Huisgenoot

BEY SE IKONIESE BOEPFOTO’S

-

ONS weet al wanneer BEYONCÉ iets doen, doen sy dit deeglik. Sy verras graag haar aanhangers, maar dié keer het die superster ons sowaar uitgeboul met haar In stag ramaankond­iging dat sy’ n tweeling verwag. Dit het die internet omtrent op hol gehad.

Die foto van die 35-jarige sangeres wat haar babamagie vashou teen ’n agtergrond van blomme, is nou amptelik die foto waarvan die meeste mense op Instagram hou – teen ons druktyd reeds 9 miljoen.

Queen Bey en haar rapper-man, JAY Z (47), het reeds ’n vyfjarige dogter, BLUE IVY.

Maar kort daarna het mense haar gekap omdat sy die idee by M.I.A. gesteel het. In dié rapper van Sri Lanka se eersdaagse musiekvide­o Powa, waarvan sy uittreksel­s aanlyn gedeel het, lê sy op ’n vragmotor se bak op ’n bed blomme en met haar gesig agter ’n sluier.

“Sjoe, dis ongeloofli­k hoe Bey net nie oorspronkl­ik kan wees nie,” het ’n aanhanger van M.I.A. geskryf. En nog een: “Ons weet waar Beyoncé die inspirasie vir haar foto’s gekry het. Hou hulle aan wys hoe, M.I.A.”

Mense het Beyoncé al vantevore daarvan beskuldig dat sy M.I.A. se idees steel.

M.I.A. het verlede November aan die tydskrif Q gesê: “Dit pla my nie dat my werk Madonna of Beyoncé of Rihanna inspireer nie, maar hulle kan darem net sê: ‘Ja, dié immigrant het van nêrens af gekom en ons beïnvloed; dalk is (alle immigrante) nie sleg nie.’ ”

Die foto’s wat Beyoncé op haar webtuiste gedeel het onder die titel I Have Three Hearts, word ook met klassieke kunswerke vergelyk.

Die foto van haar op ’n rusbed langs haar dogter lyk soortgelyk aan Guido Reni se 17de-

eeuse Liggende Venus met Kupido; die een waarop sy bostukloos staan met haar hand op haar linkerbors, herinner aan die 15de-eeuse Geboorte van Venus deur Sandro Botticelli.

Die foto wat gebruik is om haar swangerska­p aan te kondig, word weer vergelyk met die Vlaamse skilder Jan Brueghel die Ouere se Madonna in ’n Blommekran­s, waarin Maria die baba Jesus in haar arms vashou.

Hoewel Bey kunsgeskie­denis waardeer, was die foto’s se temas bes moontlik die fotograaf, Awol Erizku, se voorstel. Dié gebore Ethiopiër (29) het in die Bronx grootgewor­d en bekend geraak vir sy herskeppin­g van ikoniese Westerse kunswerke waarin hy ’n swart onderwerp gebruik, pleks van die witte in die oorspronkl­ike. New York se kunstoneel en die hip-hop-bedryf is gaande oor sy werk. BRONNE: DAILYMAIL, EONLINE

 ??  ?? AAP BEY DIE RAPPER M.I.A. NA?
AAP BEY DIE RAPPER M.I.A. NA?
 ??  ?? NICI DE WET TERTIA DU PLESSIS
NICI DE WET TERTIA DU PLESSIS
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa