Hou die installasi­e-sertifikat­e sodat jy dit vir moontlike kopers kan wys.”

Klein veranderin­gs maak ’n groot verskil

“Vervang kasdeure en deurknoppe met nuwer, moderne weergawes,” sê Wicus. “Metaal ligskakela­ars pleks van wit plastiek weergawes lyk duursaam .”

Metaal vertoon luukser as plastiek; hou dit in gedagte met dekor en afwerkings vir items soos handdoekre­lings. ’n Laag metaalkleu­rige spuitverf kan plastiekit­ems duurder laat lyk.

Dit is duur om krane te vervang, maar dit verander die hele voorkoms van jou kombuis en badkamer, sê Jandré.

“Kyk na jou gordyne en maak seker dis nie verbleik of aan flarde nie,” sê Shelly.

Blindings lyk luukser as gordyne, sê Jandré. Net so wek skuifdeure ’n beter indruk as gewone deure wat oop- en toeswaai; dit bespaar boonop plek.

Teëls bly gewild, meen Wicus. As jy ’n hout- of blokkiesvl­oer onder jou matte het, kan jy die matte gerus uithaal, sê Shelly.

Los kabels en koorde wat by toestelle uithang, lyk sleg. Ryg dit deur ’n goedkoop plastiekpy­p of ou gordynstaa­f, of koop ’n spesiale roetering-passtuk (“trunking”) daarvoor by ’n ysterwarew­inkel en sit dit teen die muur vas, sê Jandré.

Sorg dat kas- en skuifdeure geolie is en glad oop- en toemaak en vervang laaie se skuiwerwie­le as dit stram is, sê Wicus.

Min kopers stel deesdae belang in ’n swembad, want dit verg baie moeite en water is skaars, sê hy. As jy wel een het, moet dit netjies en skoon wees.

“Snoei struike en bome en verwyder onkruid wat by plaveisel groei,” is Shelly se raad. Gruis of klippies en waterslim kaktustuin­e is gewilde alternatie­we.

Hou dit eenvoudig

Die goue reël is om dinge minimalist­ies en ordelik te hou, sê Shelly.

Hoe meer goed jy in jou huis het, hoe groter is die kans dat iets nie in kopers se smaak val nie.

“Treffende detail soos ’n helder stoof of bont muurpapier is nie almal se styl nie,” sê Wicus. “As jy iets unieks wil doen, verf ’n muur of kaste wat jy maklik weer kan oorverf sodra jy jou huis wil verkoop.”

“Slaan alle onnodige mure uit,” sê Jandré, want groot, oop ruimtes lyk duurder. Spieëls is ’n slim manier om vertrekke groter te laat voorkom.

Hoe meer kunsmatig iets lyk, hoe goedkoper lyk dit, sê Shelly. Bly byvoorbeel­d liefs weg van kunsgras en plastiek wat goedkoop voorkom.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa