Huisgenoot

die muur en sal nie weer ’n Springbok word nie. Michael is ook ’n suksesvoll­e gesinsman. Die woorde van daai bekende liedjie I Did It My Way laat my altyd aan hom dink.” Jordan se tweede naam is Joost – hy is genoem na sy pa en na Joost se oupa Joost Hey

-

Twee jaar later, op 7 Maart 2006, word Kylie van der Westhuizen met ’n keisersnee in die Pretoria-Oos-hospitaal gebore. Net soos met Jordan se geboorte is Joost in vervoering.

“Kyk, sy is kleiner as my hande,” sê hy toe hy haar optel. Soos die vorige keer is hy by vir die geboorte.

“Die eerste wat ek van haar gesien het, was haar bos swart hare,” vertel hy later. “Die hele ervaring was vir my verstommen­d. Hoewel ek ook by was toe Jordan gebore is, het ek hierdie keer meer daarvan waargeneem. Al was Jordan se koms vir my net so spesiaal soos Kylie s’n, voel ek meer beskermend teenoor haar, seker omdat sy kleiner is as wat Jordan was en hy nou al besig is om selfstandi­g te raak.

“Al die pienk kleertjies wat sy dra, herinner my ook gedurig daaraan dat daar nou ’n meisietjie in ons lewe is. Ons is regtig geseënd om ’n seuntjie en ’n dogtertjie te hê.”

In November 2006, toe Kylie agt maande oud is, doop past. Nevil Norden, wat Amor en Joost getrou het, haar in die Lewende Woord-kerk in Pretoria. Vir almal lyk hulle na die toonbeeld van ’n gelukkig getroude ouerpaar.

’n Ruk voor Kylie se geboorte is Amor en Joost aangewys as die tydskrif YOU se glanspaart­jie van die jaar. Kort ná Kylie se geboorte wys die radiostasi­e Jacaranda FM se luisteraar­s Amor aan as die sexyste ma. Daar word selfs na die sportheld en sy sangeresvr­ou as Suid-Afrika se David en Victoria Beckham verwys.

Al teken van probleme is toe Amor by twee geleenthed­e ná ’n vertoning inmekaarsa­k: die eerste keer in Oktober

’N DOGTERTJIE RYKER

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa