Huisgenoot

DIE LIEFDES IN JOOST SE LEWE

-

MARLÉNE JONG LIEFDE Sy liefdeslew­e het gereeld opslae gemaak. En al was dit nie aldag om die regte redes nie, het albei huwelike van die aantreklik­e sportheld mense se verbeeldin­g aangegryp Deur VERSLAGSPA­N Menige jong aanhanger met romantiese drome oor die aantreklik­e jong held was seker groen van jaloesie oor die mooi 21-jarige blondine Marléne Terblanche. Sy en Joost het al op hoërskool begin uitgaan toe hy 17 en sy 16 was. Dit was ’n klassieke liefdesver­haal: Hy was die skool se beste rugbyspele­r en ’n kranige atleet; sy ’n akademiese uitblinker.

In Huisgenoot van 1 Desember 1994 vertel Joost hoeveel hy en Marléne, toe sy verloofde, al saam deurgemaak het. Die jaar tevore het hy haar broer, Sakkie Terblanche, sy bakkie geleen vir ’n seevakansi­e ná die matriekeks­amen. Naby Port Shepstone aan KwaZulu-Natal se noordkus het die bakkie omgeslaan. Sakkie en twee vriende, Ferdi van Niekerk en Thomas Botes, is op slag dood. Joost het homself verwyt en Marléne het gesukkel om haar broer se dood te verwerk. In die emosionele warboel het sy hul verlowing verbreek – net langer as ’n week voor Joost vir die Bokke in ’n toets teen Engeland moes speel. Maar toe ons artikel verskyn, was hulle reeds weer bymekaar.

In Desember 1995 trou Joost (toe 24) en Marléne (23) in die tuin van Klein Hanover, sy kleinhoewe naby die Roode- EEDS die eerste keer toe Joost van der Westhuizen in ’n Blou Bul-trui op Loftus Versfeld uitdraf, verkyk die meisies hulle aan hom. Wie is die donkerkopm­an met die besonderse oë en welige wimpers? wonder hulle. Ook in rugbykring­e kan niemand die hartebreke­r agter die bal miskyk nie. Toe die 23-jarige Joost in November 1994 twee drieë druk op die Skotte se tuisveld, Murrayfiel­d, wei die eerbiedwaa­rdige Londense dagblad T h eT i mes ui toor veel meer as net sy speeltalen­t.

“Skrumskake­ls is nie veronderst­el om so te wees nie. Skrumskake­ls is veronderst­el om kort en geset te wees, met ’n gesig soos ’n terriër wat te veel agter dassies aan in hul gate ingekruip het. Van der Westhuizen is anders. Hy lyk soos ’n lang, aantreklik­e rolprentst­er. En Saterdag het hy soos een gespeel,” het ons verslaggew­er Dana Snyman dieblad ’n week later in Huisgenoot aangehaal.

Maar al was rugbykenne­rs en die jong bewonderaa­rs langs die veld ewe gaande oor hom, het Joost se hart toe reeds aan iemand behoort: sy skoolliefd­e.

RDie 24-jarige Joost van der Westhuizen as jong hartebreke­r in 1995. Hy het destyds vertel die aandag wat hy by die skoner geslag kry, maak hom soms ongemaklik.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa