Huisgenoot

SWAAR TYE BLUS NIE ONS VLAM

Ná ’n huwelik van 18 jaar het David en Victoria hul troubeloft­estes hernu en daarmee gerugte van onmin besweer

- Saamgestel deur LARA ATSON ON

HUL troue was nie ’n eennvoudig­e affêre nie. Bypassende goue trone vir die bruidspaar en ’n beeldjie van die twee poedelnaak op hul drielaagtr­oukoek, wat met ’n swaard gesny is, het die hele wêreld laat regop sit. Daar was 230 gaste toe ’n enkele wit duif f tydens die trouseremo­nie in die weelderige Ierse kasteel vrygelaat is.

Gemeet aan 1999 se standaarde, was s die bruid ’n visioenêre verskynsel in ’n n Vera Wang-skepping met ’n 6 m langee sleep. Op haar kort swart kapsel het ’nn 18-karaat-goud-en-diamant-tiara geepryk. Dit is ontwerp deur een van wyle e prinses Diana se juweelontw­erpers.

Maart oe die voormalige sokker harteebrek­er David Beckham (41) ens y vrou, u, Victoria (42), onlangs hul troubeloft­es náá byna 18 jaar hernu, was dit ’n heel ander prentjie as die uithalerbr­uilof wat destyds sowat R4,9 miljoen gekos het. Hulle het dit by hul huis gedoen, daar was net ses gaste en nie ’n enkele woord is gerep oor die twee se uitrusting­s nie.

Trouens, nuus van die seremonie het eers uitgelek toe David self onlangs in ’n radio-onderhoud daaroor praat.

Hy gee nou toe hul troue was uit- spattig. spattigspa­ttig. “Ons het baie geldgeld uitgegee geld uitgegee,uitgegee, want dit was wat mense toe gedoen het,” het die pa van vier op die Britse program Desert Island Discs op BBC Radio 4 vertel. En hy kon nie help om die spot te dryf met h omen sy vrou se destydse bypassende pers onthaal uitrusting­s van die Britse ontwerper Antonio Berardi nie. “Dit was nogal dapper,” sê hy met ’n laggie. “Victoria s’n was heel oulik, maar wat het ek gedink gedink? Ek lyk soos die ouens uit (die fliek) Dumb and DumberDu toe hulle na daar daardie partytjie toe is. Ek het selfs ’ n pers ho hoed gedra. Ek kan d dit nie glo nie.” Dié modeflater­s is natuurlik stokou n nuus. Die egpaar h het intussen in stylik ikone ontpop en is dee deesdae onder die stylvo stylvolste glanspare in die wêr wêreld. Victoria het in 200820 008 ’n modereeks begin en sedertdien al l ’n rits modepryse losgeslaan. Haar reeksre eeks het boonop A-lys-aanhangers.

Die res van die Beckhams is ook baie byderwets.by yderwets. Die oudste Beckham-spruit, BrooklynBr rooklyn (17), hou sy lyf model en aspirantfo­tograafra en sy broer Romeo (14) het al in’ n hoë profiel- advertensi­eveldtog vir die Britse ontwerper Burberry verskyn.

Hul boetie, Cruz (11), wat in Desember sy debuutlied­jie, If Everyday Was Christmas, uitgereik het, is ook onlangs gekiek in ’n kappietop van die Louis Vuitton x Supreme-reeks, wat nog nie eens op die rakke is nie. Dit laat die tonge klap dat hy dalk dié reeks gaan bemark. En hul sussie, die vyfjarige Harper, is al sedert haar geboorte ’n modepop.

TUIS gaan dit klopdissel­boom. Die gesin is groot aanhangers van die sosiale netwerk Instagram en ma en pa koer gereeld in die sosiale media. Die twee vier in Julie hul 18 de huwelikshe­rdenking. Hulle loop al ’n ruk onder gerugte deur dat hul huweliksbo­ot wankel, maar David hou vol die liefdesvla­m brand nog hoog tussen hom en Victoria, op wie hy in 1996 op die kassie verlief geraak het.

“Ons is ’n sterk gesinseenh­eid,” sê hy. “Ons het ook sterk ouers en hulle het ons die regte waardes geleer. Natuurlik maak jy foute en ons almal weet die huwelik is soms moeilik. Jy moet daardeur werk,” voeg hy by. “Ons is deur moeilike tye, maar ken mekaar beter as wat enigiemand anders ons ken. En ons praat met mekaar.” Daar is juis gerugte hulle is net saam om hul fortuin – glo by die R8,5 biljoen – te beskerm. “Mense het al gevra of ons bymekaar bly omdat dit ’n handelsmer­k is. Natuurlik nie. Ons het mekaar lief en het vier wonderlike kinders. Gaan ons deur moeilike tye? Natuurlik. Dis deel van verhouding­s, van kinders hê en van verantwoor­delikhede.”

David het sy hart op Victoria verloor toe hy haar in 1996 in ’n swart katpak in die Spice Girls-musiekvide­o Say You’ll Be There sien. Hy het toe vir sy Manchester United-spanmaat Gary Neville gesê: “Dis die meisie vir my daardie. Ek gaan haar kry! Sy is my idee van volmaakthe­id. Ek weet as sy my wil hê, sal ons vir ewig saam wees.”

Dit was liefde met die eerste oogopslag toe hul paaie kort daarna by ’n wedstryd van sy sokkerklub kruis.Victoria was toe al wêreldbero­emd as Posh Spice. David was minder bekend en het nog nie eens vir die eerste span uitgedraf nie. Hulle het 25 minute gesels. Sy onthou sy “oulike glimlag”, het Victoria gebieg in ’n brief wat sy verlede jaar aan haar 18-jarige self vir die modebybel Vogue geskryf het.

Ook hoe David, wat duidelik net so familievas soos sy is, eerder met sy familie gesels het terwyl sy spanmaats saam met pelle by die kroeg drankies wegslaan.

Hy het nou nog die vliegtuigk­aartjie van Londen na Manchester waarop sy dié dag haar nommer gekrabbel het.

Hulle het aan die begin hul verhouding stil gehou omdat die Spice Girls se bestuurder dit so wou hê. “Hul bestuurder, Simon Fuller, was baie beskermend oor die groep meisies,” het hy in die radio- onderhoudo vertel. “Elke keer dat ek op ’n afspraaka met haar gegaan het, het ons in ’n parkeerter­rein sit en gesels. Eenkeer heth ek met so ’n helderblou BMW gery waaropw ek my hele salaris geblaas het. Ek heth gery, haar opgelaai en ons het in ’n Harvester-restaurant­H se parkeerter­rein gesit.g En ons het natuurlik gesoen.”

In Januarie 1998 het hy die jawoord gevra.v Toe Victoria ja sê, het hy ’n diamantrin­gr van drie karaat aan haar ringvinger geglip.g Op haar beurt het sy hom ’n bypassende­p verloofrin­g met 96 diamante gegee.g Dié ringe was toe saam R1,6 miljoenj werd.

Hul verhouding het die een hoofopskri­f nán die ander gehaal: hul bypassende uitrusting­s,r hul eerste baba, Brooklyn, wat genoemg is na die plek waar hulle uitgevindg het Victoria is swanger, die seun ses beroemde peetpa, die sanger sir Elton JohnJ . . . noem maar op.

HUL huwelik was nie net maanskyn en rose nie. Daar was selfs gerugte dat David die kat in die donker knyp. In 2004 het gerugte versprei dat hy Victoria verneuk het met hul persoonlik­e assistent Rebecca Loos (39). David het teruggekap en gesê die bewerings is “belaglik”. Net ’n week later het die Australies­e model Sarah Marbeck beweer sy het ook vroeër ’n affair met David gehad.

Maar Victoria het haar man gesteun en deesdae is “Brand Beckham” sterker as ooit tevore. Hul sakeryk, Beckham Brand Holdings Limited, het in 2015 alleen R849 miljoen laat inrol.

Maar hulle paradeer nie soos voorheen met hul geld nie. Die egpaar wat altyd so gereeld op die rooi tapyt was, is deesdae baie meer privaat. Hulle gee darem hul miljoene Instagram-volgelinge ’n glimp van hul gesinslewe. Victoria het onlangs ’n intieme gesinsfoto gedeel waar hul drie jongste kinders, Romeo, Cruz en Harper, hul pa druk terwyl hul ouboet, Brooklyn, staan en toekyk met hul hondekind, Olive, in sy arms. Hierby het sy geskryf: “Ek dink hulle is lief vir hom! Ek is lief vir jou, @davidbeckh­am.” Meer as 678 000 mense het van dié foto gehou.

Die kinders is duidelik ook versot op hul ma, wat in ietwat van ’n rolmodel ontpop vir tieners oor die wêreld heen. “Leer jou onvolmaakt­hede koester,” het sy onlangs geskryf in ’n brief aan haar tienerself. “Laat jou vel asemhaal; gebruik minder grimering (en moet nooit toelaat dat ’n grimeerkun­stenaar jou wenkbroue afskeer nie! Die uitwerking is permanent.),” skryf sy.

“En ek moet seker sê moenie aan jou borste laat peuter nie. Al daardie jare dat ek dit ontken het, is dom. Dit is ’n teken van onsekerhei­d. Vier net wat jy het.” Wyse woorde van ’n wyse ma. BRONNE: BRAVOTV.COM, NEWS.SKY.COM, OK.CO.UK, VOGUE. CO.UK, TODAY.COM, DAILYMAIL.CO.UK, CBSNEWS.COM, INSTYLE. CO.UK, HELLOMAGAZ­INE.COM, IRISHEXAMI­NER.COM, BBC.CO. UK, THEGUARDIA­N.COM, FOURFOURTW­O.COM, TITOSLONDO­N. COM

 ??  ?? HOOFFOTO: Tussen David en Victoria Beckham brand die liefdesvla­m nog hoog. LINKS: Victoria het dié foto op Instagram gedeel van David en hul kinders (van links) Romeo, Harper en Cruz. Die oudste seun, Brooklyn, hou die gesin se hond, Olive, vas.
HOOFFOTO: Tussen David en Victoria Beckham brand die liefdesvla­m nog hoog. LINKS: Victoria het dié foto op Instagram gedeel van David en hul kinders (van links) Romeo, Harper en Cruz. Die oudste seun, Brooklyn, hou die gesin se hond, Olive, vas.
 ??  ?? REGS: In 1996 het Victoria (Posh Spice) se katpak in ’n musiekvide­o David se oog gevang. NAASREGS: Hy’t toe nog vir Manchester United gespeel. By hom is die oudsokkerb­aas Glenn Hoddle.
REGS: In 1996 het Victoria (Posh Spice) se katpak in ’n musiekvide­o David se oog gevang. NAASREGS: Hy’t toe nog vir Manchester United gespeel. By hom is die oudsokkerb­aas Glenn Hoddle.
 ??  ?? REGS: So het Huisgenoot in 1999 berig oor hul glanstroue in ’n Ierse kasteel. Vera Wang het Victoria se trouroktro­urok ontwerp, en die bruidspaar het bypassende pers uitrusting­s deur die ontwerper Antonio Berardi na die ont
haal gedra.
REGS: So het Huisgenoot in 1999 berig oor hul glanstroue in ’n Ierse kasteel. Vera Wang het Victoria se trouroktro­urok ontwerp, en die bruidspaar het bypassende pers uitrusting­s deur die ontwerper Antonio Berardi na die ont haal gedra.
 ??  ?? Die twee het die afgelope dekade omtrent ’n stylevolus­ie ondergaan. Hulle koer ook graag in die sosiale media.
Die twee het die afgelope dekade omtrent ’n stylevolus­ie ondergaan. Hulle koer ook graag in die sosiale media.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa