van links: In Perth aan’t oefen vir die 2003-WBR; in 1995 saam met James Small (links) en André Joubert; Joost het tydens fiksheidsessies graag ekstra ingesit.
SUPER-ATLEET
“Joost kon saam met die kragmanne kragoefeninge doen en saam met die vinnige ouens spoed,” onthou Joel. “En hy was so mededingend – altyd aan die resies hardloop, onder andere teen James Small, om te kyk wie die vinnigste is.
“Boonop sou jy hom die meeste van die tyd opgeruimd en met ’n glimlag sien en so het hy tot ’n aangename spanomgewing bygedra. As kaptein het hy deur sy voorbeeld gelei.”
Selfs in die oefensessies het Joost nooit lyf weggesteek nie, onthou Kobus. “Hy het gespeel soos hy geoefen het – op die hoogste vlak.”
In Spieëlbeeld het Joost vertel sy rustende po lsslag was net 38 per minuut terwyl die fikshei dsbe hepte Kitch die Bokke afgerig het: “Wat hy ons ook al gevra het om te doen, het ons ekstra van gedoen. As hy gesê het 40 opstote, het ons 60 gedoen.” daarvan gehou om saam met hom te speel; hy kon druk absorbeer en dit ook van die losskakel af wegvat.”
Joost het ook ’n paar jaar gelede lof uit ’n interessante oord ontvang. Matt, voorheen skrumskakel vir Engeland, het sy groot mededinger van destyds soos volg aan die BBC beskryf: “Joost was deel van ’n goue era van skrumskakels teen wie ek baie graag gespeel het. Sy blitsige vaart, brute krag en ongelooflike wil om te wen het hom dié man in die SuidAfrikaanse span gemaak om dop te hou.
“Elke keer dat hy die bal gekry het, het jy gevoel hy kan ’n drie druk, maak nie saak hoe klein die gaping of hoe groot die verdediger was nie. Hy was nie net een van die beste skrumskakels van alle tye nie; hy was waarskynlik een van die top10spelers in die rugbygeskiedenis.”
En Mike Phillips, Wallis se onkonvensionele, voormalige sterlosskakel van 101 kg, het dit ’n paar jaar gelede so in ’n twiet saamgevat: “Maat, jy is my held, die rede waarom ek 9 speel!” (Van vorige bladsy) Dawson as een van die beste no. 9’s nog uitgesonder. “Maar ek dink altyd aan Joost as meer as ’n skrumskakel,” sê Joel. “Om die eenvoudige rede dat hy nie vanaf sy regtervoet kon skop nie, was hy dalk nie die beste skrumskakel ooit nie. Maar hy was (in die geheel) ’n ongelooflike speler, een van die bestes wat ek nog gesien speel het: groot krag, vinnig van die merk af, groot vaart, goeie aftrap . . .”
“Joost was ongetwyfeld een van die bestes nog,” beaam Kobus. “Hy het ’n individuele briljantheid gehad wat jy in ’n span moet toelaat, wat jy ’n speler moet laat uitleef. Hy was so onvoorspelbaar dat ons, sy spanmaats, nie altyd geweet het wat hyg aandoen nie. Hy kon uitstekend breek en was uit die gebroke spel baie gevaarlik. Hy het ’n avontuurlike manier van speel gehad.”
Kitch, die afrigter van SuidAfrika se 1995 wenspan, het geglo om elkeman na sy aard te laat speel en om sy beginspan na gelang van die soort wedstryd te kies, onthou Kobus.
Maar in Joost het hy ’n man vir elke geleentheid gehad. “Joost was een van min skrummies wat oral kon speel, net so goed op ’n nat veld in NieuSeeland soos op ons droë velde hier. Voorspelers het
WATASPIRANT-BOKKE VAN HOM KAN LEER
Sy volkome toewyding aan die spel en sy deursettingsvermoë is ’n voorbeeld vir enige rugbyspeler, reken Kobus. Hy onthou hoe doelgerig Joost op pad doellyn toe gelyk het: “Die manier waarop hy gehardloop en met absolute vasberaden Joost was groot vir ’n skrumskakel – langer as 1,88 m en 92 kg swaar – en boonop baie atleties. Op skool was hy ondermeer ’n provinsiale hoogen verspringatleet. KLOKSGEWYS,