Huisgenoot

plaatdam noord van Pretoria. Sy is asemrowend mooi in ’n rok van Franse en Switserse kant. Toe hulle die ringe aansteek, speel die saksofonis Willem van Strate n vir hulle KennyG se Dy i ng Y ou ng. Vir hul wittebrood gaan die paartjie na Amerika, waar h

-

RUGBYWEDUW­EE ’n Ruk lank lyk dit asof die twee dolgelukki­g is. Marléne skop nes in die grasdakhui­s op hul kleinhoewe. Joost bou vir haar reusevoëlh­okke waarin sy nonnetjies­uile en nog roofvoëls versorg. Sy het sewe honde en een verjaardag gee Joost haar ’n dragtige donkie present.

“’n Klein donkietjie is die mooiste diertjie wat daar is,” vertel Marléne laggend aan Huisgenoot. “Ek het haar Priscilla gedoop: Priscilla, Queen of the Desert. Elke oggend hardloop e kuit omte gaan kyk of die klein donkietjie al gekom het, maar dan is daar nog niks. Donkies bly glo baie lank dragtig.”

Toe die vul eindelik gebore word, noem sy hom Laatlam. Maar vir Marléne en Joost is daar geen teken van kinders nie en vier jaar ná hul troue, in 1999, kla Marléne bitterlik oor die eensame lewe van ’n rugbyweduw­ee. Hieroor loop sy kwaai onder kritiek deur.

“Vroue wat vir my skryf en sê hul man werk baie en ek moet net uithou, verstaan nie,” sê Marléne aan Huisgenoot. “Hul man is dalk ’n prokureur of dokter wat lang ure werk, maar hy slaap snags by die huis. Joost was verlede jaar agt maande weg van die huis af.”

In die alleentye leer sy haarself besig hou. In 2000 stel sy ’n nuwe reeks gimklere bekend, sy bied aërobiese klasse aan en lewer praatjies oor kreatiwite­it.

Vroeg in 2002, ná ’n huwelik van ses jaar, raak dit bekend: Joost en Marléne gaan skei. Eintlik, erken hulle, het hulle al die jaar vantevore die besluit geneem. g y rdag BO: Joost en sy eerste vrou, Marléne, in 1995, kort voor hul troue. Die twee was skoolliefd­es in die Hoërskool F.H. Odendaal in Pretoria. LINKS: Op hul troudag in 1995 op hul kleinhoewe buite Pretoria. Marléne se rok het 600 uur geneem om te voltooi. skeiding. Niemand wou ons uitlos nie. Ons het eintlik die hartseer klaar hanteer, maar toe begin mense dink Joos t het my gelos vir Amor.” Marléne het dit duidelik gemaak daardie stories pla haar nie. “Ons gun mekaar regtig ons eie lewe,” het sy aan Huisgenoot gesê. “Hy weet ek soek iemand wat stiller is. Ek is eintlik ’n introvert. En ek gun hom iemand wat by sy vinnige leefstyl kan aanpas. Ek dink eintlik hy en Amor pas by mekaar.” Eers in 2011 trou Marléne weer, met Japie Duvenage, direkteur van’ n welvaart smaatskapp­y. Die egpaar woon vandag nog saam met hul twee kinders, Janie (4) en Daniël (2), op dieselfde kleinhoewe waar Joost en Marléne destyds nesgeskop het. Sy was een van die eerste mense vir wie Joost se familie laat weet het toe MNS by hom gediagnose­er word, vertel Marléne in Desember 2016 aan Huisgenoot. Daarna het sy vier keer by Joost gaan kuier en dit moeilik gevind om te sien hoe die siekte hom aftakel, sê sy, veral omdat hy so ’n sterk mens was en altyd so hard geoefen het. Dan voeg sy by: “’n Mens sal altyd ’n liefde in jou hart hê.” ook hoe hulle as vriende uitmekaar is omdat hulle eenvoudig besef het die huwelik werk nie. Sy praat selfs oor die bekende Lotto-meisie Amor Vittone, wat toe al in die prentjie is.

“Ons het uitgewerk hoe om ons ouers en vriende te vertel. Ons het een of twee kontrakte opgestel, maar was nog daarmee besig toe die bom in Januarie (met die verskyning van ’n koerantber­ig oor die egskeiding) bars.

“Toe besluit ons om alles dadelik af te handel; ons het dit daardie middag nog gedoen.

“Dit was die moeilikste tyd van die eg- EGSKEIDING EN NUWE LIEFDE In Huisgenoot van 7 Maart 2002 vertel Marléne alles: hoe eensaam sy was, maar

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa