Huisgenoot

TIEN UIT TIEN, SUSTERS!

Die Kennedysus­ters het bekend geword vir hul romanses met Dozi en kie; ’n dekade later is hulle dolgelukki­g – en nog net so mooi

- Deur MARELIZE POTGIETER

LANG blonde lokke, ’n perfekte vel en slanke figuur. Dis wat ’n mens in drievoud sien wanneer jy die Kennedysus­ters ontmoet. Dié blondines is al jare die toonbeeld van skoonheid, en van ouer word is daar geen teken nie. Langer as ’n dekade gelede het ons hulle leer ken vir hul romanses met bekende vrygeselle. Donna Kennedy-Meyer (38) was aan die sanger Dozi se sy; Shari (37) was eers die Springbok AJ Venter se nooi en toe Ferdinand Rabie van Big Brotherfaa­m s’n. Hul laatlamsus­sie, Kim (31), was toe nog op skool.

Donna en Shari se destydsey verhou- dings het skipbreuk gely, maar kort daarna is Donna met die gewese Blou Bul Wim Meyer (41) getroud. Shari het met die Kaapse sakeman Tobie Mynhardt afgehaak, maar hulle is geskei.

Sy was intussen op ons voorblad toe dit bekend word sy was een van die mense wat Oscar Pistorius bygestaan het in die moeilike dae nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, doodgeskie­t het (Oscar se blonde steunpilaa­r, 1 Oktober 2015).

Deesdae gaan dit goed met dié drie. Hulle straal van selfvertro­ue en geluk. Donna en Shari is bly hulle woon weer in dieselfde provinsie: Shari in die Kaap, en Donna en Wim sedert April 2016 op Stellenbos­ch ná sewe jaar in Pretoria.

Die twee oudste susters het ook ma geword, Donna van Lilah (7) en Josie (5) en Shari van Lucca (10) en Andréa (8).

Ons ontmoet hulle op Stellenbos­ch. “Dit is heerlik om Donna naby te hê,” sê Shari. “Ons verlang net na Kim.”

Sy moes reeds Miami toe vertrek van waar sy as persoonlik­e assistent op ’n luukse seiljag werk en die wêreld vol toer.

DONNA was ’n model in Amerika, maar werk nou al 12 jaar landwyd as voorkomsko­nsultant, grimeerkun­stenaar en stilis. Haar ondernemin­g op Stellenbos­ch gedy. Shari, wat ook stilering en modelwerk

doen, stel vir welgesteld­e toeriste van oorsee plaaslike vakansiepa­kkette saam.

Al lyk hulle eenders, verskil dié twee hemelsbree­d, sal hulle jou gou vertel. “Ek dink ek is dalk ’n bietjie ernstiger as Shari,” sê Donna. “Ek het wel ’n humorsin en is sosiaal, maar nie so sosiaal soos sy nie.”

Shari is vriendinne met onder andere Minki van der Westhuizen en Clare Wiese-Wentzel en was strooimeis­ie op albei se troue. Sy is ook goed bevriend met Oscar se suster, Aimée, maar het nie meer kontak met hom nie.

Shari het intussen ’n nuwe liefde. Sy en die sakeman Japie van Niekerk, van Witrivier, is al ’n paar maande saam. “Ek wou nie op afsprake gaan nie en wou hê dit moes natuurlik gebeur. Dis nog ’n nuwe verhouding en ek geniet dit net.”

HUL ma, Ymile ( 62), en pa, Arwie (79), het destys gevra die Here moet ingryp as Dozi en Ferdinand nie hul skoonseuns word nie. (Shari: Ek bid vir ’n trouman, 27 November 2003). Ymile, ’ n oudpolitik­us van die ACDP, en Arwie bedryf deesdae ’n gastehuis op Onrus in die Suidwes-Kaap. Arwie is nog betrokke by sy pekanneut- boerdery op Upington en die familie kuier so gereeld moontlik saam.

Kort daarna het albei susters wel hul verhouding beëindig. Donna sê sy was toe deurmekaar met ’n “verkeerde man”, al het haar pa haar ernstig bly waarsku. “In dié tyd is ek deur hel. Tog het ek God toe die beste leer ken en ervaar.” Sy wil nie uitwei oor dié ervaring nie, maar sê sy dink ’n mens maak maklik verkeerde keusesk as jy onseker van jouself is.

Donna en Wim was lank net kennisse, maarm toe hulle mekaar in 2005 by ’n erediensd raakloop, het albei geweet hulle is troumaats.t Vyf maande later het hulle verloofv geraak (Trouman so uit ’n sprokie,k 23 November 2006). Ná twee jaar op KnysnaK en twee en ’n half in Frankryk, waarw Wim vir die klub Albi rugby gespeel het,h het hulle Pretoria toe getrek ter willew van sy werk as rugbyagent.

SHARI het jare gelede saam met haar ma die land platgereis om in opdrag van ’ n Christelik­e tydskrif praatjies oor die huwelik te hou, iets waaroor Ymile passievol was. Shari sê dit was swaar om te aanvaar sy is geskei, veral omdat sy toegewy aan haar huwelik was en haar ouers al 40 jaar gelukkig getroud is. “Dit was ’n geweldige hartseer tyd. Ek het die Here dikwels gevra hoekom juis ek moes skei.

“Maar ek sal nooit vergeet nie hoe ’n vrou (lank tevore) ná ’n praatjie vir my gesê het: ‘Jy verstaan nie my pyn nie.’ En ek het besef dis heeltemal waar.

“Ná my egskeiding het ek baie eensaamhei­d beleef, maar nou het ek begrip vir vroue se hartseer, veral dié wat geskei is,” sê sy. Shari glo dis haar roeping om met gebroke vroue te werk. Sy hoop om eendagg weer die land vol te toer en met dié te werk wat seergekry het.

Donna is steeds passievol oor haar werk, maar sê sy moes die laaste jaar of wat veranderin­gs aanbring. “Ek het verlede jaar skielik baie lewensmoeg gevoel. Alles het vreeslik oppervlakk­ig vir my geraak en my uitgeput. Ek is al 12 jaar besig met mooimaak, mooimaak, mooimaak.”

Sy het gevoel God roep haar om haar ook toe te spits op innerlike skoonheid. Nou bied sy ’n afrondings­kursus, Total Image, aan om veranderin­g van binne na buite te bewerkstel­lig. Hierdeur, vertel sy, het sy haar passie en energie teruggekry.

Ook danksy haar werk het Donna bevriend geraak met Karlien van Jaarsveld.

AL IS kleinsus Kim meestal ver weg, bly sy in aanraking met haar mense. “Familie is alles,” laat hoor sy uit Miami. “Al was ek al in amper die hele Europa, Mexiko en Brasilië, is dit die lekkerste om terug Suid-Afrika toe te gaan.”

Op haar reise het sy al met bekendes te doen gekry en selfs vir Uma Thurman en Liam Neeson as gasvrou op superluuks­e seiljagte gewerk. Tog hoop sy sy kan binnekort vir goed huis toe kom.

Donna sê met die jare was dit soms moeilik wanneer mense die susters met mekaar vergelyk het. Sy moes leer elke mens het kenmerke wat hulle uniek maak. “Dit het lank geduur om vrede te maak met wie ek is en hoekom ek so gemaak is en nie soos Shari of Kim nie. Dis omdat mense my pad gaan kruis wat net ek met my unieke eienskappe kan help.

“Dis baie bevrydend wanneer jy kan besef wat jou goeie eienskappe is.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? VAN HEEL LINKS: Ferdinand Rabie en kleinsus Kim in die dae toe hy en Shari saam was; Dozi en Donna; Karlien van Jaarsveld en Donna is goeie vriendinne vandat sy dié sangeres touwys gemaak het in klerekasbe­planning.
VAN HEEL LINKS: Ferdinand Rabie en kleinsus Kim in die dae toe hy en Shari saam was; Dozi en Donna; Karlien van Jaarsveld en Donna is goeie vriendinne vandat sy dié sangeres touwys gemaak het in klerekasbe­planning.
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Nog so mooimooi. Die Kennedy-sus-Kennedy- susters is van links Shari, Kim en Donna. HEEL BO: Shari (links) was ’n blommemeis­ie vir Clare Wiese. BO: Sy en Kim (links) was blommemeis­ies vir Minki van der Westhuizen.
HOOFFOTO: Nog so mooimooi. Die Kennedy-sus-Kennedy- susters is van links Shari, Kim en Donna. HEEL BO: Shari (links) was ’n blommemeis­ie vir Clare Wiese. BO: Sy en Kim (links) was blommemeis­ies vir Minki van der Westhuizen.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Shari en haar seuns, Lucca (links) en Andréa. LINKS: Donna, wat ala deur diep water is, is nou gelukkig getroudg met die gewese Blou Bul Wim Meyer. Hier is hulle by hul kroos, Josie (onder) en Lilah.
BO: Shari en haar seuns, Lucca (links) en Andréa. LINKS: Donna, wat ala deur diep water is, is nou gelukkig getroudg met die gewese Blou Bul Wim Meyer. Hier is hulle by hul kroos, Josie (onder) en Lilah.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa